Sunday 24 August 2014

Liewe Lesers

En daar kry die Springbokke amper pak gisteraand.  Dis net blote geluk dat hul gewen het. Heineke Meyer het nog baie werk voor, voor hy 'n span gereed sal hê om die Rugby Wêreldbeker huis toe te bring.  Jongie, het daardie Argentyne gespeel!

Vandag is 'n rustige, sonnige dag met 'n koel windjie wat waai.  Almal is hier rond en doen hulle eie ding.  Ek het Goeiemore Mnr Mandela nou net klaar gelees en trek die kritiek terug wat ek voorheen daaroor gehad het.  Mens vergeet maklik dat die boek uit Zelda la Grange se oogpunt geskryf is, en die invloed wat Mandele oor haar gehad het.  Die boek handel nie oor Mandela self nie.  Ek het dit op die ou einde vreeslik geniet,

Ons vat Renate netnou vir haar eerste bestuursles.  Ek wonder hoe dit sal gaan met die ratte.  My ander kinders het almal met outomatiese motors begin bestuur, en kan nou ratkarre ook ry. Maar ek dink dis 'n bietjie moeiliker om met 'n ratkar te leer bestuur alhoewel ons dit tog almal gedoen het.

Theo se Jeep is outomaties, maar veels te groot vir haar om mee te ry,  Ons sal dus maar met my Nissan Juke ry wat heelwat kleiner is.  Sy is so opgewonde.

Ons het nou al die pille vir Jack se lewer gekry en hy het gisteraand al die eerste dosis in, sowel as 'n bak vleis. Ek moet nou net more sorg dat ek vir minstens 'n week blikkieskos vir hom koop, sodat ons nie in die week vasval nie. Ek het ook ou wildsvleis in die vrieskas wat ons vir hom kan gaarmak.  Renate voel al beter oor hom en sy het baie opgelees oor haar siekte,soos dat dit goed is om 'n eier by elke ete te voeg.  Dit voorsien nog meer proteine en dat maaskaas goed is vir hom.  Sy skep 'n lepeltjie maaskaas uit en druk dat 'n pillejtie daarin.  Jack slurp dit op sonder dat hy agterkom hy kry ' n pil in.  So doen sy dit nou 4 keer in die oggend en 1 keer in die aand.  Ons hoop die entoesiasme hou, maar dit behoort,  Sy is baie lief vir daardie hondjie.


Ek gaan nou eers groet, want die bestuursles gaan nou gebeur en ek wil dit nie mis nie.

Tot wedersiens
Theresa

No comments:

Post a Comment