Friday 12 August 2016

Liewe julle

Ek weet nie van julle nie, maar ek geniet dit so om na die Atletiek by die Olympics te kyk, dat al my ander werk agterwee laat.   Ek was veral beindruk met die Ethiopiese meisie wat die 10 000meter gewen het.  Die 2de slag wat sy daardie afstand hardloop en daar wen sy die goue medalje en verbeter die wereldrekord.  Dit wil gedoen wees.

Ons het 'n besige naweek wat voorle.  More ontmoet ons Theo se broer en gesin in Swakop om bietjie te kuier.  Hoop net die weer is lekker en nie vol wind en stof nie.  Ons sal seker die aand gaan eet iewers.

Sondagoggend ry ek en Renate met kennisse van ons Windhoek toe vir 'n funksie waar die wenners van 'n Science Olimpiad bekend gemaak gaan word.  Net die top 10 is uitgenooi vanuit die hele land. Ons moet al Sondagaand daar wees, maar die funksie vind eers Maandagaand plaas.  Dinsdagoggend draai ons weer terug huis toe, sodat die 2 kinders hulle laaste vak, Engels, kan skryf Woensdag.
Die skool sluit ook Woensdag en die rapporte kan Vrydagoggend afgehaal word by die skool.

Ons is redelik haastig om die rapport te kry, want die Universiteite waar sy aansoek gedoen het, soek die Junie-eksamen punte.  Ons het hulle al hoeveel keer laat weet dat ons termyne het en nie kwartale nie, en dat ons kinders nie 'n Julie-eksamenpunt het nie.  En kort-kort kom daar 'n e-pos aan wat dit vra.  Oor en oor van dieselfde universiteite af.  Maar elke keer wat ek bel, kry ek iemand andeers om mee te praat en diĆ© weet natuurlik nie waarvan ek praat nie.  Party van die telefoonnommers lui en lui net sonder dat iemand dit antwoord.  Hoekom gee hulle telefoonnommers as kontaknommers uit, as hulle weet daar is niemand wat daardie foon gaan antwoord nie.  Ek is al skoon geirriteerd.

Ek groet nou maar weer
Tot volgende keer
Theresa
theresa@afol.com.na

No comments:

Post a Comment