Sunday 10 August 2014

 Hallo Julle

"I know nothing in the world that tas as much power as a word.
Sometimes when I write one, and I look at it,
until it begins to shine"
                                          Emily Dickensen

Die Hokkie semi-finale het toe nie so goed vir ons span afgeloop nie.  Hulle het 'n kafferpak gekry.  10-0 verloor.  Maar dit lyk nie eintlik of dit een van hulle pla nie, behalwe hulle afrigter. Maar so is kinders mos maar.  Hulle het vreeslik lekker gebly in die Safari hotel en die kos was "to die for" en dis al wat saak maak.  Nou nie dat enige een van ons regtig verwag het dat hulle sou wen nie, maar 10-0 vat die koek.  Die meeste wat hulle nog verloor het was 7-0 en dit was teen die SA 0/17 span wat hier op toer was.  Dis 'n rekord eerste en ek hoop nie hulle bou daarop voort nie.  Hulle weet natuurlik hoe om ander spanne so te laat verloor, die spanne  waarteen hulle speel is glad nie sterk nie en meestal beginners, en dis maklik om sulke tellings teen hul op te stapel.  Maar genoeg nou van die hokkie.  Renate is veilig tuis en ek is een tevrede mammie.

Dis bewolk buite, die kans op oosweer is dan gewoonlik nul.  Dis net bietjie koud, waaraan mens darem iets kan doen.  Almal is besig met hulle eie dinge op hierdie Sondagoggend.  Pa het besluit om my af te gee en die skottelgoed te was.  Ek was maar al te dankbaar want ek ek nie die beste van huisvrouens wat daar is nie.  Elfie maak 'n laat ontbyt en Renate en haar katjie lê nog.

Ek het sleg geslaap en die hele nag van matriekafskeidrokke- en uitrustings gedroom.  Dit is seker oor die matriekafskeidsuitnodigings nou die dag by die Ankerseremonie plaasgevind het.  Maar ons het gesukkel om vir Renate 'n uitrusting te kry.  Dit mag nie 'n rok wees nie, maar iets broekerigs, wat ook nie soos 'n broek lyk nie.  En hier is nie ontwerpers nie.  Toe droom ek ons vlieg Kaap toe om 'n ontwerper daar te gaan soek, net om  te hoor al die ontwerpers het Nambië toe getrek en ek weet niks daarvan nie, want daar is nie eers 1 te kry nie.  Gelukkig word ek toe wakker,want die Vader weet wattter nonsens ek nog so bygedroom het.

Vanoggend is hier nie te veel om te rapporteer uit die Potgieter-huis nie, dus gaan ek julle nie verveel met allerhande klomp snert nie.

Hê 'n heerlike geseënde Sondag.
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment