Saturday 16 August 2014

Hi Jullw

Ek is vandag bietjie laat met my bkig, want ek was mos by die KMR (Kerklike Maatskaplike Raad) se vrouetee vanoggend.  Dit was baie lekker, maar ek moet 'n regstelling maak.  Daar was 350 gaste  en nie 3300 soos ek gister gesê het nie.  Ons is verwerkom met tee en koffie en 'n muffin by die tent se ingang en daaarna na ons sitplekke geneem.  Ons kon toe almal 'n ruk rondkuier en gesels.  Ek het 'n leë fotoraam gevat en die glas en papier uitgehaal en mense daardeur laat pose.  Die foto's het fantasties uitgekom.  Ek is baie in my skik met myself.  Daarna is 'n hengse ontbyt bedien en daar het ook 'n sanger opgetree.  Nadat ons geëet het, het die hoofspreekster aan die woord gekom.  Ek kan nie haar naam onthou nie, maar sy is van Pretoria en boonop vrek goed.  Sy het oor ons mans gepraat.  Wat hulle laat tick en wat nie en wenke gegee oor hoe ons nuwe fut in ons huwelike kan sit.  By tye het die mense geskater van die lag.  Sy was so ontspanne oor die onderwerp dat ek dink daar was nie een in die gehoor wat gebelg gevoel het waaroor sy praat nie.  Want sy noem 'n ding sommer op sy naam.  Ek is werklik nie spyt dat ek gegaan het nie.

 My vriendin, Sanita, en jaar dogter Sansuné




By die huis gekom en na die rugbywedstryd tussen die WP en die Bulls gekyk.  Die WP het die Bulls darem lekker gewen.  Ek is eintlik 'n Cheetah, maar as die cheetahs nie speel nie is ek 'n WP ondersteuner.

Theo en die kinders is vanoggend Swakop toe om sy oë te laat toets.  Toe hulle terugkom, omtrent by die huis ry 'n lorrie van voor 'n klip (rots) raak en spat op en slaan die Jeep se hele ruit uit .  Dis nie eers shatterproof nie. Nou's ons weer net een voertuig want dit vat tot 4 weke om parte vir die Jeep van die VSA af te bestel.  Ek is sommer vies.  Ek wou volgende week biejtie met die kinders gaan ry het,, en nou sal ons nie kan nie.  Dus die hele vakansie is in sy kanon in.  Dalk gee die Jeep agtentskap vir Theo 'n kar om in die tussentyd mee te ry, maar dit is onwaarskynlik.

Ek gaan nou afsluit want ek moet seker met die kos begin voor die Bokke teen Argentinië speel.  Sommer macaroni en kaas.

Groetnis tot 'n volgende keer
Theresa

No comments:

Post a Comment