Thursday 21 August 2014

Liewe Lesers

Vanoggend was besonder besig hier by ons.  Ek is skoon gedaan.

Eerstens wil my rekenaar van eergister af nie eposse uitstuur nie, maar kan wel ontvang.Ek kontak toe 'n ou wat aan rekenaars werk en wat deur die Africa on Line server  aanbeveel word.  Gisteraand toe ek weer 'n email wou stuur, toe gaan hy deur.  Ek probeer toe met 'n ander een en hy gaan ook deur.  Toe dag ek die probleem is opgelos.  Gelukkig vergeet ek vanoggend om die IT ou te kanselleer en hy kom toe 9 uur hier aan.  Vol selfvertroue hy sal dit regkry.  Hy het gewerk aan die rekenaar en toe hy weg is, wil ek 'n mail stuur, en siedaar die mail verdwyn in die Kuberrruim . Dis nie in die Outbox leer nie en ook nie by Sent items nie. En nou kry ek hom weer nie in die hande nie.  Hy kon my darem help om 'n paar van die foto's van Renate se toer terug te kry, waarvoor ek baie dankbaar is.

Intussen moes ons vir Jack, die Cavalier King Charles Spaniel , vir 'n 2 de keer veearts toe vat.  Ons het hom gister die eerste keer gevat.  Hy het in die laaste paar maande brandmaer geword.  en jy kan elke beentjie in sy lyf voel.  Ons het allerhande hondekosse gevoer, maar niks wou help toe.  Gister is ons toe met haar veearts toe.  Dié sê die hondjie het lewerversaking, want die lewer is klein en ingekrimp en dit moet wees van kunsmatige versoeter wat sy in groot hoeveeelhede ingekry (wat ek nie weet waar nie)  het of dit kan aangebore wees.Dit kan ook van medikasie wees wat hy in die begin van die jaar gekry het vir 'n ontsteking wat in sy oorlel was en wat gedreineer moes word.  Hy moet nou op 'n hoê proteindiet gaan en baie pille drink.  Ek vrees die tye wat ons daardie pille vir hom moet ingee.  'n Hond sluk moes nie maklik 'n pil nie.  Wat nog van 'n paar.  Ek hoop vir Renate se part hy kom reg want sy is baie hartseer oor haar hondjie wat so ernstig siek is.  Mens moet nou maar net hoop vir die beste en dat hy gesond word.

Die lekker dae is verby.  Die wind waai weer asof hy nooit gaan ophou nie.  Hy huil sommer so om die hoeke en die tuinman het vanoggend gevee en als was mooi en sandvry.  Nou moet dit maar weer so bly tot die wind ophou waai, anders is dit soos poep teen donderweer.  So vinnig as wat jy skoonvee so winnig waai die sand terug.

Ek het gister ook die taak aangepak om my foto leers uit te sorteer en te liaseer.  Dit het my lank besig gehou.  Maar nou is alles reg en perfek.  Ek kan net na die datum kyk om die regte leer met foto's op te spoor.  Dit was 'n tedious job wat ek al so lank uitgestel het en darem nou klaar is,

Ek gaan nou vir my 'n oulike DVD soek om te kyk en op my uitskopstoel in die TVkamer daarna kyk, natuurlik tot die volgende ding gebeur.  Elfi moet terug veearts toe om Jack se medisyne te gaan kry en daarna moet hulle Renate se voëltjie Byakuya na 'n ander veearts vat want sy snawel moet geknip word.  Maar ek gaan nie saam nie. Dis hulle diere en hulle moet self verantwoordelikheid neem.  Net jammer Elfi moet elke keer ry, maar van die twee is sy die enigste een met 'n lisensie.

En my bediende het vanoggend opgedaag en dit lyk asof sy oorweeg om Saterdag weer te kom. Halleluja.
Dan hoef ek weer nie skottelgoed te was nie.  Hierdie een keer gister was genoeg.  Eintlik staak ek nog steeds, dit was net 'n wapenstilstand vir 'n skottelgoedwasser.  Maar ek sien vandag word daar 2 keer gedink om koffie te maak of koeldrank in te gooi en ek het gesien hoe Renate 'n glas recycle.  Dit kan  hulle net goed doen.  Die volgende hoop skottelgoed kan  hulle was.

Groetnis tot more
Theresa

No comments:

Post a Comment