Saturday 26 July 2014

Voëls

Liewe Vriende
Ek het vanoggend maar vroeg begn skryf, want ons internet is nie oor naweke so betroubaar nie.  Lyk my die hele wêreld is dan op die internet, en dan kry mens nie kans nie.  Dan bly die ou balletjie hieronder regs draai en draai en hy sê die hele tyd Internet connecting.  Ek het ook al met tyd geleer dis waarby dit bly.  Eintlik beteken dit ons het geen internet vir die res van die dag nie.  Jy moet net hoop hy bly aan sodat mens wel toegang het.Ek gaan vandag vir julle weer foto's opsit, want dis die vinnigste en maklikste om te stuur as mens net 'n kort tydjie internettyd het.  Ek maak die foto's baie klein - kleiner as 5mpixels.


 Pelikaan
 skulpe deur die water
 see-annemoon
 Flaminke










Jellievisse

Blessings tot môre
Theresa

No comments:

Post a Comment