Tuesday 19 August 2014

Liewe Vriende

Ons is toe gister Swkakopmund toe en ek na my dr toe.  Hy is heel tevrede met met my toestand soos dit nou is en het nie eers aan my pille verander nie.  'n Eerste.  Daarna het ons oor allerhande ditjies en datjies gesels tot die uur verby was.

Intussen het die kinders sushi gaan bestel om huis toe te vat voor ons huis toe gaan en gaan kyk watter flieks wys.  Daar was net 3 Amimasie prente wat gewys het en ons het How to train your dragon 2.  Dit was nie vir my wonderlik nie ,maar ons het van daardie 3D brielletjies bekoop wat die goed nader aan mens bring.  Dit het ek geniet.

Daarna was die kinders, en dit was al half 3, lus vir ontbyt by die Wimpy en ons is soontoe.  Ek het liewer 'n hamburger geët want daardie tyd was ek nie lus vir ontbyt nie,  Renate het 'n dagwood geïet en op die einde het net Elfi ontbyt gehad en se se sy het dit vreeslik geniet. Na die ete is ons na Fruit en Veg City om die sushi op te tel en daarna het ons gaan Italiaanse roomysplekkie in die dorp.  Toe is ons huis toe.  Ons was ongeveer 5 uur hier want die pad was baie besig.

Vandag is die plan om Renate se trofeë wat sy verlede jaar by die prysuitdeling gekry het, in te neem en haar naam op 'n plaatjie te laat graveer en op te plak.  Ons wag elke jaar te laat en dan is dit 'n geskarrek  om die goed betyds klaar te kry. Dié jaar gaan ons vroeg,  Meer georganiseerd.  Nie dat ek 'n georganiseerde mens is nie - Inteendeel!

Daarna gaan ek Renate se skoolalbum organiseer sodat mens alles maklik in die hande kan kry.  Dit irriteer my al 'n lang ruk dat ek die goed net in 'n leer insmyt en as ek iets soek, moet ek die hele leer se los bladsye deurgaan en mis iets maklik om daardie manier.  Ek moet nou net die Flipfiles by Waltons gaan koop dan kan ek begin.

Elfi het gaan kruideniersware koop en nou is ek sonder motor.  Sal dus moet wat met my "groot" planne.

Groetnis
Theresa


No comments:

Post a Comment