Wednesday 13 August 2014

Hi

Hallo Julle

Ek het darem vannag weer 'n rustige nag gehad en en al my dingetjies vir die oggend is klaar gedoen.  Dit lyk asof dit 'n helder windlose dag gaan wees sonder die ooswind en sand.

Ons was toe gistermiddag Swakopmund toe vir Renate se tande. Die orodontis was nie beindruk hoe die laaste draadjie wat losgekom het, deur 'n tandarts hier in Walvis reggemaak is nie.  Hy het stopsel tussen die tande laat kom wat die tande weer laat skuif het.  Gelukkig kon sy die stuk stopsel uitkry en die tande teruggedruk kry.  Dit was vir Renate baie ongemaklik, maar dit moes gedoen word.  As die stuk stopsel gebly het sou sy nie daar behoorlik kon skoonmaak nie en sou sy aanmekaar tandvleisontsteking gekry het. Ek is baie dankbaaar ons het gegaan, want sy het al begin kla sy het effense ontsteking.

Ek het nog steeds  nie 'n skottelgoedwasser of for that matter 'n nuwe yskas of tuimeldroer nie. Ek begin nou al die dae aftel, nie dat ek weet hoeveel nog oor is nie, maar om my man sleg te laat voel oor hoe lank hy ny in ongerief laat leef het.  Elke dag kom daar 'n merkie op die almanak.  Ek het sommer verlede maand ook afgemerk want hy was toe al stukkend.

Alles is rustig en stil hier by ons.  Dis skoolvakansie en Renate lê en lees en Elfi maak vistenke skoon.  Die stilte is vir my nogal iets niets, want hier is altyd musiek wat speel,die radio, tv, 'n cd, of die kinders wat playstation of wii speel.  Vanoggend hang hierdie doodse stilte oor die huis.

Ek het my vorige blog per ongeluk afgevee, dus as julle nou hierdie een kry moet julle maar verkoon want ek het toe weer begin skryf aan vandag s'n.

Blessings van my af en 'n mooi dag vir 'n ieder en 'n elk
Theresa

Ek plaas my Touches of Green nou op hierdie blok.



































No comments:

Post a Comment