Wednesday 30 July 2014

Melk, Batterye en Ou Wapad foto's

Goeiemore almal

Die hele Potgieter-huishouding is al van vanoggend af in rep en roer. Ons krag is af en die visse het suurstof nodig, anders vrek hulle.  Van hulle is baie sensitief.  Ons het nou al die hele dorp op en af gejaag om batterye vir die spaarpompies te kry.  Mens hou mos nie so baie spaar batterye aan aan nie.  En nog steeds het ons nie genoeg nie.  Die krag kom aan,bly vir 2 minute aan en gaan weer af.  Aanmekaar.  Ek weet nie wat doen julle ouens wat in Suid-Afirka bly met die beurtkrag nie, want dan is dit vir ure af.  Ek sal mal word as so iets gebeur.  Dit gebeur wel daat die krag vir 'n dag af is, maar dan kry ons kennisgewingdat die krag van sê nou 7 uur die oggend tot 5 uur die middag gaan af wees. Maar dan is mensgewaarsku en kan jy die nodige voorsigmaatreêls  doen soos om die batterye aan die koop en die pompies aan mekaar te koppel sodat jy meer as een tenk met 'n pompie kan gebruik of jy kan genoeg stuurstofpille , wat 'n houer van omtrent 250 pille is, wat jy moet aankoop om suurstof vir die visse te voorsien.  Die ding met krag hier, is dat as dit onverwags afgaan, weet jy nie vir hoe lank dit gaan wees nie.  Dit kan enige iets van 5 min tot 6 ure wees en by Erongo Red ( ons kragverskaffer) kry jy net elke keer die antwoord "we are busy with you problem.  The problem will be solved soon".

Die krag het sopas aangegaan en dit lyk of dit darem nou reg is. Ek hoop so, want 'n gejagery deur die dorp is nie my idee van pret nie.  En natuurlik sal mens nooit genoeg batterye by een winkel kry nie, jy sal elke winkel in die dorp moet besoek en hoop jy kry genoeg.  My dogter, Elfi, is nou net terug van een van haar soektogte. Ek wonder hoeveel batterye het sy gekry.  Dit kan seker nie skade doen om 'n paar in voorraad te hê hie.En so terloops, ons rotte het sopas van 1 van 3 toe aangegroei. My dieretuin word al groter en groeter.

Om saker verder te beduiwel, kry ons nie melk te koop  nie.  Die regering wil nie meer Clover of ander melkmake invoer nie, want hullle wil  hê Nambië se melkverskaffer, Namibian Milk Diaries moet melk vir die hele land verskaf.  Dis amper soos die Koop Suid-Afrikaans ding.  Maar nou werk dit nie uit nie.  Gister was daar nie 'n bottel melk in hierdie dorp te kry nie,want as hulle nie het nie, lewer hulle eenvoudig nie af nie.  Dis chaos, want ons hou van vars melkof bokssmelk en nie poeiermelk nie, maar lyk my ons sal maar 'n smaak daarvoor moet begin ontwikkel.  Die winkels se rakke staan ook leeg ,sonder hul Suid-Afirkaanse produkte.  Die wat van Duitsland af kom is egter vol, maar dis onbetaalbaar duur.

Maar dis nou genoeg gekla, ek ek nou weer 'n paar foto's van die ou Wapad by Uniondaale oplaai.  Dit is regtig mooi daar, nê

 Groetnis tot volgende keer
Theresa

Die Ou Wapad, Uniondale, Suid-Kaap, Suid-Afrika




















 Ou murasies























No comments:

Post a Comment