Sunday 3 August 2014


Hallo Almal

Vandag gaan ek oor my Elfi-kind vir julle skryf.  Ek het nog nooit haar verhaal neergepen nie en ek dink dis hoog tyd.

 Elfi in die kleuterskool


 Op die trampolien
 met 'n hasie by die haasplaas
 Saam met Renate by Oceanword in PE
 Saam met Zac by Oceanworld, PE
 Elfi en Zulani, haar worshond
 Met die hoender by 'n boeresportdag by die skool


 Zulanie, is is so lief vir jou
 Saam met Ouma en Renate
 Oceanworld
 Op die netbalbaan

Elfi is 'n wonderbaba.  Sy moes nie geleef het nie, aldus al die dokters wat haar behandel het.  Sy is gebore  sonder maagensieme, wat veroorsaaak het dat sy nie haar kos kon verteer nie. Sy het as babatjie geen gewig opgetel nie, want als wat ingegaan het, het weer uitgekom.  Op 'n stadium het 'n pediater vir my gese dat ek my kind in die hospitaal kan laat opneem met aarvoeding en haar so aan die lewe hou, of huis toe neem dat sy in rus en vrede kan doodgaan.  Ek was vreeslik ontsteld.  Ons het op daardie stadium  in Daniëlskuil gewoon en hoe ek daardie dag van Kimberley tot in Daniëlskuil gekom het, bly vir my 'n Godswonder.  Ek het die heelpad histeries gehuil en dit was goed 180 km ver.  Toe ek voor my huis stilhou , staan my een vriendin vir my op die stoep en wag.  Sy het 'n vriendin met 'n kind met Down sindroom en die seuntjie ly aan dieselfde toestand en allergieë.  Hulle het die kind met 'n neutemengsel groot gemaak en hy floreer daarop.  Moet sy vir hulle vra om vir my ook 'n blik cashew neute saam te bring.  Hulle sou die volgende dag kom kuier.  Ek was so dankbaar.

Die volgende dag het die mense die aand laat aangekom en het dadelik saam met my vriendin by my kom aandoen.  Die geheim was om die neute in 'n koffiemeule te sit en en saam met bietjie amandels, sesame saad baie fyn te maal.  As dit fyn is gooi jy dit in 'n bottel meet kookwater, skud dit goed, laat dit 'n bietjie afkoel en gee dit vir die kind.  Daardie aand was die eerste bottel wat Elfi van geboorte af ingehou het en deurgeslaap het.  Dit was wonderlik.  Toe begin ons soektog na ongegeurde cashew neute.  Ons vind toe uit dat Kaapstad se hawe die regte plek daarvoor is.  Wanneer hulle die neute in blikke daar aflaai uit Mosambiek word die met stampe en duike dadelik uitgegooi as salvage.  En hulle koop mens vir 'n appel en 'n ei.  Ons het toe iemand gevra om vir ons te gaan kry en dit met courier Daniëlskuil toe laat kom.  Ons moes 'n ekstra yskas bykoop want in die hitte raak die neute maklik smetterig.  Ons probleem met Elfi se eetgewoontes was uitgeskakel.  Sy het vir amper 3 jaar net dit gedrink, want ons was te bang om nuwe goed by haar dieet te voeg.  Op 3 het ons egter stadigaan vaste kos, eers Purity, by haar dieet gevoeg.  Ons moes egter baie versigtig wees, want sy was vir so baie dinge allergies.  Piesang en grondbone was die ergste, dan pampoen, dadels en allerhande ander.  Maar ons het deurgedruk en op die ou einde vir haar 'n dieet gekry wat werk.  Melk en enige melkprodukte kon sy glad nie gebruik nie, en mens moes hoor hoe mooi sy by 'n kinderpartytjie vir die ma vra of die koek dit of dit bevat, want as dit het, kon sy dit nie eet nie, want sy is allergies.  Sy het nooit net gesê:"Ek kan dit nie eet nie:"

En so het ons Elfi groot gekry.  Op 4 was sy so groot soos 'n 4 jarige kind moes wees, haar taal was selfs beter en met haar hand- oogkoordinasie het niks geskort nie.  Sy was ook baie gelukkig in die kleuterskool.

In dieselfde jaar sterf my suster in 'n motorongeluk en ons wil nadertrek aan my ma-hulle in die Winburg-distrik om hulle te help.  Ons kon net 'n praktyk in Bloemfontein kry en het toe maar die 110 km elke 2de of 3de dag gependel en elke naweek.  Daar was sy ook in die kleuterskool en  het sy al hoe sterker geword.  Hier wil ek ook sê dat die onderwyseres baie daarmee te doen gehad het.  As gevolg van die glutenonverdraagsaamheid kon ek nooit vir haar brood inpak nie en het maar tuisgemaakte chips, wortelstukkies en tamaties wat sy toe darem kon eet en selfgemaakte skyfies ingepak.  Gelukkig het sy so elke jaar een allergie ontgroei.

Elfi is Sub A (graad 1 ) toe en het begin tennis speel.  Sy het heel goed gevaar.    In daardie jaar het ons Uniondale toe getrek, waar daar maar 'n klein skooltjie was.  Dit was die beste ding wat ons vir Elfie kon doen. Sy moes uit haar dop kruip en aan alles deelneem, tennis, sokker en netbal, atletiek en op 'n stadium selfs krieket.  Sy was baie kwaad oor sy nooit die kans gekry het om rugby te kan speel nie, want sy was hul grootste ondersteuner.  Sy het op atletiek begin konsentreer en het in Graad 4 haar eerste medalje
in spiesgooi, by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe, 'n silwer  gekry. 


 Die hardkloopgedeelte van tweekamp in PE in haar SWD kleure

 Spiesgooi
 Amper klaar - Tweekamp SWD PE
Sy het ook diskus gegooi en het spesiale afrigting daarvoor gehad.  Die medaljes in die spiesgooi het egter al hoe meer geword en het sy besluit om op spiesgooi te konsentreer.

Sy het op daardie oomlik ook geswem en tweekamp gedoen en SWD kleure vir 3 sportsoorte behaal, nl atletiek, swem en tweekamp
 Spiesgooi

Aan die begin van haar st 6 (graad 8) jaar trek ons Walvisbaai toe.  Sy was baie ontsteld en wou nie hierheen kom nie, maar gelukkig toe sy hier is toe hou sy van die plek. Sy was slim en het goed op skool gevaar.  Sy het goed ook gevorder met haar spiesgooi en het aan die einde van graad 8 reeds Namibiese kleure vir Zone 6 gekry.  In 2008 was die die junior Commonwealth Games in Pune en sy is daarvoor gekies en het gaan deelneem.  Daar het ons al gesien haar kragte neem af en na verskeie dokters is agtergekom dat sy 'n glyende mantelvlies breuk het.  Dit was die einde van haar spiesgooi loopbaan. Ek se nog altyd dat dit Godsgenade is dat sy dit nie voor die tyd uitgevind het nie, anders het sy daardie ondervinding nooit gehad nie.
 Namibiese span na Commonweatlth games in Pune, Indiê, 2008



 Namibiese Zone 6 atletiekspan
 Dis hoe sy spiesgooi ( van onder geneem_)
 Elfi deel handtekeninge uit in Pune
Pune, Indië
Elfi is ook vroeg, op 5 jarige ouderdom met OCD gediagnoseer - Obsessiewe Kompulsiewe disfunksie.  Sy het baie swaar gekry daarmee, maar dit is ook wat gemaak het dat sy so vasberade aan 'n ding bly vasklou het as sy dit eers begin het.  Ek het ook vergeet om te se dat Elfi 'n baie ywerige tennisspeler was.  Die OCD is nog steeds daar en sy het geleer om daarmee saam te leef, al kom daar soms snaakse goed uit. Sy het op 'n staidium haar hande die hele tyd gewas en 'n 'ander keer haar hare die hele tyd geborsel.  So  het sy ook 'n tyd lank alles wat sy besit ingepak as ons iewers heen gegaan het.  Die gevolg van ons huis in Bloemfontein wat afgebrand het.  Dit was vir haar baie traumaties.  Haar obsessie is op die oomlik tropiese visse en spinnekoppe.  Mense met OCD se konsentraisespan is baie kort.  Elfi het dus na skool nie gaan verder studeer nie, maar liewer tuis gebly. Van Graad 10 af het sy tuisonderrig gedoen en dit het vir ons goed gewerk. Ons weet dat sy een of ander tyd haar vlerke sal moet sprei, maar eers werk dinge vir ons en vir haar goed uit.

 Met Joubert
 Die twee jonste sussies
 Die twee oudste sussies

 Saam met Hannie, 'n vriendin


 Saam met Tannie Thea
 Saam met ander boetie, Izak


 Elfi met Toon

Daagliks hou sy haar besig met haar visboerdery en smiddae help sy vir Kleinsus rondry na al haar aktiwiteite.  Sy kook ook elke aand vir ons.

Dit is dan die komplekse Elfi in 'n neutedop.

Groetnis
Theresa

















goe

No comments:

Post a Comment