Sunday 17 August 2014

Liewe Vriende

En daar wen die Springbokke in die lelikste wedstryd wat ek nog gesien het.  Ek weet die reën het als daarmee te doen, maar mooi was dit nie mooi nie.  En ons sal moet oppas,daai Argentyne is sterk.  Op 'n droë veld sal dit nie so maklik gaan nie.  Die Springbokke moes hoeka goed verdedig met die laaste entjie van gister se wedstryd.

Theo en Elfi is dorp toe om te gaan soek na Drain Cleaner, want toe ek vanoggend die skottelgoed wou was, toe stoot al die ou water en goed op.  DAt die bediendes nie vir mens vroegtydig se die ding is verstop nie, maak my so kwaad.  Nou hoop ek hulle kry iets want hier is net 2 winkels waar hulle dan kan probeer koop, as hulle het, natuurlik.  As dit kom sal  ek maar wegval met die skottelgoed.  Gelukkig is dit net koppies en 'n klein bordjie of twee want ons het gisteraand take-ayways gekoop.  Dankie Vader daarvoor.  Anders was dit 'n berg skottelgoed wat lê en wag het.  Soos jul kan aflei is ek nog steeds Skottelgoedwasserloos.  Ek voel al soos 'n weeskind.  Ek mis een met ' n seer hart en al my skimpe val op dowe ore.  Ai die mansmense darem.  Ek sal hom straf deur nie een van die goed te doen wat die vrou gister vir ons geleer het, voor ek nie een het nie.  Dit het ek nou besluit.

Renate lê en lees en gaan nou die krieket kyk.  Dalk is dit lekker interessant.  Maar ek is nie seker begin dit al vanoggend nie.  Lyk my dit het al begin. Ek gaan nou lekker op my stoel sit en kyk.  Ek is mal oor ODI krieket.  Ek hou van die 5 dag  wedstyrde ook, maar eendag wedstryde is vir my die lekkerste om na te kyk.  Baie aksie en dit  is vinnig.

Ek gaan nou vir eers ophou.  Sien julle more weer.  Dalk is ek vanmiddag terug met 'n paar foto's.

Mag julle 'n mooi en geseënde dag hê.

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment