Friday 22 August 2014

Hi julle

Vandag het ek nie veel nuus nie.  Dis 'n stil, vreedsame Vrydag sonder wind en sand en baie sonskyn.  Die wind waai so effens, maar dis nie te erg nie,

Ek was netnou by 'n vriendin wie se man op 5 Desember verlede jaar oorlede is.  Sy kan maar net nie daaroor kom nie.  Nou sorteer sy soos 'n maniak haar hele huis uit.  Sy laat geen omtrent geen tyd vir eet of ontspan toe nie.  Dis erg om haar so te sien treur.  Sy is ook besig om uit te teer, so maer het sy geword.  Die dood bly darem 'n ongenadige ding,

Ek heg vandag vir julle 'n gebed aan wat ek vanoggend geskryf het.



Vader

Wanneer ek nie meer weet wat om te doen nie
Wanneer ek sekere goed in my lewe nie verstaan nie,
maak ek my oë toe en sê 'n prewelgebedjie,
en plaas al my vertroue in U hande,
want ek weet U weet alles.
Alles van my af
En dat U my sal lei as ek op 'n dwaalspoor is

Wanneer ek moeg is,
gee U my die krag om voort te gaan
Wanneer ek ontreddend voor u staan,gee U my hoop
Wanneer ek bang is, gee U my vrede.

Ek vra so baie, en U gee op U tyd
Help my om nie ongeduldig te raak  nie

Ek vra dit in Godsnaam

Amen


Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment