Tuesday 12 August 2014

Hallo

Hallo julle

Sukkel ek toe van gisteroggend af om my mail te laat werk.  Dit wil geen e-mails stuur nie en ook nie ontvang nie,  En ek wag dringend vir 'n brief van die Mediese fonds af,  Dis nou nie die g-mail adres hierbo hier,  Nee, hy gee nooit moeilikheid nie,  Dis africaonline.  Ek het die hele dag gewag dat daar e-mails moes deurkom, maar toe daar vanoggend nog niks is nie, het ek hulle gebel.  Moet sê die mannetjie by wie ek toe uitkom, was baie gaaf.  Hy probeer toe vir my verduidelik wat Tannie moet doen om die mails te kry, maar Tannie hou haar dom.  Ek weet mos hulle kan dit van daar af doen.  Waarvoor sal ek nou verder staan en sukkel.  Toe bied hy maar teneinde laas aan dat hy dit sal doen en siedaar, 'n halfuur later en my e-mails werk weer.  Vir my te vertelle my inboks is te vol, en nou kan die e-mails nie deurkom nie.  Watter snert.

Dis darem jammer van Robin Williams,die akteur wat gister selfmoord gepleeg het.  Ek wonder wat het hom oor die" edge" gestoot.  Hy was so 'n goeie akteur.  Ek het hom veral geniet in Mrs Doubtfire, mr Hollands's opus, Dead Poets Society, Flubber en vele meer.  Hy was my gunsteling akteur oor hy so veelsydig was,  Hy kon komiese rolle speel, maar wanneer dit nodig was, het hy met oorgawe ernstige rolle ook gespeel en sy stemoorklanking was altyd oortuigend in die animasie flieks.  Hollywood en die fliekgemeenskap vanoor die hele wêreld het groot ikoon verloor.

Renate is besig om haar vistenks reg te maak.  Een van die katte het gisteraand daarop gespring en die hele spullejtie uitbekaar getrek.  Seker lekker gespeel met al die pypies.  Daar is 'n paar visse dood maar dis nie so eg dat sy vreeslik daaroor worry nie.  Sy noet net een goedkoop pomp vervang wat uitgebrand het,  Sy is nou besig daarmee,

Ons het vir middagete vanmiddag sushi bestel want nie ek of Elfi het lus om kos te maak nie.  Hier is so 'n oulike plekkie wat vir jou die sushi op bestelling maak en dan vir jou verpak.  Dan kan jy dit net gaan afhaal.  Ek eet nie sushi met rou vis nie, maar hulle het 'n vegetariese weergawe daarvan en dit is baie lekker.  Ek bestel maar altyd daarvan.  Die ander is mal oor die vis, veral die salm, en bestel weer altyd van dit.

My skottelgoedwasser het gebreek, en ek MOET 'n ander een kry, maar my man koop eerder karre as skottelgoedwassers en dis beslastingtyd.  Nou wil hy eers weet hoeveel belasting hy moet betaal. Boonop is die tuimeldroer en een yskas ook stukkend, maar dit kan bietjie wag, dis die skottelgoedwasser waarvoor ek haasig is.  Ek haat dit om skotteldoed met die hand te was.  Dit maak my hande skurf en droog en ek kan nie met daai geel handskoene aan was nie.  Hulle pla my te veel as ek hulle aanhet. Nou ja, wag sal ek wag, maar kerm die kerm ek ook, elke keer wat ek voor daardie skottelgoed wasbak staan, gee ek allerhande sugte en geluide en kerm hoe dringend ons 'n skottelgoedwasser nodig het.  Dit laat die kombuis sommer skoner lyk.  Tipies vroumens ne, hoor ek al klaar die mansmense se. 

Ek heg vir julle 'n foto aan van die kar wat my die gerief van die skottelgoedwasser ontneem het. Dis 'n grys Jeep Rubicon en vir my is hy glad nie so mooi nie, maar ek mag dit nie se nie, ek oe en a maar saam as hy van sy nuwe wa praat.  Buitendien is hy so hoog (hy het hom laat opbou op makliker op die duine te kan ry) ek het 'n aparte trappie nodig om in te kom,  ek is te kort en as ek uitklim val ek omtrent uit,   Maar dit maak hom gelukkig en as hy gelukkig is, ek ek ook.

Dis dan al vir vandag

Groetnis
Theresa
 Jeep Rubicon

Binnekant

No comments:

Post a Comment