Wednesday 23 July 2014

Algemeen

Hi
Dis al weer ekke. Ek het 'n heel vrugbare oggend gehad. Het 'n blog begin met allerhande foto's wat ek geneem het, maar nie die foto's klein gemaak nie. Nou vat dit eeue om op te laai.  Nou los ek dit maar in vrede om klaar op te laai en begin met 'n nuwe een,

Daar is niks verveliger as om oor die weer te praat nie.  Maar ons weer het 'n bietjie verduideliking nodig.  Die hele winter  tot so 2 weke terug was dit  warm en het almal nog met somersklere ronedgeloop, want ons eie lieflike oosweer was aan die broei saam met die wind en sand wat dit saambring..  Dit was nie eers saans koel nie en ons het met lugversorgers aangeslaap.  Skielik 2 weke terug tref die koue ons soos 'n vuis in die maag.  Dis yskoud,maar soos in rerig ysig, en weg is die oosweer.  Almal het vervaard wintersklere uitgegrawe  sodat ons darm  net iets aan ons lywe kan kry wat hitte verskaf.  Nou is die ergste koue in die dag verby, maar die aande en oggende is nog lekker koel.  Die mis trek ook eers so 10 na 11 uur terug oor die see.

Ek het vandag 'n nuwe tuinman wat begin werk het.  Ek het 6 weke laas een gehad en hy het heeldag onder die boom le en slaap, dus is die tuin in 'n toestand.  Die nuwe man is ouerig maar weet van tuinwerk.  Hopelik sal ons nou weer alles kan regruk.  Dit het hom die hele oggend gevat om die plaveisel (redelik groo) skoon te vee en die sand in sakke te gooi.  Jy kan nie die  sand op die gras vee nie, dan vrek die gras van al die mica wat in die sand is.  Nou is hy besig om palmtakke wat afgesaag is, weg te dra na  die ashoop.  Hy is stadig, maar so treetjie vir treetjie kry ons iets gedoen.  Hy het nogal die naam van Julius.  Ek bly vergeet dis nie Johannes nie en hy bly my reghelp.  Baie gesteld op sy naam.

Hoop julle geniet die foto's wat seker teen vanaand eers almal opgelaai sal wees.  Stuur gerus kritiek en wat jy oor die blog wil se.

No comments:

Post a Comment