Friday 1 August 2014

Hallo almal

Vandag gaan ek weer van my gedigte plaas.  Hoop julle hou daarvan:



Momentopname

Ek loer na die wêred
deur jou groot, ronde oog.
Jy is 'n verlengstuk van myself
                                      my arm
                                      my sig (oë)
Beeldskoonmooi is jy
                  swart en
                      vaartbelyn

Saam is ons eersugtige strewe
om ten alle tye
onkreukbaar eerlik te wees.
Ons Nemesis* om alles
       nakend
         onverbloem
             onbedek
                 te weerspieël…

Jy is my sanctum*
waaragter ek wegkruip.
In ons sancta simplicitas*
    ons wêreldse holisme
    ons stiksienige eenvoud
skep ons soms 'n mirakelspel
van lig, kleur, emosies.

'n Boedel vol kiekies
om bewaar te word
vir 'n nageslag
wat nog hul première* moet doen...


Notas:
Nemesis - straf, geregtigheid
Sanctum - heilige plek
Sancta simplicitas - heilige onwetenheid, eenvoud, onskuld
Première - eerste vertoning





Die Hiernamaals

August 5, 2013 at 4:02pm
Die Hiernamaals

As ek perdalkies
eendag in die hemel kom,
en die liewe Vader
gee my een enkele wens,
sal ek vir 'n boekwinkel vra!
Dit sal nie sommer
'n hierjy ene wees nie!
O nee,
dit moet wees
min of meer soos
Exclusive books of Wordsworths.
Net baie, baie, baie grênder!

Ek sal vra vir sagte
leerbanke en stoele
EN
'n Lazy Boy..
net vir my...
Een van daais waar mens
net knoppies druk en
die stoel doen alles.
Dan kan ek heeldag
kaalvoet
óf in my sokkies
langbeen uitgestrek sit
met 'n boek in die hand,
óf ek kan stadig tussen die rye met duisende boeke dwaal en luier
hulle uit die rakke haal
                        aanraak
die tekstuur van die papier
die leer waarmee hul gebind is
in my hande voel
die reuk inadem
die mistiek van hul stories aanvoel
                                      beleef
                                      herleef

Die deure sal vir almal oop wees  
dié wat soos ek
lief is vir lees
Ook vir dié wat net prentjies wil kyk
óf sommer net wil gesels

Geen "Toegang voorbehou"-bordjie
sal iemand keer
om saam te kuier
in my hiernamaalse boekwinkel nie

Ontspanne sal ons
koppies koffie of tee in die hand
 heerlik kwetter en kuier...

En Liewe Jesus?
Hy sal ons met 'n glimlag
sag en liefderik
dophou
en dalkies soms wonder
wat hom besiel het
om ons hoegenaamd
deur die poorte te laat...


Theresa Potgieter
Walvisbaai

Dinsdag 22 Aug 2010




The Namib

August 24, 2013 at 5:45pm
The Namib:   The resurrection of a desert

The Namib may not be everybody's idea of Utopia,
but hundreds of creatures
call this desolated piece
of nothingness
home

For thousands of animals and insects
it is an incomparable beacon- 
Stretching flats and dunes of desert;
measuring hundreds and hundreds of kilometers... 

After months
of drought,
thirst and hunger,
storm clouds will suddenly
gather in the sky
and at the end of the day
as night starts to fall,
the rains start
to wash down in showers;
restoring life to the desert.

Like a tortoise emerging from its shell
plants and creatures emerge
to enjoy the God-given salvation  

A  fews days later
after months of monochrome landscaping,
the desert slyly,
at its edges,
reveals
patches of green....

A scorched earth reborn...
Dankie dat julle gelees het.
Tot volgende keer
Theresa


No comments:

Post a Comment