Liewe Vriende
Vandag was weer Dinsdag en dan het ek mos nie 'n bediende
nie. Ek en Efli het so bietjie aan die
kant gemaak , maar verder het ons net gecill.
Hoeveel kan 2 mense nou in 'n oggend, en 3 in die middag nou deurmekaar maak.
Ek het darem vanoggend weer 'n bevlieging gekry om te dig en
'n paar gediggies het daaruit voortgevloei.
Daar moet egter nog baie geskaaf word,voor dit publiseerbaar is. Vanmiddag het ek gelees en so tussendeur na
'n fliek gekyk wat Elfi eintlik besig was om te kyk. Renate het geleer, maar die ame kind het
mangelontsteking en sy is koorsig en voel regtig nie lekker nie. Hoop dit gaan more goed haar Wiskunde toets en die Afrikaanse toets
wat hulle gister geskryf het. As hulle
afwesig was vir 'n toets moet hulle dit eenvoudig op 'n later dag skryf. Dis ook goed as jy dalk in die eksamen 'n
glipsie kry, dan het jy darem die
kwartaalpunt.
Nou het ek nie verder nuus nie.
Lekker aand vir almla
Theresa
No comments:
Post a Comment