Friday 15 August 2014

Hallo

Nog  'n nuwe oggend, nog ' n nuwe dag met als wat hy vir ons inhou. 

Mag ek weer kla, my skuifdeur is nog nie reg nie. Die Allumimiumplek was nog nie nie hier nie.  Ek begin nou moed opgee. Ek gaan nou maar vir hulle sê  dat wanneer hulle kom en voor my huis staan, hulle my 'n oproep moet gee, dan sal ek huis toe gaan as ek op daardie oomblik nie daar is nie.  Maar so kan dit nie aangaan nie.  Ek het nou 4 dae vir hulle sit en wag en ek voel hulle kan dan ook 'n bietjie wag.  Ek het my lewe vir 4 dae op hold gesit en nou is dit hulle beurt.  Of is ek verkeerd?  Ek is vies en als maar wil tog nie op mense se tone trap nie, en ons is verleê oor hulle om dit vir ons te kom doen.Maar elke dag se vals beloftes raak nou vir my te veel en hulle weet die deur is op sy laaste.  Hulle het self gesë hy kan enige tyd uitval en wat maak ons dan.  Veral oor 'n naweek. 

Ons was al vroeg op vanoggend want ons moes 7.30 Renate se  rapport by die skool gaan  haal.  Ek is baie trots want sy't haar standaard  gehandhaaf en 87% gekry in gr 10 en sy neem boonop Engels en Afrikaans Eerste Taal Higher.  Ek dink dis baie goed.  Boonop het sy vir Wiskunde  98%, Science 96% eb Biology 93% gekry.

Dis koelerig buite maar  oop en en nie mistig nie.  Dalk  is ons weer so gelukkig soos gister om  nie oosweer te kry nie,  Ek wou nou die aand so graag die Blou maan afgeneem  het, maar dit was so bewolk jy kon van die maan niks nien nie.  Ek was totaal teleurgesteld want met die vorige een was dit ook mis wat my verhoed het om 'n foto te neem.

En so het die eerste week van van die vakansie onder ons uitgeglip.  Die skool begin weer die 2de September.  Dus nog 2 wekies oor.  Miskien kan ons in hierdie 2 weke iets lekkers doen soos om te gaan fliek of in Swakopmund rond te loop en shopping te doen. Daar is 'n boekwinkel wat divine is, ek kan nooit daar verbyloop sonder om die een of ander boek te koop nie,

Dis dan al vir vandag.  My nuus is op.  Sien julle more weer,
Ek sal weer 'n  paar foto's opsit, dan kan dié wat nie lees nie, darem die foto's kyk, veral die Amerikaners en die Engelse.  Hulle lewer net kommentaar op die foto's.

Groetnis
Theresa

















































































No comments:

Post a Comment