Wednesday, 4 November 2015

Hi aann almal van julle

Vandag het ek gebruik om meer vertroud te raak met my tablet  Ek het nogal  baie goed geleer, soos om te google en op facebook te werk.   Ek is skoon poegaai.

Renate was half siekerig en het nie skòol toe gegaan nie.  Ek wil nie dat sy nou griep kry nie.  Die eksamen begin Donderdag met mondelinge oor hhul voorgeskrewe boekre en Vrydag skryf hulle Afrikaanse opstel vir die eksamen.  Hoop sy voel more heelwat beter  ek hou styf duim vas.

Elfi het vir vanaand heerlike macaroniven kaas gemaak.

Ek lees nou n baie snaakse  boek?  The hundred year old man who climbed out of the window and disappered  deur Jonas Jonasson.  Dis werklik baie snaaks. Kyk  of jy dit dalk kan kry in n boekwinkel of dalk in die biblioteek kan kry.

Groete
Theresa

Tuesday, 3 November 2015

Hallo

Hallo Almal

Ek het tegnologies verder gevorder.  Manlief het vir my n Samsung galaxy tablet gegee.   Dit het my nogal n rukkie gevat voor ek en die tablet mekaar gevind het.  Ek is darem nou al so ver dat ek vandag my blog op hom kan tik.

Veel nuus het ek nie.   Ek is na my hospitalisasie steeds huisgebonde.  Dit voel vir my of dit die keer langer neem om weer sterk te word. Maar byggese, dit raak elke dag bietjie beter.  Hopelik is ek oor n week of twee weer my ou self.

Ons het  hierdie week ook uitgevind dat Kai, ons greenwing macaw  heeltemal blind is..  sy is so   gebore.  Theo vermoed al n ruk dat hy nie kan sien nie .  Ons veearts reel toe dat ons iemaand sien wat spesialiseer in voels.  Sy het bevestig dat Kai totaal blind is.  Dàar is geen bloedvate in sy oe nie.  Hy is dus   so gebore.   Gelukkig  het hy nie mettertyd blind geword nie.  Nou is hy goed aangepas by sy omstandighede en ken nie n lewe met sig nie. 
Hy is nogals more presies 3 jaar oud.  Elfi het tot vir hom n geskenk gekoop.

Nou ja,my nuus vir vandag is op.

Groete t,ot ons weer gesels

Theresa
theresa@afol.com.na

Sunday, 25 October 2015

Hallo julle

Ek was weer vir lank stil, want ek het al weer in die hospitaal belad met 'n Superkiem in die niere en boonop longontsteking waarvan ek glad nie bewus was nie.  Ek het nie eers verkoue gehad nie en niks gehoes nie.   Ek was 12 dae in intensief en is so 'n week gelede ontslaan.  Dis lekker om by die huis te wees, al is ek nog swakkerig en onvas opmy bene. Dit voel so asof ek nooit voorheen kon loop nie, en nou vir die eerste keer dit moet aanleer.  Ek is egter baie dankbaar dat dit elke dag 'n bietjie beter gaan.

Ons was die afgelope week baie besig.  Maandag was dit eers  Renate se Prysuitdelingsfunksie vir kultuur en vir akademie.  Sy het ons as ouers baie trots gemaak.  By die Kultuur het sy 2 toekennings gekry.  Ster kreatiewe skryfster en vir ster Fotograaf van die jaar.  Nog 'n klompie ander kinders het ook toekennings gekry vir hulle bydrae op kultuurgebied.  Na die kultuurtoekennings klaar was, was dit die Akademiese Prysuitdeling se beurt.  Daar was seker nie trotse ouers as ons in daardie saal nie. Renate het met amper elke trofee vir haar graad rn vakke weggeloop.  Sy het die volgende toekennings gekry:

-  Certificate for the Best Academic Achiever in Grade 11 for Mathematics and Accounting - 85.22% average
-  Full Colours for Academics
-  Special award for Academics -Best average in English, Mathematics and Accounting
-  Merit Certificate for Afrikaans First Language 80.41%;  Mathematics Higher Level  96.62%;    Physical Science HL 94.14%;  Biology HL  96.76%;  Accounting HL  93.83%.  Average 88.41.  Best Average percentage in Mathematics HL;  Physical Science HL;  Biology HL and Accounting HL.
-  Special Award for Academics:   PriceWaterhouse Award
-  Trophy awarded for Academics:  Best average % for a great 11 learner inthe SciencField of Study

-  Trophy awarded for Academics:  Grade 11 learner or the year
-  Tablet, geborg deur Manica, Wbaai vir accounting.
Ons het net weereens besef hoe gelukkig ons is om so 'n pligsgetroue dogter te he.

Dinsdagaand was die inhuldiging van die Junior Stadsraad vir Walvisbaai.  Renate was reeds vir 2015 gekose vir die Raad, maar toe was sy 'n Junior.  vir hul 2de jaar op die JCC kry hulle portfeuljes.  Sy is aangestel as die Deputy CEO.  Aai, ek het skoon trane in my oe gekry oor sy so goed doen.  Ek moes omtrent 100 trappe op om by die raadsaal te kom en 'n hele paar keer het dit gevoel of my bene jellie word en wou ek moed opgee.  Ek is seker ons Hemelse Vader het my die laaste ent gedra en ook weer by die afloop van daardie trappe.  Maar ek is so bly ek het gegaan.

Gister het eenvan die plaaslike sportklubs 'n toernooi aangebied vir hokkie - Sparta 6-a-side.  Elke span mag net 6 spelers in he.  Hulle het hulle poegaai gehardloop en net 1 wedstryd verloor.  Hulle het 4 wedstryde gespeel, maaar ons het net die laaste twee gaan kyk.  Ek voel nog steeds te papperig en swak om die hele dag daar te sit.  Gelukkig kon ek darem 2 vandie wedstryde sien.

Manlief het kos gekoop en ons gaan nou eet.

Groetnis tot volgende keer
Theresa Potgieter

NS.  As julle iets wil se of 'n bydrae vir die blog wil maak, stuur vir my 'n e-pos na theresa@afol.com.na



Sunday, 5 July 2015

Lanklaas gesels

Hallo liewe vriende

Dit lyk asof ek darem nou aan die gesond word is.  Vandat ek laas met julle gesels het, het ek 2 bloedklonte deur my longe gehad.  Die gevolg is dat ek nou Warfarin moet drink wat die klonte wat nog in die are is, oplos en ook die bloed dun maak.  Vir my maak dit ook duiselig en ek slaan sommer op enige plek flou neer.  En waar ek voorheen nooit koud gekry het nie, is ek nou so koulik dat ek byna gedurig met 'n trui of baadjie sit.

So staan ek een aand met bakke oorskietkos in die waskamer voor die yskas om dit daar te bêre.  Ek het net die deur oopgemaak toe ek voel my kop begin draai.  Voor ek kon vasgryp aan iets om my staande te hou, slaan ek reg op my regterskouer en sy op die teelvloer neer.  Dit was onuithoudbaar seer en ek het gedink ek het iets gebreek.  My skouer of my arm.  Gelukkig is daar toe niks gebreek nie, maar toe sit ek met daardie pyn in my skouer en arm.  Ek het gehuil van pyn so groot as wat ek is.  Agv van die Warfarin mag ek geen spierverslappers of pynpille van enige aard drink nie en die arm mag ook nie gips of 'n stywe verband omkry nie.  Ek het 'n sling gekry wat nie eintlik veel gehelp het vir die pyn nie.  Ek het letterlik 'n week doodstil gesit en so min as moontlik beweeg om die pyn te verminder en letterlik aanmekaar gehuil van die pyn.  Mens kan dit aan niemand beskryf nie.  Na so 3 weke het die pyn draagliker geword en was dit nie meer so onuithoudbaar as ek beweeg nie.  Dit is nou al amper 10 weke of meer, ek is ook nie eintlik seker nie, maar my skouer is nog steeds seer as ek beweeg of iets swaars optel. Tik is ook moeilik want ek moet my arm oplig.  Die pyn gaan tot in my hande en vingers.  Dit is die bicepspier wat so seer gekry het, maar die nagevolge is erg.  Ek tik nog meeste van die tyd met my linkerhand en hier en daar 'n woord met my regterhand.  Maar hy word te gou seer en lam.  Ek kan darem al redelik met die muis op 'n plat oppervlak werk sonder dat dit te seer word.  Nou edit ek maar al my ou foto's.  Wou dit al lankal doen, maar dis 'n tydsame werk en nou het ek die tyd.

Renate-hulle se prefekondervraging en toesprake is hierdie week.  Ek weet nie wanneer die verkiesing is nie, want die eksamen begin al oor 'n week.  Ek verstaan nie hierdie skool se eksamenskrywery so in die middel van 'n termyn nie, want daar is amper 'n maand nog skool na die eksamen verby is.  Ek is gewoond aan eksamen skryf aan die einde van 'n kwartaal of termyn.  En hier gaan die sportoefeninge dwarsdeur die eksamen aan en selfs ligawedstryde word tydens die eksamen gespeel.  In my tyd het alle sport voor die eksamen gestop en daar was nie sprake van wedstryde teen ander skole of tussen swkoolspanne nie.  Hou maar styf duim vas vir Renate vir hierdie eksamen asseblief.  Sy wil graag haar goeie punte van verlede termyn verbeter

Dit was die 2de Julie ons 32ste huweliksherdenking.  As mens daaraan dink is dit al 'n leeftyd lank en het ons 'n hele paar sakke sout in dié tyd opgeeet.  But still going strong.  Ons hoop vir nog 32 jaar.  Ek het vir Theo 'n koffietafekboek oor die soogdiere van Suider-Afrika en hul beskrywings persent gegee en hy het vir my Photoshop Elements 13 bestel, maar dit het ongelukkig nie betyds gekom nie.  Nou het ek darem iets om na uit te sien hierdie week, want dit sal seker darem nie langer as 'n week vat om hier uit te kom nie.  Ek edit nou maar stadig aan die ou foto's want ek wag vir die nuwe program  Ek werk nog al die jare met Photoshop Elements 2 en gebruik Picasa saam met dit om reguit te maak en rooi oe uit te haal.  Picasa doen dit vinnig en pynloos terwyl dit met Photoshop 'n hele operasie is en dit kom nie altyd so goed uit nie.  Moet sê dis vir my lekker om my foto's te edit en 'n lekker stokperdjie.  Die flaminke kom ook nou weer stadig terug en een van die dae kan ek weer by die lagoon gaan sit en foto's van hulle neem.  Ek kamp partykeer sommer 'n hele oggend daar uit met my 600mm lens en driepoot en kry soms die mooiste foto's.

My arm raak nou seer van die getikkery en gaan ek julle eers weer groet.

Tot ons weer gesels, lekker bly

Groete

Theresa

Sunday, 17 May 2015

hi

verskoon asb die gebrek aan hoofletters en spelfoute.  Ek het geval en my regterskouer in sy kanon in geval. Die senings is geskeur en gerek en dit is vreeslik pynlik.  As ek my arm beweeg, skiet daar 'n steekpyn van my skouer af tot in my vingerpunte.  vrekseer.  Ek het voor die yskas gestaan om iets terug daarin te sit, toe ek flou word en reg op my regterkant val.  dit is vandag al 3 weke en ek kan geen veranderingvoel nie,  ek dra 'n sling waarin my arm leen met elkebeweging voek ek hom, veral hier bolangs by die bo-armspiere en my skouer.  die dokters se dit kan tot 8 weke vat om te herstel - nie gesond wees nie, maar so dat ek die arm makliker kan beweeg.  Sal seker sodra ek my arm weer vryelik kan beweeg, moet gaan vir fisio.  ek mag agv die bloedverdunningspille wat ek vir die bloedklonte trek nie gips kry nie, ook nie 'n verband wat styf sit nie en geen pynpille, spierverslappers of salwe nie.  maar nou het ek klaar gekla

Renate hulle gaan hierdie week die Visrivier canyon stap en sy het nou net haar rugsak klaar gepak.  ek het nie besef daar is so baie beplanning daarby betrokke nie.  hul werk 'n spyskaart uit vir elke ete en die klere moet lig wees.  omdat daar so baie rotse en hierdie jaar water in die rivier is, het hulle ook 'n hikingstok nodig,  dit vou klein op soos 'n kaneradriepoot.  dis om hul balans te behou en om die diepte van die water te toets. hulle vertyrek moreoggend metdie bus Hobas toe van waar hulle dan Dinsdag gaan afdaal na die rivier. Dit is nogal moeilik en neem so 3 na 4 ure,  dan stap hulle nog 'n ent voor hulle kamp opslaan  So 7 km.  Die volgende 2 dae stap hul elke dag 25 km ev Vrydag is hulle 12 uur die middag by Ai-Ais waar hulle weer lekker kan stort en 'n ordentlike bord kos eet.  Renate is baie klein gebou enons is bang die rugsak is dalk te swaar gepak.  maar hulle gaan met 'n skoolgroep en die leier is 'n onderwyser wat dit al 20 keer gestap het.  hy het belowe om hul rugsakke deur te gaan enreg te pak en ook uit  te gooi watEk hoop net nie sy kty te veel blase op haar voete nie. dis pynlik en moet elke dag verbind word. die grootste deel van haar noodhulpkassie bestaan uit pleisters en medikasie vir blase.

Die skoolvakansie eindig vandag en van more af is die kinders weer in die tuig en begin al die buitemuurse bedrywighede ook weer.  Dit gaan 'n besige kwartaal wees, met amper elke naweek hokkie.   renate gaan juis die week na die Visrivier WINDHOEK TOE VIR 'n groot hokkietoernooi.  Ek hoop dat haar voete teen daardie tyd al weer gesond en blaasvry sal wees, sodat hulle lekker kan speel.

my arm is nou moeg getik so met die een vinger saam.  ek gaan dus eers groet.  Ek skryf weer so gou as wat ek irys het om te vertel

Groete tot ons weer gesels
Hopelik sal dit al beter gaan met die getikkery en kan ek my ander hand oook al weer gebrtuikal is dit net om tehelp tik

Theresa

Monday, 4 May 2015

Af Arm

Hallo liewe vrirde

Ek was al weer "af siek",  Hierdie keer het ek flou geword en op my regterarm geval.  Die arm het van bo van my skouer af seergekry tot in my hande,  Die sening in my skouer is geskeur of gerek af tot in my elmboog, waar ook iets fout is.  Dit voel die hele tyd of iets girts-girts maak. Die deel van die arm onder die elmboog gee sulke steekpyne tot in my gewrigte.  En my hande is ook seer.  Ek was nie vir x-strale nie, want Theo se daar is g'n nut in nie,  Al is die skouer en elmboog gebreek of gekraak, kan daar niks aan gedoen word nie.  Dit is die gevolg van die bloedverdunningspille, die Warfarin.  Die sening bloei binne in agv die dun bloed en as daar 'n breuk is of iets is uit potjie, moet ek geopereer wod, en met die Warfarin, wat my bloed dun maak, sal ek my tydens 'n operasie dood bloei.  Daar is wel stollings medikasie wat ek vir 'n week of 2 kan vooraf gebruik, maar dan sit ons weer van voor af met die klonte en die dikte van die bloed is nou eers, verlede week weer laat toets, vir die eerste keer vandat ek siek geword het, net reg.  Nou is my arm in een van daai blou slingers en hel-uit seer, maar daar is geen ander heenkome nie vir 7 tot 8 weke nie.  Ek kry pynpille maar mag ook nie anti-inflannatoriese middels gebruik nie,  Dit is glo ook nie goed saam met die bloedverdunningspille nie. Ek moet my dus so stil as moontlik gedra en die pyn verduur en mag uit en aantrek as ek bad en in die sling my arm gebruik as ek eet.  Ek sit-le in my gemakstoel voor die tv met my laptop op my bors en maag gebalanseer en met die linkerhand tik ek lettertjie vir lettertjie nou aan die blok.  Ek is seker al 'n driekwartuur besig,Namibiese All Tean Karatespan gekies wat plaasvind sodra ons skole weer hier begin, die 17de Mei.  Dit vind in Johannesburg plaas en hul oefen elke aand 2 weke in Swakop, so 30 km ver, Daar is 3 kinders van Walvis en ons neem elke 3 dae beurte om te ry.

My hand is nou lam getik en daarom gaan ek nou koebaai se.  Ek wil nog van die Visrivier stap vertel, maar sal more.  Die groot dilemma is dat Renate moet kies, want dit en die karate oorvleuel. O ja, ek sien hier is nie regtig plek vir julle om kommentaar te lewer of terug te skryf nie.  Hier is my e-pos as jy dalk graag sou wou:  theresa@afol.com.na  Skryf gerus vir my ook.  Ek sal dit baie waardeer as ek van julle ook ietsie kan hoor

Lekker dag verder
Groete
Theresa
theresa@afol.com.na

Thursday, 16 April 2015

Liewe Vriende

Ons het 'n baie besige paar weke agter die rug.

Eers het ons heerlik langnaweek gehou - van Goeie Vrydag tot Paasmaandag.  Ons as gesin, het die tyd gebruik om saam in die duine te gaan ry en weer 'n slag te soek en te kyk na al die klein diertjies in die woestyn.  Mens het permitte nodig om daar te ry, maar ons was verstom om toergroepe met honderde toeriste raak te loop waar die toeriste die ekosisteem van die woestyn verniel.  Hulle het selfs van die duine uitgeklim, al is daar spesifieke areas gemerk waar mens wel kan duine klim.  Dit lyk vir my asof die toeriste nie omgee hoeveel hulle van die land kan vernietig nie.  Wat my verstand te bowe gaan is dat die toerleiers almal Namibiërs is.  Kan hulle dan nie die mense beter inlig en keer as hul wil uitklim op plekke waar dit verbode is nie. Ons het Saterdag en Sondag vir 'n slag weer die omgewing verken deur die hele Duinegordel van Walvisbaai af tot in Swakopmund en terug Walvis toe te ry.  Vrydag en Maandag was ons maar net rustig en het gerus.

Verlede Dinsdag, na die langnaweek, het ons skool, Walvisbaai Privaat Hoerskool, 'n Woestynfees aangebied.  Die 1ste spanne van Hokkie en al die ander rugbyspanne en netbalspanne was betrokke. Daar is omtrent gesport dwarsdeur tot Saterdagmiddag.  Ons 1ste Hokkie Dogtersspan het 2 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel.  Een van dié waar hulle gelykop gespeel het, was nogal 'n Suid-Afrikaanse skool, Alberton Hoërskool.  Ons het goed vergelyk met hulle en die wedstryd het met 1 elk geëindig.  Die ander drie wedstryde wat hul gespeel het was teen plaaslike spanne van hier en Swakopmund.  Een was gelykop en die ander twee 4-0 en 11-0.  Dit was ook die eerste keer die seisoen dat die dogters kans gekry het om as 'n span saam te speel.  Die seunshokkie het ook goed gevaar.

Hier was verskeie skole uit die Republiek wat teen Namibiese skole kom rugby en netbal speel het. Met party het dit goed gegaan en met ander minder goed.  Maar alles gesien, dink ek nie ons Namibiërs hoef ver terug te staan vir die Suid-Afrikaanse skole nie.  Nie in netbal nie en ook nie by die rugby nie.  Saterdagmiddag toe alles afsluit, was almal vodde.  Die kinders wat deelgeneem het, die toeskouers en al die ouers wat by die verskillende stalletjies en kosstalletjies moes werk.  Daarna dink ek nie het enige iemand veel gedoen, behalwe om die rugby op TV te kyk en 'n vleisie te braai nie, en ek het al voor dit aan die slaap geraak.  Ek het natuurlik weeroorboord gegaan met foto's neem en het die hele week daaraan gewerk en edit.

Hierdie week het die kinders hul eksamenvraestelle begin terugkry en daardeur gewerk.  Ons weet nog nie wanneer die rapporte beskikbaar sal wees nie.  Die skool sluit more om 10 uur.  Dalk kry hulle dit dan.  Ons is nogal nuuskierig oor Renate se rapportpunt, want dit klink of dit baie goed gegaan het.  Sy het bv vir haar 1ste  Biologie Hoër vraestel 100% gekry.  Die onderwyser het glo gesê dat toe hy aan die einde van die vraestel kom, hy moes teruggaan om 'n fout of foute te gaan soek.  Hy kon egter niks kry nie.  Hy was verstom dat die kind vir 'n Hoër vraestel volpunte kry, want dit gebeur nie maklik nie.  In sy 28 jaar van skoolhou was dit die eerste keer wat dit gebeur.  Saam met haar kwartaalpunt van 100% en die prakties en 2de vraestel waar sy saam 6 punte verloor het, is haar Rapportpunt nou 98%.  Vir Science Hoër is haar rapportpunt 92%.  Sy het ook in Afrikaans en Engels, albei eerste taal Hoër opgekom, maar daardie punte, sowel as die Wiskunde en Accounting het sy nog nie die totale punt nie.  Ons voel baie trots.

Ek gaan nou eers weer groet tot 'n volgende keer

Mooi bly
Theresa