Saturday 23 August 2014

Hallo almal

Ek het 'n nuwe skottelgoedwasser!  Ek voel  of ek dit van die huise se dakke kan af skree.  Ek is eintlik so dankbaar, want dit is darem 'n groot uitgawe.  Maar dat ek bly is, is 'n feit soos 'n koei.

Gistermiddag het ons nie veel meer gedoen as om tv te kyk nie en ek het vroeg gaan slaap.

Vanoggend het ek opgestaan en watter verassing kry ek nie.  My tweede bediende wat eintlik net kom was en stryk 2 keer 'n week is hier om te help. Ek kon haar soen, so bly was ek.  Verder lees ek nog die hele tyd aan Goeie more, Mnr Mandela, maar vorder nou vinniger.  Die boek begin nou meer oor Mandela gaan as oor Zelda la Grange.  Dis  so te sê so interessant dat ek dit nie wil neersit nie.  Ek het seker meer as die helfte al vanoggend gelees.  Wil die boek vandag klaar lees, want het 'n hele hoop ander wat lê en wag,

My man het nou net gery om 'n verlengsstuk vir die nuwe masjien se kragdraad te gaan koop en dan gaan hy hom installeer.  Ek sien ook die hout is gepak vir 'n braaivleisvuurtjie, dus ons gaan lekker braaivleis eet vanmiddag.  Ons betaal vreeslik duur vir vleis hier, want niemand kan met vee in die woestyn boer nie.  Al die vleis moet dus van die suide, die ooste of die Noorde af kom.  Die Suide vleis is die lekkerste.

Ek hoor die bakkie is in die garage, my wasmasjien sal seker nou gekoppel word, dan kan ons eet sonder dat die skottelgoed daarna weer oral rondstaan.

Ek heg vandag weer vir julle 'n storie aan wat ek geskryf het.



Die Musiekles

Ek het in st 1 begin klavier neem by tant Anna Theron. 'n ouerige vrou wat by die plaaslike Laerskool betrokke was en op daardie stadium seker al reeds 30 jaar lank musiek gegee het.  Sy was vrek kwaai en ek was ongenadiglik bang vir haar.  Die eerste les al het sy my laat verstaan dat sy geen nonsens vat nie en ek het, indien moontlik, vir haar nog banger geword.  Waar ek voorheen lief was daarvoor om sommer voor die klavier te gaan sit en tokkel, het ek skielik hierdie sieklike vrees vir die monsteragtighed in die heiligheid van my ma se sitkamer ontwikkel.

Ons het nie 'n Otto Bach gehad nie, ook nie ‘n Steinway of ‘n Fritz Kuhla nie, maar 'n Schmidt. Ingevoer deur my Duitse musiekonderwyseres ouma, uit Duitsland.  Vir my was dit die mooiste klavier wat ek ooit gesien het,   Dit was 'n regop klavier met regte ivoor klawers (my innige simpatie aan die olifante wat hul tande daarrvoor moes opoffer) en koper kersblakers aan  weerskante    .  Hierin was 2 blouerige kerse met Delft prentjies. Die klavier is daagliks gepoleer en in die blink hout kon ek altyd 'n perfekte weerkaatsing van myself sien, en dan het ek drome van groot konserte in groot sale gedroom…

Smiddae as ek moes oefen het my vingers vanself soos my pa se rumatiekhande ineengekrimp  Ek kon met die beste wil op aarde niks oefen nie. In elk geval nie met my hande nie.  Maar in my kop kon ek elke toonleer en ellke stukkie perfek speel. As ek in my kop konsert gehou het, het my hande en vingers saamgespeel.  Ook as ek op my lessenaar my stukke en sommer talle ander geoefen het.  Maar sit my voor 'n klavier - en my hande en vingers was met stomheid geslaan.

So gaan dit maande aan.Twee keer 'n week het ek les. Dan sit en kyk ek vir die note op die klavier of na my ineengetrekte hande terwyl tant Anna sonder ophou skel oor ek nie oefen nie,  my ouers se geld mors - lesse het destyds by die skool R5-00 per kwartaal gekos - en enigiets anders waaraan sy kan dink om my oor uit te skel.  En wat gaan dan eintlik aan met my, terwyl sy so nou en dan   'n skuins raps met die liniaal mik na my kneukels waar my hande lam op die klawers le. Maar hoe moet ek weet, ek is skaars 9 jaar oud.Maar ek weet self nie.  Ek is net 9 jaar oud en leef in doodse vrees vir die vrou.   Tuis raak ek huilerig en begin verskonings uitdink om nie skool toe te gaan nie. Dit werk natuurlik nie. Waar ek soms aan die begin iets oor die musieklesse gese het en hoe bang ek is, stop ek later heeltemaal om daarna te verwys. Hoekom niemand agtergekom het dat daar in maande nie 'n klank vanuit die sitkamer gekom het nie, weet ek tot vandag nog nie. Hoe dit ook al sy, vrees vir die musieklesse maak my laterhand regtig fisies siek. Ek kry koors, is naar, gooi gedurig op en het aanhoudend hoofpyne.  Ek verander van ;gesonde plaaskind in 'n kermpot wat net heeldag wil lê  en huil.
Een oggend besluit my ma, wat te erg is, is te erg.  Ek moet dokter toe. Se vir my ma hy kry niks fisies fout nie, maar hy dink iets pla my, waarskynlik by die skool.  Nou begin die uitvra. Wie van die kinders is lelik met jou? Slaan iemand jou? Spot iemand jou? Dae lank hou ek my pose en duck en gooi ek draaie om die vrae. Ek is per slot van sake die een wat wou musiek neem en ons is van kleins af geleer jy byt vas as jy eers met ‘n ding begin het. Later kan ek dit nie meer hou nie en ek blaker dit in skaamte uit. Dis die musiek. Ek haat dit.  Onmoontlik is albei ouers se onmiddellike reaksie. Jy's dan so lief daarvoor.  Jy sing en
 speel gedurig klavier...en dan die bom wat bars - geluidloos..ek sien hoe dit gebeur...die stilte... Dan die kyke vir mekaar....en toe die besef.....hulle kyk vir mekaar en ek sien in hulle oë die ontnugtering...ek sien hoe die weet in hul oë kruip(kom le)... En dan die ontnugte ing........maar....wanneer laas het ons haar hoor speel.

Om 'n lang storie kort te maak.die volgende dag het die ou Holden die pad skool toe gevat met net 2 passasiers. Ek was knus toegedraai in 'n kombers met my warmwatersak in my bed. My ouers gaan bedank my beide by Tant Anna vir die musieklesse en sy word summier afgedank. Wat daar gebeur het en wat gese is, is vandag nog 'n geheim, maar ek was weer vry - vry om weer op die klavier te doen wat my hart begeer.

Maar daardie daar se musieklesse het in my iets wakker gemaak en was nie heeltemal verniet nie. Toe my vingers na 'n paar weke weer loskom en ek een middag sitkamer toe sluip en die Schmidt oopmaak. Ek gaan sit  op die stoeltjie en skiellik voel ek die musiek deur my lyf vloei, deur me arms tot in my vingers, en al die stukke in tant anna se boek kry d=skielik lewe op die swart ewit klawers.  Dis 'n gevoel wat ek vandag nog, 40 jr later, kan onthou asof dit gister was. Nog nooit weer was iets vir my so verwonderend - verruklik - mooi soos daardie eerste wyxie-klanke- wat ek op die klavier gexpeel het nie. Nooit weer het ek as mens so volmaak, volbring
Maak mens gevoel nie. Naam? Daarna kon niks my keer nie.  Ek het aanhou neul tot my pa my Bloemfontein toe gevat het en by Munns Musiekland 'n stapel musiekboeke en bladmusiek gaan koop het nie.

So het my st 2 en 3 jaar verbygegaan en ek het begin hunker na meer. Almal om my wat musiek geneem het, het eksamens begin speel.  Ek wou ook. Maar op ons dorpie was daar niemand wat privaatlesse gegee het nie. Tant Anna was nogsteeds die enigste uitweg.  Dan maar die bul by die horings pak en Weereens pak my ouers die tog na haar klas aan, net,  die slag is ek by..

Tant Anna het ‘n swak bors gehad, en sy het baie laryngitis gekry. Boonop het sy gebry.  Dan raak haar stem weg en  dan kwaak haar stem soos Donald Duck s’n.  Die einste dag, is haar stem toe soek en dis ‘n gefluister van ‘n ander aard.  Dis ook nie lank nie, toe fluister my ma ook, en sy bry…  

Ja..Mev Buscheg, ek sal dit  oogweeg om weeg vig haag les te gee, maar die slag moet die kind weet sy sal moet oefen- geen nonsies meeg nie.
Nee, fluister my ma in antwoord, dis rrreg so, mevgou Thegon,, die kind vegstaan, maar mevgou moet ook verstaan hiegdie keeg nie weeg die hele tyd 'n geskellegy en liniaalgerrapsegy oog die kneukels Nie. Kontak ons lieweg dadelik sodrrra die eegste pgobleem ontstaan.
Oo, ek sal, ek sal, belowe tant anna onheilspellend terwyl sy hulle met 'n glimlag heel subtiel by die deur uithelp.

En skielik is ons alleen in daai benoude musiekkemertjie met die een klein venstertjie hoog in die muur.

Nou to, se sy vir my, wys my wat jy kan doen,-  skielik, soos mis voor die son,  val al my vrexe weg - eskielik is die vrees weg en ek voel so vry ssos 'n voel. Ek gaa  sit voor die ou vals Steinway enm my vingers begin sommer vanself Strauss se blou Donau speel....

Ek  gaan nou lekker lê en rugby kyk en lees


Groetnis tot volgende keer
Theresa


 

No comments:

Post a Comment