Monday 18 August 2014

Hallo Julle
Ons is al weer  op pad Swakop toe.  Die slag  psigiaterg toe om my pille te monitor. Ek het bipolêre depressie en  dis baie belangrik dat jou pille so elke 3 maande gemonitor moet word.  En vandag is die dag.  Ek is baie erg oor die man, maar mens voel vreeslik ongemaklik as jy by hom is.  Dis asof hy goed wil weeet wat ek nie  wil hê hy moet weet nie. En elke slag blaker ek maar alles uit. Maar hy was die eerste ou wat vir my die regte pille voorgekskryf het,die ander psigiaters waarby ek was het my soos 'n zombi laat voel.  Ek kon net sit en nie eers dink nie.  Ek kon ook niks doen nie, my alledaagse take het agterweê gebly oor ek so apaties was.  Toe vind ek uit van hierdie dr Pieta wat so goed is en gaan toe na hom toe.  

Hy het al my pille weggevat en vir my nuwes voorgeskryf.  Met die nuwes het ek nog steeds 'n ruk soos 'n zombi  gevoe, want jou liggaam moet eers die pille gewoond raak.  Maar dit het al hoe beter geword tot ek weer al my goed kon doen.  Net my kreatiwiteit het in die slag gebly. Vir meer as 2 jaar., indien nie langer nie.  Voor die siekte het ek gekompeneer, kortverhale geskryf en baie gedig.  Dit wou nie terug kom nie.  Maar na ek die laaste slag by hom was het hy een pilletjie weggeneem of bygesit (ek kan nie onthou nie) en ek kan weer skryf.  Ek het die afgelope 2 na 3weke ongeveer 50 gedigte geskryf.  Ek kan nog nie komponeer of 'n  kortverhaal skryf nie, maar ek glo dat gaan ook nog kom,

Ek het 'n hele leer met fotos op my  Pictures folder laat wegraak en ek weet nie hoe om hulle terug te kry nie. Ek weet vir 'n feit ek het dit nie gedelete nie.  Kan iemand dalk help. Ek het ook al my hardeskywe en die Recycle bin deurgegaan om te kyk of ek dit dalk nie per ondgeluk soontoe gedrag het nie of gedelete het nie, maar hy is nerens nie.  As jy dalk 'n manier het wat ek nog kan soek, laat weet my net,asb.  Los 'n boodskap onder die link by Facebook waar die blog geadverteer word of e-mail by by theresa@afol.com.na   Ek sal dit so waardeer, Dit is nogal waardevolle foto's wat my kind in Duitsland en Italiê geneem het toe sy vir die Karate Wëreld Kamp daar was.  Niks kan dit vervang nie.  Dus julle rekenaar fundi' s gee my asb 'n wenk wat ek moet doen.

Ons, dis nou ek en Elfi en Renate,wil kyk of ons nie daarna iets kan gaan eet en dan dak fliek nie.  Hang natuurlik af van wat wys.  Ons verskeidenheid hier is nie te groot nie en het al lankal in die Republiek gewys teen die tyd wat ons dit hier te siene kry.  Ek hoop ons het 'n mooi dag.  Hier is dit mistig en koud.  Hopelik is die weer in Swakop bietjie beter,

Ek sê nou maar eers totsiens en help my met my rekenaarfout asb, Ek sal dit so waardeer.

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment