Saturday 17 January 2015

Hallo Vriende

Ek is vanoggend in groot pyn.  Ek en my vriendin het gister gaan stap en daar rek my hamstring (weet nie nou dadelik wat dit in Afriikaans is nie. Ek het sukkel-sukkel darem tot by die huis gekom.  Nou is dit so seer dat ek terug is op die krukke.  Mense ek kan nie eers begin om te vertel hoe seer  dit is nie.  Dis soos 'n pyn wat van jou knie tot in jou heup skiet elke keer wat jy die been beweeg.  Ek hoop net die ergtste gaan gou verby, want so 'n hamstring neem maar glo lank om gesond te word.  Ek sal ook versigtig wees dat hy gou gesond word.  Ek is sommer vies vir myself, want ons het nou net op dreef gekom met die stappery.  So 2 km op 'n keer 4 keer 'n week.

Woensdag het die skole begin en Renate graad 11.  Dit klink nou na besigheid.  Hulle het al op die eerste dag huiswerk gekry.  Gelukkig hoef ons nie boeke oor te trek nie, hulle gaan sommer voort in hulle Graad 10 boeke.  Die oortrekkering sal nou seker so stuk stuk inkom soos die ou boeke volraak.
Gelukkig het die na-uurse aktiwiteite nog  nie begin nie.  Dis net die karate wat al aan die gang is.  Hulle oefen nou al vir 3 weke vir 'n Engelse span wat glo teen hul wou deelneem en op die einde sonder verskoning nie opgedaag het nie.  Dit wys jou die Europeers het ook soms nie maniere nie.

Vandag is ons rustig en elkeen doen sy eie ding.  Ek sit en McGyver kyk.  Daar is op een van die kanale met van sy  episodes op en dit laast my terugdink aan my jongmens dae.  My Klein Theo was so 6-7 toe hul dit gewys  het en hy het alle probeer namaak, partykeer met katastrofiese resultate.  Dis goed om so na te dink aan hul klein dae.  Hy was ook mal oor die Ninja Trutles en het hul goed ook baie probeer namaak.  So klim hy eendag met moeite op die huis se muur en verseg om daar af te klim.  Na ek allees probeer het bel ek sy pa by die spreekkamer om te kom help.  Toe hy daar kom, sit die klin vabond nog steeds op die dak. Pa se hy moet afklim, want hy gaan daar afval, maar sy slim antwoord is dat Batman so op 'n dak kan sit en verskeie ander karakters ook.  Toe is Boetie se antwoord ere dat as die Turtles dit kan doen, kan hy ook. Pa verduidelik ernsig dat hy nie 'n Turtle is nie, dat dit net 'n storie is  en hy nie self kan afspring nie, toe Theo skielik van hul Godsdienlessie by die kleuterskool onthou.  Ek is tot enige iets in staat as God wat my krag gee.  Die juffrou het gese mens moet aktyd liewe Jesus se hand vashou dan sal jy niks oorkkom nie  Dit is toe dat Pa daar kwaad word en vir hom skree, Liewe Jesus hou hom nie met stront op nie.  Gedwee het Theo hom van die dak laat afhaal en die juffrou die volgende dag by die sool gaan aansprekke.  Hy het ook nooit weer daar opgeklim nie.

Minos het vanoggend self gestort.  Net voor ek in die stort wil klim(ek draai altyd die water voor die tyd aan), sien ek die sjampoo is op en loop na die kassie waar die ekstra een is.  Toe ek omdraai is Minos in die stort en net so vinnig daaruit.  Eers het ek nie gedink hy was diep genoeg in om nat te word nie, en stel toe nie ondersoek in nie.  Toe ek klaar gestort is, en in die kamer kom sien ek hom in 'n klein hopie le.  Nat van kop tot tone.  Foeitog.  Ek het dadelik 'n handdoek gaan haal en hom afgegdroog.  Ek was sy held, maar ook nie vir lank nie.  Hy het die laaste bietie water uitgeskud en met Toon begin speel.

Dis dan my nuus vir vandag.  Mag julle 'n lekker dag hê

Groetnis
Theresa


















s

No comments:

Post a Comment