Hier was dit 'n stil dag met nie veel om te doen nie. Ek het bykans die hele dag sit en boeklees. Dis 'n interessante boek, maar mens moet kophou met al die karakters. Ek het daarom nie veel om oor te skryf nie, maar plaas 'n gedig wat ek geskryf het.
ONTHOU
JY
Onthou
jy hoe ons,
eens
lank, lank geleë,
gekyk
het na…
die
reënbogies
op
‘n nat krap se rug
en
dié op die vlerkies van ‘n vlieg,
die
waterman se trane aan die kraan,
die
diepste gaatjies en skeure
waar
die skaduwees bedags
wegkruipertjie
speel,
die
piep-piep kleinste blommetjies langs die pad
en
gewonder het hoe hy dit regkry om só klein te wees
en
dit tog reg te kry om te oorleef.
Onthou
jy hoe ons…
saam
met die son en die maan gedans het
om
dan skielik stil te staan uit
verwondering
vir
ons eie uitbundigheid,
geluister
het hoe die wind met die blare gesels
en
tussenin die gekoer van ‘n duif,
sagte
murmerklanke wat ons verbeeldings
op
ver paaie laat loop het,
wierrook
gebrand het tot ons koppe seer was van die reuk
en
ons laggend buitentoe moes vlug vir vars lug.
Alles
‘n groot psalm en
alles
knetterend van die lewe
Ek
onthou…
hoe
die blink van kindwees
op
Paasfees en Kersfees ook
in
jou oë sy lê kom kry het;
hoe
ons saans op die stoep gekyk het
hoe
die maan skewebek trek vir die sterre;
die
matjie voor die kaggel
waar
ek aan jou knie gesit het,
terwyl
jy jou eenvoudige lewensfilosofieë
oor
my uitgegiet het…
Soos
sonstrale wat tussen
die
donker blare van ‘n boom deurbreek,
só
onthou ek die mooi van my jeug.
Dit
wás mooi,
maar
dit het tog verbygegaan.
Nou
is alles net ‘n herinnering,
‘n
rigsnoer vir die toekoms
in
die dae wat nog soos wind oor die horison gaan kom, en
vir
die aande wat ‘n maan en sterre sal hê
wat
lyk soos sproetjies van die nag….
Theresa
Potgieter
10-05-2010
Walvisbaai
Groetnis
Theresa
No comments:
Post a Comment