Wednesday 6 August 2014

Hallo almal

Ek voel nog steeds nie te goed nie, dus plaas ek weer iets wat my dogter lank terug grskryf het:;



FEëTJIELAND IN MENSELAND

In die heel agterste hoekie ons tuin woon twee skilpaaie, Esiotrot en Midget, en

vier skilpadfeëtjies. Jaa...jy lees reg! Rêrige egte feëtjies met silwer vlerkies,

towerstokkies, rokkies met blinkertjies en allerhande ander tierlantyntjies. Hulle

blyplek is 'n klein dorpie onder 'n paar Bougainvillastruike wat sommer so 'n

woesterny gemaak het soos hulle inmekaar gegroei het. Als is toegegroei, maar

onderin is dit oop en lyk soos 'n sooort van 'n grot. 


Heel voor, aan die kant, is 'n kleinerige ronde opening en as mens inloop, ek

bedoel mens moet inkruip, is dit skielik skemer en heerlik koel.

Die skilpadfeëtjies het eers alleen daar gebly, maar nou is daar al baie ander

feëtjies wat in die weggesteekte feëtjedorpie ingetrek het. 


Daar bly nou al roosfeëtjies, katjieppieringfeëtjies, katfeëtjies,

hondefeëtjiesboomfeëtjies, kinderfeëtjies, musiekfeëtjies selfs 2 kabouters. Hulle

sê hulle is kan-alles-doen-kabouters! Ek weet darem nie so mooi nie! Wie het

dan al van kan-alles-doen-kabouters gehoor. Hulle dra rooi pakkies en hulle

kaboutermutse is groen en daar is ronde blou tossels aan die punte. 2 Hulle

langpunt skoene wat soos kano's lyk, is blou en het 'n rooi tossel voor waar die

punte opbuig. Hul name is Kwas en  verf en ek moet darem sê dat alles mooi

netjies geverf is en dat daar nooit iets stukkens is nie. Tot die lekkende kraan wat

agter teen die muur onder die bougainvillas staan, lek lankal nie meer nie. Ek is

nogal spyt daaroor, want die mos het altyd so mooi groen daar gegroei. Toe ek

kla daaroor, het Kwas kwaai gesê mens mag nie so met water mors nie.

Die plek waar hul dorpie nou is, was eintlik eerste myne.  Dit was my speelplek

toe ek nog klein was. Ons het eenkeer na die Kangogrotte gaan kyk en dit het vir

my net soos onder die struike gevoel en gelyk. Ek het toe vir Pappa gevra of ek

my houtpophuis met meubels in my eie grot kan sit. Pappa het dit geoen en met

klippe vir my 'n paadjie gemak tot by die huisie, en ook al om die huisie sodat ek

nie altyd op die klam grond hoef te sit as ek speel nie.


Die skilpadfeëtjies se werk is om die hulle die merke op die silpaaie se doppe te

verf. Elke keer wat 'n skilpad verjaar, moet 'n ekstra lyn op elkeen van die

patrone sy dop geverf word.

Elke skilpad het gewoonlik twee feëtjies.  Ek wonder of julle kan raai hoekom?

Nie? Ag julle, dis soo maklik!Skilpadfeëtjies is net so stadig soos skilpaaie. Dit

neem twee feëtjies 'n hele mensjaar lank om die nuwe jaarkringe te verf. Hulle

kry skaars klaar, dan verjaar ou silpad weer en begin die hele proses van voor af.



Sjoe! Dit moet harde werk wees en ek het hulle vreeslik jammer gekry en toe

gaan soek ek my klein tafeltjie en stoeltjies en my klein teestelletjie en begin elke

dag vir hulle 'n beker koekdrank of melk neersit.



 Jinne,en kon hulle baie drink! Ek kon nie vorbly nie en boono is hulle vol fiemies

ook. Sonneblom, die geel fëetjie drink net geel koeldrank. Robyn, die rooi feëtjie

drink weer net rooies, en dis seker maklik om te raai dat Smarag groen en

Turkoise blou drinkgoed verkies.

 Op daardie stadium het net die vier skilpadfeëtjies in die pophuis gebly en ek het

nog elke dag met my Bratz en Barbiepoppe daar huis-huis  gespeel.  Een

oggend toe ek weer daar kom, is die hele huis vol feëtjies.  Ek kon my oë nie glo

nie. Daar was feëtjies oral waar jy kyk. Ek het gedink dis nag en ek droom en toe

knyp ek my oë vir tien tellis styf toe, maar toe ek hulle oopmaak, was alles nog

net soos voor ek hulle toegemaak het.  Dit was rêrig, rêrig waar en my eie klein

paradys het skielik in 'n sprokieswêreld verander. Daar was omtrent 40 feetjies

en die een was mooier as die ander. Hulle het om my gevlieg en op my geklim

en met hul sagte, soet stemmetjies vir my gesê om nie bang te wees nie en dat

ek baie gelukkig is, want net spesiale kinders kan hulle sien.

Skielik het die pophuis nie meer alleedaar gestaan nie. Daar was nou ook die

allerbeeldskoonmooiste paddastoelhuisies.



Hulle het my toegelaat om hulle te help om hul huisies te versier. Toe besluit ons

daar moet 'n tuintjie ook wees. Maar Verf hetbaie beterweterig gesê dat ons

maar daarvan kan vergeet, want niks groei in die koelte nie. Ek het vir Mamma

gaan vra en sy het my kwekery toe gevat. Die tannie daar was baie gaaf en het

vir my plante gegee wat van koelte hou. Sy het gesê ons moet Camomille plant

vir gras, dan kan die feëtjies dit afpluk en sommer tee daarvan maak en dan hoef

dit nie met 'n grassnyer gesny tee word nie. Sy het ook vir my blomme soos

Impatience en Columbines gegee wat in koelte groei . Ek dink nie sy glo aan

feëtjIes nie, want sy het 'n paar keer na Mamma gekyk en vir haar geknipoog en

eenkeer sommer hardop gelag toe ek iets gevra het. Maar wat, ek gee nie om

nie. Dis sy wat uitmis.

Hulle was net so vol fiemies oor die kleure van die paddastoelhuisies as wat hul

oor hul kos en koeldrank is...Die dakkies moes rooi, die steeljies 'n mooi ligte

bruin, die mure liggeel en die deure en vensterrame almal die mooiste groen. In

die vensters pronk die mooiste gordyne. Party met kolletjies, ander met strepe of

blomme. Daar is ook 'n poskantoor van 'n ou uitgeholde stuk dryfhout. Hulle los

hulle briefies daar en ek pos myne vir hulle ook daar. Dan vat ek hulle s'n, want

dis gewoonlik almal vir my. As daar vir die feëkoningin of Kabouterkoning een is,

gaan pos ek dit in die rooi posbus op die hoek van ons straat.


Op die  gronvloer van die pophuis het hulle 'n feëtjiewinkel oopgemaak. Daar is

alles wat feëtjies kan nodig kry: van piepklein botteltjies heuning en konfyt tot

fraai feëtjieklere, krale en blinkertjies.  Daar s ook nou 'n haarsalon en 'n

gimnasium. Feëtjies oefen ook, of jy dit nou wil glo of nie.


Die lekkerste lekker is die koffiewinkel.  Daar kry mens die heerlikste nektarsap

en granaatsap en fyngebak, soos piepklein botterbroodjies met rooskonfyt,

jasmynkoek en Brunfelsia-muffins. My ma sê mens noem 'n Brunfelsia 'n

"Yesterday, today and tomorrow", maar vir my klink Brunfelsia mog die mooiste.

En hoekom sal daar op die wit hospitaalbandjie om sy stam Brunfelsia staan as

dit nie sy naam is nie.  Aai, grootmense darem!


Hulle is skilpadfeëtjies omdat hulle die merke op die silpaaie se doppe verf. Elke

keer wat 'n skilpad verjaar, moet 'n ekstra lyn op elkeen van die patrone sy dop

geverf word.




Elke skilpad het gewoonlik 2 feëtjirs.  Ek wonder of julle weet hoekom? Nie?we'll,

skilpadfeëtjies is net so stadig soos skilpaaie. Dit neem 2 feëtjies 'n hele

mensjaar lank om die nuwe jaarkringe te verf. Hulle kry skaars klaar, dan verjaar

ou silpad weer en begidie hele proses van voor af.



Sjoe! Dit moet harde werk wees en ek het hulle vreeslik jammer gekry en ek

gaan soek toe my ou poppe teestel  Toe begin ek koue koeldrank in die dag op

hul stoepe neersit in die poppeteestelletjie se koppies. Jinne, hulle kan nogal

baie drink ,hoor en is hulle fol fiemies.golddust, die geel fdetjie drink net

geelkoeldrank, Robyn, die rooi feetjir drink ndt rooies, en dit is xeker maklik om te

raai dat Smarag groen en Turkoise bloues verkies.



Ek gaanvolgende jaar al Hoërskool toe en ek kuier nog steeds elke middag in die

miniatuurdorpie in ons tuin. Feetjies is wonderlikke wesentjies wat vir hul grote

nogal wys is. Hulle het my al baie gehelp as ek in die moeilikheid was.


Feetjies baklei ook nooit. Hulle is altyd mooi en ordentlik met mekaar en help

mekaar graag met alles. Ek dink ons mensekinders kan baie by hulle leer.

Hulle hou ook vreeslik baie van musiek.  Staccato is die musiekfeëtjie  dartel

heeldag rond.  Nog voor ek smiddae behoorlik my skooltas in die hoek gegooi

het, hardloop ek met my musiektas vol fluite in die een hand en my viooltas in die

ander, tuin toe. 

Saam oefen ons dan Rimsky Korsakov se "Die dans van die hommelby".  Ek op

my dwarsfluit en sy op haar piepklein piccaalofluitjie. Ons speel ook graag stukke

van "Die karnaval van die diere" van San Saens. As ons die deel van die olifant

speel, speel ek op my bas blokfluit.  Ons speel ook graag Tchaikovsky se

" Serenade for strings " op ons viole.  Maar dis nie so lekker as ek moet staan en

viool speel nie, want   dan voek ek soos 'n reus. Die feëtjies is nie eers se lank

soos my hand nie. Daarom gaan sit ek maar altyd op een van my ou

kinderstoeltjies. Ons speel ook duette en sy raak vreeslik  ongeduldig as ek 'n

fout maak. Dan oefen ons dit weer en weer tot dit perfek is.  


My musiekjuffrou wil altyd weet hoekom ek my fluit en vioolstukke so goed ken,

maar nie my klavierstukke nie. Dan smile ek maar net liefies vir haar, want sy

hoef ook nie alles te weet nie...of hoe?

Renate Potgieter

Hoop julle geniet hom

Groetnis 
Theresa

No comments:

Post a Comment