Saturday, 26 July 2014

Gedigte

Hallo liewe vriende

Vandag gaan ek met julle 'n paar van my eie gedigte met julle deel.  Meeste van die gedigte het 'n datum  en waar dit geskryf is onderaan, by die ander het ek vergeet.



Realiteit



As klein kind verower jy elke dag

opnuut die wêreld

'n Nuwe oggend hou eindelose moontlikhede in

Kom jy sing-sing die nuwe dag tegemoet



Dan skielik

skuif die dun gordyn

Tussen onskuld en wéét weg,

Gebeur slegte dinge nienet net

met ander mense nie


©Theresa Potgieter

Walvisbaai

23/7/2014



                                             Sonsondergang in Walvisbaai




'n Ma

' n Ma sal haar hart vashou
oor wat net'n entjie verder
 buite die seepbel wêreldjie lê en wag
en al die lag, huil en leef daaraan verbonde

Maar sy sal haar ook verwonder
aan die volronde geluk van die oomblik
en besluit om dit versigtiggies tussen
die watte van haar hart weg te pak

...iets wat haar soos 'n klokkie
se gerinkel aan 'n stukkie towertyd  kan herinner
toe dit gevoel het jy raak
aan die ewigheid self.
 
©Theresa Potgieter
Walvisbaai
 23/7/2014




                               Renate en haar vriendin, Jani, by 'n Las Vegas aand

MELOMAAN


Doodse stilte -
die krap van my potlood oor papier
die enigste geluid
wat die stilte versteur...
Dis laatnag
     middernag...
Die ure tik verby -
skielik is dit vroegoggend...
Soos 'n rooi granaat breek die dag oop.

In die stilte was ek alleen
met my potlood en papier
      my gedagtes
      herinneringe...

Ek voel hoe my hart
in elke ledemaat pomp -
polsend deur my hand
wat die potlood vashou.
Dit pols deur my lyf
                   my hart...
                  
My harklop word 'n monoloog
van my lewe...
Melomanies oor die musiek van die lewe.

Arebush Windhoek
29 Maart 2007
Oorgeskryf
28 Meip 2007
Walvisbaai
16 Junie 2010
walvisbaai



MELOMAAN



Doodse stilte -

die krap van my potlood oor papier

die enigste geluid

wat die stilte versteur...

Dis laatnag

     middernag...

Die ure tik verby -

skielik is dit vroegoggend...

Soos 'n rooi granaat breek die dag oop.



In die stilte was ek alleen

met my potlood en papier

      my gedagtes

      herinneringe...



Ek voel hoe my hart

in elke ledemaat pomp -

polsend deur my hand

wat die potlood vashou.

Dit pols deur my lyf

                   my hart...

                  

My harklop word 'n monoloog

van my lewe...

Melomanies oor die musiek van die lewe.



Arebush Windhoek

29 Maart 2007

Oorgeskryf

28 Meip 2007

Walvisbaai

16 Junie 2010

Walvisbaai


Ek hoop julle het dit geniet.

Blessings tot 'n volgende keer
Theresa



1 comment:

  1. Dit is alles so mooi en baie dankie dat jy deel in die pragtige blog..voel asof ek daar by jou sit...

    ReplyDelete