Sunday 27 July 2014

Vertaalde gedigte

Hi

Ek het vanmiddag iets probeer wat ek nog nooit voorheen gedoen het nue.  Ek het gedigte vertaal van Engels na Afrikaans.  Ek weet digters doen dit, maar dan is dit die groot digters se werke wat hul  vertaal.  Ek het sommer 'n paar op die internet gesoek en hullle begin vertaal.  Mind you, ek het baie gou agtergekom  nie elke een is deur my vertaalbaar nie.  Ek het hard aarde toegekom.  Al is jou Engels of
Afrikaans hoe goed, is daar tog party goed wat ons nie in Engels kan sê en andersom nie. .  Kom ons kyk na my pogings.



Eenkeer in 'n leeftyd

Eenkeer in 'n leeftyd
vind jy iemand spesiaal
jul lewens verstrengel
en op 'n manier wéét jy

dit is die begin
van alles waarvoor jy gebid het
'n liefde waarop jy kan bou
'n liefde wat sal groei.

Eenkeer in 'n leeftyd
vir hulle wat gelukkig is
gebeur 'n wonderwerk
en drome word waar

Ek wéét dit kan gebeur.
Dit het met my gebeur
Ek het my "eenkeer in 'n leeftyd"
saam met jou gevind.

Skrywer onbekend
Vertaal deur Theresa  Potgieter
Walvisbaai
27/7/2014
 
Soos twee duiwe in die lug ontmoet


Twee geliefdes hand aan hand en oog tot oog
Twee dele van 'n geliefde geheel
Twee harte en  'n enkele siel
Twee sterre wat skyn en skitter
Twee vure wat hitte en lig bring
Twee liefdesliedere in perfekte harmonie
Twee bloeisels ontspring in blom
Twee duiwe gly deur die lug
Twee  liefdes sonder sorge
Twee dele van 'n lewendige geheel
Twee harte en 'n enkele siel

Skywer onbekend
Vertaal deur Theresa Potgieter
Walsivbaai
27/2/2014


Ek wil ook graag vir die Franse wat na 17 jaar weer iemand, en dié slag sommer twee, fietsryers op die poduim het met Peraud tweede en Pinot derde.  Watter interessante Tour d'France was dit nie.  Ek het dit vreeslik geniet.

Groetnis tot more
Theresa

No comments:

Post a Comment