Tuesday 22 July 2014

Die Eerste Dag

Ek het vanoggend slegte nuus gekry. My ou universiteitsvriendin, Melanie Koekemoer Jordaan, wat in Stratford, Nieu-Zeeland bly het borskanker en gister is haar regter bors afgesit.  Ek wens so ek kan naby haar wees al is dit net om haar hand vas te hou en te sê dat als orraait sal wees, al weet ek nie self nie. Maar ons wil positiewe goed hoor as ons siek is en dis wat ek vir haar sou gesê het.  Melanie ek hoop jy word gou gesond en dat dinge orraait sal wees.

Ek brand my kersie ook vir my plaaslike vriendin, Sanita Olivier, wat in die greep van 'n helse migraine vasgevang sit.  Sy kry al vir jare hierdie migraines en niks en niemand kan 'n kuur daarvoor voorskryf nie.
Nou mag sy ook nie eintlik daagliks inspuitings kry (wat sy ook nooit seker is gaan werk nie) nie, want die Mediese Raad is so streng op skedule 5 medisyne.  Nou probeer sy dit doodslaan met pille wat ook nie werk nie.  Sy het verlede week en hierdie week tot nou toe nog elke dag 'n migraine gehad.  Ek bewonder haar so, want met migraine en al doen sy 'n klomp goed,  Sy ry haar kinders skool toe en terug, is betrokke by hul aktiwiteite en begin nou met 'n klein besigheid.  As ek migraine kry kan ek skaars funksioneer, laat staan nog daardie goed doen.  Ek kry gewoonlik 'n spuit en dan is ek weg voor vir die res van die dag.  Mens voel net so tam as jy die volgende oggend opstaan.

Maar nou ja,vir iets ligs.  My blog se naam is nie verniet Die Mallerige Mense nie.  In hierdie huis bly 4 totale eiewyse en snaakse persone.  Dis nou ek en my man,Theo, en ons twee jongste kinders Elfi 23 en Renate 16.  Ons het ook 2 ouer kinders Inge 29 en Theo Jnr 27.  Hulle is onderskeidelik 'n CO en argitek en bly saam in die Kaap.  Ons is 'n hegte familie wat nie graag baklei nie en as dit gebeur maak ons dinge vinnig weer reg.

Wat die 2 aanvang wat in die Kaap bly, kan nou vir eers wag. Hulle is in elk geval werkoliste en doen nie veel nie.

Saam met ons bly omtrent 'n duisend tropiese visse, 3 buiteskilpaaie, ;n rot, 8 muise, 3 akkedisse, 3 honde - Beau, 'n Duitse Herdershond, Jack, 'n Cavalier King Charles Spaniel, en Toon, Maltese wat ons gered het van 'n gewisse dood.  Sy lyk opreg en ek kannie glo iemand het haar in die woestyn vir lewe en dood weggegooi nie.  Toe hulle haar kry was die kussingkies onder haar voete al weggebrand deur die warm sand..


 Elfi en Renate
Clown Loach, Koi Angel Female
 Kai
 Muis
 Beauty
Full moon red Siamese fighter mannetjie
 Kai

 Toon
 Rot met die naam MUIS
 Green Eel
 Kai
 Balloon Molly tenk
 Nikko met 'n muis wat hy vir Elfi gevang het.
 Siamese Fighter Green Full moon Male
 Jack
 Beauty
 Byakuya
 Renate en Jack
 Nikko
 Toon
 Muis
 Toon
 Beau luister musiek
Charlie

Nog is dit het einde niet.  Daar is nog 4 katte ook.  Beauty, 'n Maine Coon wat so kwaai is soos die duiwel homself, Scab, wat ons by ons oudste dogter geëerf het, Bubbles wat ons met 'n spuit vandat sy 3 weke was groot gemaak en en helaaas, maar nie die minste nie Nikko.  Hom het ons op ons klimraam gekry, verwaarloos met gebreekte ribbes en sigaretbrandmerke oral op sy lyf.  Dit het hom 2 jaar geneem om van bo-op die kaste af te klim.  Nou is hy so liefdevol dat hy al vir Elfi persente aandra wat hy buite gevang het.  Hy slaap deesdae onder die kombers en pas die huis op sodat ander katte nie naby die huis kom nie.

Verder is hier 3 veldskilpaaie waarvan ek 2 by my Spaanse vriendin gekry het, omdat haar man gesê hy "They sheet to much".  Die ander een het Elfi gered  by 'n swart man wat die skilpad wou eet.

Daar is ook nog drie voëls, Charlie, die African Grey, wat 'n hond uit 'n bos uit kan praat, Kai, 'n green wing Macaw, wat ons omtrent 'n jaar terug gekry het en baie oulik is en dan Byakuya, 'n Sun Conure, wat Renate se voël is en die hele huis rond vlieg, want sy is te jammer om haar vlerke te knip.

Dit is maar 'n deel van ons dieretuin.  Volgende keer vertel ek meer.

Blessings
Theresa

No comments:

Post a Comment