Tuesday 29 July 2014

Hallo almal

Die oosweer is op ons.  Dis warm, die wind waai oos en dit klink of die trein in ons huis gerangeer word.
Vir die volgende paar dae braai ons weer uit van die hitte.  Hierdie oosweer is 'n snaakse ding.  As hy oor die woestyn aangewaai kom, kan jy aan hom niks doen nie.  Hy waai so sterk dat as jy te vinnig met jou kar deur hom ry, hy hom heeltemal "sandblast".  Maar as jy so teen 20 of 30 km se kant ry is die kanse dat jy skade sal kry, minimaal.  As 'n mens 'n kar by die lughawe huur, word pertinent genoem dat hulle nie aanspreeklik is vir hierdie skade nie.  Wees tog dus ekstra versiging as jy met 'n gehuurde motor tydens oosweer op pad is hierheen.

Vandag gaan ek 'n paar foto' s opsit waarmee ek opPhotoshop gespeel het om ander effekte te probeer kry.  Ek het Photoshop Elements 2 daarvoor gebruik.














'n Mens kry nogal 'n mooi effek daarmee.

Van my af is dit koebaai vir die dag.  Geniet wat jul ookal gaan doen/

Theresa

No comments:

Post a Comment