Sunday 10 August 2014

Iets wat 'm vriendin vanoggend aan my gestuur het.   Ek weet nie wie is die skrywer nie, maar dit is baie mooi.

HOE SE 'N MENS DANKIE? 
Heer, hoe sê mens dankie vir dit wat jy het
Vir soveel liefde, 'n huisie, en 'n bed?
Heer, ek het nie veel nie, dit weet U klaar
Maar die bietjie wat ek het is vir my so kosbaar
 
Liewe Vader, ek tel elke dag my seëninge een vir een
Want ek weet wat ek het is net vir my geleen
Soms kan my lewens-storms ook maar woes slaan
Maar steeds laat U my huisie vas staan!
 
Heer, U beskerm my en my kinders al ons lewe lank
En 'n mens weet nie regtig hoe om U te bedank
Ek kyk vas in glimlaggies elke dag
En ek kan dit teruggee, want U gee my die krag
 
Soms laat die lewe my ook maar opdraande loop
Maar ek het geleer dat, waar daar lewe is, is daar hoop
Ek het leer swem toe die lewens-branders op hul woeste geslaan het
En toe ek struikel en afdwaal, was dit U wat verstaan het
 
Vader, U het hartseer, pyn en soms ook twyfel oor my pad gebring
Maar U het ook die melodie in my lewe gebring
Toe my hart nie meer die lied van die lewe wou sing!
 
U het my soveel keer uit die dieptes van die lewe kom haal
Juis wanneer ek dink alles het my gefaal
En toe het U my totaal verstom
Toe ek heel by die wenpaal aankom!
 
DAAROM BUIG EK VANDAG MY KNIEE EN SE:
"DANKIE HEER, VIR DIT WAT EK HET!"

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment