Thursday 14 August 2014

Sommer net

Hallo Julle

Dis 'n mooiweersoggend hier in Walvisbaai en waaroor ons die blyste is, is dat dit lyk of die wind nie gaan waai nie.  En dis 'n groot pluspunt.

Ek sit nou nog en wag vir die Alluminiummense wat my skuif en gaasdeur se wieletjies moet kom vervang.  Toe ek gisterrmiddag bel om te hoor wanneer kom hulle dan nou, is die antwoord ewe hulle sal kyk of hulle nog voor toemaaktyd hier sal kan  uitkom.  Dit maak my so kwaad van hierdie tipe besighede, hulle weet jy is verleë en dan maak hulle met jou net wat hulle wil..  Dis skoolvakansie en ek wil die kinders vat om te fliek of iets lekkers te doen, maar nou moet ons nog 'n dag sit en wag vir mense wat dalk nie eers gaan opdaag nie. Hulle gee net aandag aan hulle groot projekte,  die kleintjies soos wieliejties aan die skuifdeur moet maar wat tot daar n tydjie is.

Ek het gister Zelda la Grange se boek Goeiemôre , Mnr Mandela gekry en het dit al halfpad gelees. Die boek handel egter meer oor haar gewaarwordinge in haar vormsproses om vir hom te werk.  Sy gee nie veel inligitng oor Mandela self nie.  Vir my is dit effens frustrerend.  Ek was nie lus om oor 'n sekretaresse en haar werk te lees nie, al was sy nou Mandela s'n self.  Tot nou toe is die boek vir my 'n teleurstelling. Sy skryf oor die geskiedenis van die land en goed van so lank gelede dat ek onthou dat ek dit in die skool geleer het.  Nou verstaan ek dat almal nie die geskiedenis van die land goed ken nie,en sy nie 'n ander keuse gehad het om dit in te bring nie.  Ek sal maar deur die boek worstel en probeer om die negatiewe (vir my) mis te kyk,want dit is tog interessante leesstof.  As ek eers 'n boek begin lees het, los ek hom nie sommer nie, tensy dit absolute gemors is.

Ek wil met 'n kruietuin begin en ons het nou vierkantige klippe gekoop, want ons wil dit so uitlê dat dit soos 'n skaakbord lyk.  Nou gaan my man dit die naweek uitmeet en die klippe pak.  Dan ek en Elfi die kruie vir die tuintjie gaan koop,want dit was eintlik haar idee.  Ek dink dit kan nogal mooi lyk as die goed eers aan die groei is. Mens sal net moet onthou om die hoë goed in die middel te plant en van daar vorentoe.  Anders versper jy die hele uitsig van die tuintjie.

Behalwe om die boek klaar te lees vandag,wil ekbrei.





























 Ek het al verlede seisoen begin brei aan 'n serp en dis nou eers halfpad, Ek hou nie van brei nie, maar ek het dit nou begin, nou moet dit klaar.  Die seisoen daarvoor is ook eintlik verby, maar dan is dit minstens vir volgende winter gereed.  Alhoewel ons hierdie winter maar min kans gekry het om serpe te dra.  Dit was maar min kere regtig koud.

Ek wil ook 'n begin maak met Renate se graad 9 Album sodat dit ook kan klaar kom. Ek sit altyd vir elke jaar haar goed in 'n dik Flip File met al haar belangrike papiere in.  As ons dan iets soek , is dit maklik.  Want ek organiseeer dit in nuusbriewe, algemene briewe, rapporte en sertifikate.  Dit is dus net vir blaai na die regte plek toe om dit te kry.

Die foto's wat ek vandag opsit is van my Touches of Yellow.  Lekker kyk.

Dis dan al van my vanoggend,

Blessings van huis tot huis

Groete
Theresa

Die foto's wat ek vandag opsit is van my Touches of Yellow.  Lekker kyk.

No comments:

Post a Comment