Sunday 3 August 2014

Noudat ek oor haar geskryf het is hier 2 gediggies vir Elfi


Atletiek
(vir Elfi tydens die NamibieseNasionale Kampioenskappe  - Dogters o/17
30 Maart 2007)

Saterdagaand
Winhoek
Onafhanklikheidsstadion
Rooi tartan en grasgroen gras

Atlete op die rooi
op aandag tussen die wit strepe
Op  jul merke, gereed...doef
Vinnig...vinniger...vinnigste

Spiese trek hoog deur die lug
'n diskus trek laag oor die veld
iewers pomp'n gewigstoter sy spiere
'n Hoogspringer rek homself  hoog uit
'n verspringer spasieër sy tree
Alles moet vinniger...hoër...verder


Op die pawiljoen klink krete van aanmoediging
oorverdowend deur die koel aandlug
'n kakofonie van klank
maar niemand hoor
behalwe
die toeskouers self


©Theresa Potgieter
Arrebush Travel  Lodge
Windhoek
20 Maart 2007



VIR ELFI
16 Oktober2005

Gesiggie op 'n plooi
het jy die lewe ingekom
Was jy kwaad
omdat jy twee weke vroeër
uit jou knus omhulsel
geruk is?

Mondjie 'n ronde bol
voorkoppie op 'n plooi
ogies verbasend helder
het jy ons uitdagend
stil
sonder 'n kwê
uitgekyk

Het jy gehou van wat jy sien?


Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment