Thursday 7 August 2014

Hallo Julle

'n ou stukkie in Engels in 'n Afrikaanse baadjie:



Die Hemel se kruidenierswarewinkel

Ek loop op my lewenspad en sien  'n teken wat sê:
"Die hemel se kruidenierswarewinkel".
Soos ek nader kom, gaan die deur wyd oop. 
Voor ek myself kan kry, is ek binne.
Ek sien engele oral rondstaan.
Een gee vir my 'n mandie en sê;
"My kind, koop met omsigtigheid.
Alles wat 'n Christen nodig het , is in hierdie winkel
Als wat jy nie kan dra nie, kan jy more voor terugkom".
Eerste  laai ek GEDULD  en LIEFDE in, want hulle is in dieselfde  ry
Verder af  kry ek INSIG En BEGRP, jy het dit altyd nodig oral  waarheen jy  gaan.
Ek pak 'n paar bokse WYSDOM  en 'n sak GELOOF in.
DIE HEILIGE GEES kan ek nie mis nie,  want  hy is oral.
Ek stop om DAPPERHEID en STERKTE in te laai vir die pad vorentoe,
Teen daardie tyd begin my mandjie vol voel, maar ek onthou ek het GUNS en GENADE nodig.
Ek het nie van SALIGHEID  en REDDING  vergeet moe, want hulle was verniet.
Dus het ek probeer om soveel moonlik van dit in te pak. genoeg vir jou en my.
Toe gaan ek na die betaalpunt om te gaan betaal., want ek het gedink ek het alles wat ek nodig het om my God se wil te doen
Op pad na die betaalpunt sien ek GEBED en pak dit ook in, want ek weet sodra ek buite kom loop ek my onmiddelik vas in sonde
VREDE en GELUK is ook daar.   Hulle is op die laaste rak
GESANG   en LOFSANG is naby, dus het ek dit ook ingepak
Toe ek die engel vra wat ek skuld, het hy net geglimlag en gesê : "Neem alles net saam waarheen  jy ookal gaan".
Jesus het jou rekening lank terug reeds betaal.

Vertaal uit Engels deur Theresa Potgieter 8/6/2014, Walvisbaai

No comments:

Post a Comment