Tuesday, 29 July 2014

Die ou wapad-Uniondale, Suid-Kaap, Suid-Afrika

Hi
Ek gaan vanmiddag foto's opsit van die ou Wapad, naby Uniondale in die Langkloof, Suid-Kaap.  Dis waar die Karoo to Coast fietsryroete altyd begin. Mens het verkieslik 'n viertrek nodig om daar te ry want die pad is vol slote, gate en klippe.  Ons het vir 09 jaar gebly en dit was een van ons gunsteling uitstappies.  Kom beleef dit saam met my.  Kyk net na die pragtige uitsig.  Ek sal more nog van die foto's laai, want daar is te veel om uit te kies.

















 Ou Rotsformasies




 Renate ondersoek dit van naderby

 Pappa, kom vertel vir my wat is dit?





 Die wapad







 Uniondale ver onder

Groetnis tot more
Theresa
Hallo almal

Die oosweer is op ons.  Dis warm, die wind waai oos en dit klink of die trein in ons huis gerangeer word.
Vir die volgende paar dae braai ons weer uit van die hitte.  Hierdie oosweer is 'n snaakse ding.  As hy oor die woestyn aangewaai kom, kan jy aan hom niks doen nie.  Hy waai so sterk dat as jy te vinnig met jou kar deur hom ry, hy hom heeltemal "sandblast".  Maar as jy so teen 20 of 30 km se kant ry is die kanse dat jy skade sal kry, minimaal.  As 'n mens 'n kar by die lughawe huur, word pertinent genoem dat hulle nie aanspreeklik is vir hierdie skade nie.  Wees tog dus ekstra versiging as jy met 'n gehuurde motor tydens oosweer op pad is hierheen.

Vandag gaan ek 'n paar foto' s opsit waarmee ek opPhotoshop gespeel het om ander effekte te probeer kry.  Ek het Photoshop Elements 2 daarvoor gebruik.














'n Mens kry nogal 'n mooi effek daarmee.

Van my af is dit koebaai vir die dag.  Geniet wat jul ookal gaan doen/

Theresa