Hallo
Dis vanaand sportprysuitdeling by die skool.
Daarom skryf ek my blog vroeg, want vanmiddag sal ons weer duisende goed
hê om te doen.
Dis 'n snaakse weer dag hier by ons -
dis koud maar ook nie warm nie,maar ek dink vanaand gaan ons koud kry.
Ek sien al op teen die ure se sit in die saal op daardie ongemaklike
stoele wat ons ook op skool in die sale gehad heet. Mens kry mos nie jou
sit op daai stoel nie en skuif die hele tyd rond. Ek hoop ook dit hou
nie te lank aan nie, maar in so 'n groot skool in 'n klein landjie is
daar gewoonlik honderde kinders wat internasionaal aan een of ander
sport deelgeneem het, en elkeen moet 'n sertifikaat en 'n balkie
ontvang. Dan is daar gewoonlik nog 'n gasspreker ook waardeur jy moet
sit,
Ai ek is nie lus nie, maar 'n haas moet doen wat 'n haas moet doen soos Martie Preller altyd sê.
Ek los julle vandag met hierdie gedagte
“Hope itself is a species of happiness, and, perhaps, the chief
happiness which this world affords; but, like all other pleasures
immoderately enjoyed, the excesses of hope must be expiated by pain.”
-Samuel Johnson
Groetnis
Theresa
No comments:
Post a Comment