Sunday, 3 August 2014


Hallo Almal

Vandag gaan ek oor my Elfi-kind vir julle skryf.  Ek het nog nooit haar verhaal neergepen nie en ek dink dis hoog tyd.

 Elfi in die kleuterskool


 Op die trampolien
 met 'n hasie by die haasplaas
 Saam met Renate by Oceanword in PE
 Saam met Zac by Oceanworld, PE
 Elfi en Zulani, haar worshond
 Met die hoender by 'n boeresportdag by die skool


 Zulanie, is is so lief vir jou
 Saam met Ouma en Renate
 Oceanworld
 Op die netbalbaan

Elfi is 'n wonderbaba.  Sy moes nie geleef het nie, aldus al die dokters wat haar behandel het.  Sy is gebore  sonder maagensieme, wat veroorsaaak het dat sy nie haar kos kon verteer nie. Sy het as babatjie geen gewig opgetel nie, want als wat ingegaan het, het weer uitgekom.  Op 'n stadium het 'n pediater vir my gese dat ek my kind in die hospitaal kan laat opneem met aarvoeding en haar so aan die lewe hou, of huis toe neem dat sy in rus en vrede kan doodgaan.  Ek was vreeslik ontsteld.  Ons het op daardie stadium  in Daniëlskuil gewoon en hoe ek daardie dag van Kimberley tot in Daniëlskuil gekom het, bly vir my 'n Godswonder.  Ek het die heelpad histeries gehuil en dit was goed 180 km ver.  Toe ek voor my huis stilhou , staan my een vriendin vir my op die stoep en wag.  Sy het 'n vriendin met 'n kind met Down sindroom en die seuntjie ly aan dieselfde toestand en allergieë.  Hulle het die kind met 'n neutemengsel groot gemaak en hy floreer daarop.  Moet sy vir hulle vra om vir my ook 'n blik cashew neute saam te bring.  Hulle sou die volgende dag kom kuier.  Ek was so dankbaar.

Die volgende dag het die mense die aand laat aangekom en het dadelik saam met my vriendin by my kom aandoen.  Die geheim was om die neute in 'n koffiemeule te sit en en saam met bietjie amandels, sesame saad baie fyn te maal.  As dit fyn is gooi jy dit in 'n bottel meet kookwater, skud dit goed, laat dit 'n bietjie afkoel en gee dit vir die kind.  Daardie aand was die eerste bottel wat Elfi van geboorte af ingehou het en deurgeslaap het.  Dit was wonderlik.  Toe begin ons soektog na ongegeurde cashew neute.  Ons vind toe uit dat Kaapstad se hawe die regte plek daarvoor is.  Wanneer hulle die neute in blikke daar aflaai uit Mosambiek word die met stampe en duike dadelik uitgegooi as salvage.  En hulle koop mens vir 'n appel en 'n ei.  Ons het toe iemand gevra om vir ons te gaan kry en dit met courier Daniëlskuil toe laat kom.  Ons moes 'n ekstra yskas bykoop want in die hitte raak die neute maklik smetterig.  Ons probleem met Elfi se eetgewoontes was uitgeskakel.  Sy het vir amper 3 jaar net dit gedrink, want ons was te bang om nuwe goed by haar dieet te voeg.  Op 3 het ons egter stadigaan vaste kos, eers Purity, by haar dieet gevoeg.  Ons moes egter baie versigtig wees, want sy was vir so baie dinge allergies.  Piesang en grondbone was die ergste, dan pampoen, dadels en allerhande ander.  Maar ons het deurgedruk en op die ou einde vir haar 'n dieet gekry wat werk.  Melk en enige melkprodukte kon sy glad nie gebruik nie, en mens moes hoor hoe mooi sy by 'n kinderpartytjie vir die ma vra of die koek dit of dit bevat, want as dit het, kon sy dit nie eet nie, want sy is allergies.  Sy het nooit net gesê:"Ek kan dit nie eet nie:"

En so het ons Elfi groot gekry.  Op 4 was sy so groot soos 'n 4 jarige kind moes wees, haar taal was selfs beter en met haar hand- oogkoordinasie het niks geskort nie.  Sy was ook baie gelukkig in die kleuterskool.

In dieselfde jaar sterf my suster in 'n motorongeluk en ons wil nadertrek aan my ma-hulle in die Winburg-distrik om hulle te help.  Ons kon net 'n praktyk in Bloemfontein kry en het toe maar die 110 km elke 2de of 3de dag gependel en elke naweek.  Daar was sy ook in die kleuterskool en  het sy al hoe sterker geword.  Hier wil ek ook sê dat die onderwyseres baie daarmee te doen gehad het.  As gevolg van die glutenonverdraagsaamheid kon ek nooit vir haar brood inpak nie en het maar tuisgemaakte chips, wortelstukkies en tamaties wat sy toe darem kon eet en selfgemaakte skyfies ingepak.  Gelukkig het sy so elke jaar een allergie ontgroei.

Elfi is Sub A (graad 1 ) toe en het begin tennis speel.  Sy het heel goed gevaar.    In daardie jaar het ons Uniondale toe getrek, waar daar maar 'n klein skooltjie was.  Dit was die beste ding wat ons vir Elfie kon doen. Sy moes uit haar dop kruip en aan alles deelneem, tennis, sokker en netbal, atletiek en op 'n stadium selfs krieket.  Sy was baie kwaad oor sy nooit die kans gekry het om rugby te kan speel nie, want sy was hul grootste ondersteuner.  Sy het op atletiek begin konsentreer en het in Graad 4 haar eerste medalje
in spiesgooi, by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe, 'n silwer  gekry. 


 Die hardkloopgedeelte van tweekamp in PE in haar SWD kleure

 Spiesgooi
 Amper klaar - Tweekamp SWD PE
Sy het ook diskus gegooi en het spesiale afrigting daarvoor gehad.  Die medaljes in die spiesgooi het egter al hoe meer geword en het sy besluit om op spiesgooi te konsentreer.

Sy het op daardie oomlik ook geswem en tweekamp gedoen en SWD kleure vir 3 sportsoorte behaal, nl atletiek, swem en tweekamp
 Spiesgooi

Aan die begin van haar st 6 (graad 8) jaar trek ons Walvisbaai toe.  Sy was baie ontsteld en wou nie hierheen kom nie, maar gelukkig toe sy hier is toe hou sy van die plek. Sy was slim en het goed op skool gevaar.  Sy het goed ook gevorder met haar spiesgooi en het aan die einde van graad 8 reeds Namibiese kleure vir Zone 6 gekry.  In 2008 was die die junior Commonwealth Games in Pune en sy is daarvoor gekies en het gaan deelneem.  Daar het ons al gesien haar kragte neem af en na verskeie dokters is agtergekom dat sy 'n glyende mantelvlies breuk het.  Dit was die einde van haar spiesgooi loopbaan. Ek se nog altyd dat dit Godsgenade is dat sy dit nie voor die tyd uitgevind het nie, anders het sy daardie ondervinding nooit gehad nie.
 Namibiese span na Commonweatlth games in Pune, Indiê, 2008



 Namibiese Zone 6 atletiekspan
 Dis hoe sy spiesgooi ( van onder geneem_)
 Elfi deel handtekeninge uit in Pune
Pune, Indië
Elfi is ook vroeg, op 5 jarige ouderdom met OCD gediagnoseer - Obsessiewe Kompulsiewe disfunksie.  Sy het baie swaar gekry daarmee, maar dit is ook wat gemaak het dat sy so vasberade aan 'n ding bly vasklou het as sy dit eers begin het.  Ek het ook vergeet om te se dat Elfi 'n baie ywerige tennisspeler was.  Die OCD is nog steeds daar en sy het geleer om daarmee saam te leef, al kom daar soms snaakse goed uit. Sy het op 'n staidium haar hande die hele tyd gewas en 'n 'ander keer haar hare die hele tyd geborsel.  So  het sy ook 'n tyd lank alles wat sy besit ingepak as ons iewers heen gegaan het.  Die gevolg van ons huis in Bloemfontein wat afgebrand het.  Dit was vir haar baie traumaties.  Haar obsessie is op die oomlik tropiese visse en spinnekoppe.  Mense met OCD se konsentraisespan is baie kort.  Elfi het dus na skool nie gaan verder studeer nie, maar liewer tuis gebly. Van Graad 10 af het sy tuisonderrig gedoen en dit het vir ons goed gewerk. Ons weet dat sy een of ander tyd haar vlerke sal moet sprei, maar eers werk dinge vir ons en vir haar goed uit.

 Met Joubert
 Die twee jonste sussies
 Die twee oudste sussies

 Saam met Hannie, 'n vriendin


 Saam met Tannie Thea
 Saam met ander boetie, Izak


 Elfi met Toon

Daagliks hou sy haar besig met haar visboerdery en smiddae help sy vir Kleinsus rondry na al haar aktiwiteite.  Sy kook ook elke aand vir ons.

Dit is dan die komplekse Elfi in 'n neutedop.

Groetnis
Theresa

















goe

Saturday, 2 August 2014

Hi almal

Hier is 'n kor-kort storie vir julle.



'n Bos rose in die middel van die snelweg  

Die vrou met die donkerbril op kom uitgestap uit die blommewinkel met 'n groot bos rooi rose in haar arms.  Om die bos  is 'n kaartjie vasgebind.    'n Oomblik lank staan sy doodstil asof in 'n trans met haar oë hemelwaarts gerig. Dit lyk kompleet of sy bid.
 Sy plaas die blomme liefderyk op die passasiersitplek van haar motor neer en loop om na die bestuurderskant toe. Sy haal haar sonbril af en sit dit in haar handsak, terwyl sy na die motorsleutels soek.  
Dan skielik is dit asof sy onthou wat sy wil doen.  Sy ruk die bestuurdersdeur oop en klim vinnig in die motor.  Sy sit die voertuig in rat en retireer uit die parkeerplek.  Met 'n gesuis van bande jaag sy oor die parkeerplek totdat sy in die straat kom.
Ek is op pad van Walvisbaai af Swakopmund toe en is kort agter haar by die parkeerterrein uit.  Deur die stadsverkeer bly ek agter haar tot ons om die sirkel moet afdraai Swakop toe.  Ek sien dat sy ook op pad is soontoe.  Sy ry 'n redelike spoed, net so dat ek nie nodig het om verby te gaan nie.  Met rukke is ek ver agter haar as daar lorries tussen ons kom. 
Ek het al byna van haar vergeet, toe sy skielik voor my op die pad doodstop sonder om 'n flikkerlig aan te sit, en na die linkerkant van die pad by 'n klein strandjie afdraai.  Aan  die linkerkant is die see nogal onstuimig en is die geraas van branders hoorbaar bo die gedreun van die motors. Regs troon die duine van die Namib bo ons uit.  See en sand net geskei deur die pad wat daardeur loop. Ek draai ook af - meer van skrik as van nuuskierigheid.  Ek bly in my motor sit en sien hoe die vrou uitklim, omloop en die bos blomme uit die motor lig.  Daarmee loop sy reguit na die middel van die teerpad en sit die bos blomme met die kaartjie knielend daar neer.  Sy bly 'n oomblik op haar knieë en ek kan sien dat sy huil.  Dan staan sy op en loop weer na haar motor waar sy lank koponderstebo bly sit, tot sy laterdie motor weer aansluit en stadig terug in Walvis se rigting begin ry.

Toe sy weg is, kry my nuuskierigheid die oorhand.  Ek klim uit en gaan inspekteer die blomme.  Op die kaartjie staan: "Aan my lieflingseuntjie met jou sesde verjaarsdag.  Jy is van ons weggeneem 'n jaar gelede toe jy hier onder die wiele van 'n aankomende motor beland het. Jy het sonder om te kyk oor die pad gehardkoop om op die duine te gaan speel".  Ek retireer saggies, want dit voel vir my asof ek heiligsgrond betree het...
In my motor op pad huis toe besef ek opnuut hoe kosbaar die lewe is en dat dit enige oomblik tot 'n einde kan kom.  Ons moet dus elke oomblik aangryp en voluit lewe.  Carpe diem!

479 woorde
Theresa Potgieter
Durbanville, Kaapstad
12 November 2012

Groetnis
Theresa
HalloJulle

Ek hoop almal is gelukkig met die weersomstandighede wat hul het. By ons is die Oosweer eers weer verby en is daar 'n kleine stekie koue in hierdie mooi wintersoggend . Vandag skryf ek oor Toon:

THE QUEEN OF THE POTGIETER HOUSEHOLD



Toon het 'n interessante geskiedenis.  Elfi  se lieflingshondjie, Zulanie, 'n 22 jarige miniatuurworsie is op 3 Februarie 2012 oorlede en sy was baie hartseer.  Ons het egter besluit om nie dadelik 'n nuwe hondjie te koop nie, want so 'n hondjie is nooit soos jy hom wil hê nie, want hy is maar net nie die een wat dood is nie.

So het Februarie omgegaan en Valentine's day het gekom en gegaan.  Die dag na Valentine's day daag die SPCA by my man met 'n hondjie met 'n rooi strik om die nek op..  Vol verskonings want die vorige dag was te besig.  Die hondjie is deur iemand aangekoop vir Elfi vir Valentine's day en die enigste voorwaarde is dat haar naam Toon moet wees.  Dis toe 'n Maltese Poedeltjie en sy lyk heel opreg, nie asof daar ander bloed by betrokke was nie.  Toe Theo met die hondjie by die huis kom was dit liefde met die eerste oogopslag.
Die twee was mal oor mekaar.  







Toe sy die hondjie na die veearts vat vir haar nodige inspuitings en histerektomie, het die veearts nogal die hondjie onthou en die interessante storie vertel.  Toon is gevind in die woestyn, ontwater en het skaars nog gelewe,  en sy kon nie meer loop nie want die velle onder haar voete was weggebrand deur die warm woestynsand. Daar was ook blase onder haar voete.

Nou vra ek jou wie gooi 'n hond in die woestyn weg?  Watter wrede manier om van 'n hond ontslae te raak

Toon het gou maats gemaak met die ander 2 honde en die4 katte en hulle leef in vrede saam.  Toon lê graag by Elfi onder 'n kombersie en sy is mal oor die honderokkies wat mens vir hulle kan koop.  Sy het al 'n groot versameling.  As Elfi nie tuis is nie, is haar lêplek bo-op my stoel se ruglening of onder my voete.

Toon is nou 'n gelukkige  en gesonde hondjie met 'n haredos wat skrik vir niks.  Elfie mag nie haar hare sny nie,dit laat sy nie toe nie want sy is bang daarvoor.  Dit sal seker so mettertyd oorgaan.  Sy moet egter soms vasgedruk word om die   hare om haar ogies te knip anders kan sy ooginfeksies kry.  Toon hou van speel en goed gaan haal wat vir haar gegooi word en sy is mal daaroor om in die tuin te speel.  Dan gooi sy sulke S'e van lekkerkry.  

Toon slaap natuurlik by Elfi, soos ons ander diere ook elkeen by hul base slaap, maar Toon slaap in Elfi se arms.

Ek dink dis 'n groot geluk  dat Toon by ons uitgekom het, ander mense sou ook goed vir haar geweet het, maar ek weet nie of sy so 'n soulmate soos Elfi sou kry nie.






Blessings
Theresa

Friday, 1 August 2014

Hallo almal

Vandag gaan ek weer van my gedigte plaas.  Hoop julle hou daarvan:



Momentopname

Ek loer na die wêred
deur jou groot, ronde oog.
Jy is 'n verlengstuk van myself
                                      my arm
                                      my sig (oë)
Beeldskoonmooi is jy
                  swart en
                      vaartbelyn

Saam is ons eersugtige strewe
om ten alle tye
onkreukbaar eerlik te wees.
Ons Nemesis* om alles
       nakend
         onverbloem
             onbedek
                 te weerspieël…

Jy is my sanctum*
waaragter ek wegkruip.
In ons sancta simplicitas*
    ons wêreldse holisme
    ons stiksienige eenvoud
skep ons soms 'n mirakelspel
van lig, kleur, emosies.

'n Boedel vol kiekies
om bewaar te word
vir 'n nageslag
wat nog hul première* moet doen...


Notas:
Nemesis - straf, geregtigheid
Sanctum - heilige plek
Sancta simplicitas - heilige onwetenheid, eenvoud, onskuld
Première - eerste vertoning





Die Hiernamaals

August 5, 2013 at 4:02pm
Die Hiernamaals

As ek perdalkies
eendag in die hemel kom,
en die liewe Vader
gee my een enkele wens,
sal ek vir 'n boekwinkel vra!
Dit sal nie sommer
'n hierjy ene wees nie!
O nee,
dit moet wees
min of meer soos
Exclusive books of Wordsworths.
Net baie, baie, baie grênder!

Ek sal vra vir sagte
leerbanke en stoele
EN
'n Lazy Boy..
net vir my...
Een van daais waar mens
net knoppies druk en
die stoel doen alles.
Dan kan ek heeldag
kaalvoet
óf in my sokkies
langbeen uitgestrek sit
met 'n boek in die hand,
óf ek kan stadig tussen die rye met duisende boeke dwaal en luier
hulle uit die rakke haal
                        aanraak
die tekstuur van die papier
die leer waarmee hul gebind is
in my hande voel
die reuk inadem
die mistiek van hul stories aanvoel
                                      beleef
                                      herleef

Die deure sal vir almal oop wees  
dié wat soos ek
lief is vir lees
Ook vir dié wat net prentjies wil kyk
óf sommer net wil gesels

Geen "Toegang voorbehou"-bordjie
sal iemand keer
om saam te kuier
in my hiernamaalse boekwinkel nie

Ontspanne sal ons
koppies koffie of tee in die hand
 heerlik kwetter en kuier...

En Liewe Jesus?
Hy sal ons met 'n glimlag
sag en liefderik
dophou
en dalkies soms wonder
wat hom besiel het
om ons hoegenaamd
deur die poorte te laat...


Theresa Potgieter
Walvisbaai

Dinsdag 22 Aug 2010




The Namib

August 24, 2013 at 5:45pm
The Namib:   The resurrection of a desert

The Namib may not be everybody's idea of Utopia,
but hundreds of creatures
call this desolated piece
of nothingness
home

For thousands of animals and insects
it is an incomparable beacon- 
Stretching flats and dunes of desert;
measuring hundreds and hundreds of kilometers... 

After months
of drought,
thirst and hunger,
storm clouds will suddenly
gather in the sky
and at the end of the day
as night starts to fall,
the rains start
to wash down in showers;
restoring life to the desert.

Like a tortoise emerging from its shell
plants and creatures emerge
to enjoy the God-given salvation  

A  fews days later
after months of monochrome landscaping,
the desert slyly,
at its edges,
reveals
patches of green....

A scorched earth reborn...
Dankie dat julle gelees het.
Tot volgende keer
Theresa


Waterberg

"In the wild beauty of the Waterberg Plateau lies the ultimate place for travellers, who seek peace an inspiration.  WABI.  With this renowned Waterberg Plateau as a backdrop, comprising of 8 bungalows with en-suite bathrooms and modenr anemities, find yourself incased by die abundace of wildlife that is resident in this pristige, privately own game reserve.  Free of malaria, over 30 different kinds of game spesies. including
Rhino, Hippos, Buffaloes, Zebra, Giraffe and different antlopes,print their trade in the vast Bushsavanna - a a Variety of over 230 birds can  be observed. There are also Gane Dirves in the park."

                                                                                    NamibiaTravel planner - Where tostay.na

'n Bietjie inligting  oor die Waterberg plateau park wat 'n belewenis is om te besoek. Die naturrskoon is asemrowend en daar is vir die snikhete dae dan ook 'n swembad waarin mens kan swem.  Daar is ook wonderskone staproetes wat mens kan volg. Een probleem is dat die bobbejane jou nie ontsien nie.  Hulle breek badkamervensters en deurslotte om in te kom en gooi dan alles rond en eet wat in jou yskas is.  Daar is 'n klein winkeltjie wat net die nodigtste aanhou.  Koop dus vleis en en ander benodigdheide by jou naaste dorp, Otjiwarongo.
Ons het 'n week daar gebly en dit was heeerlik en verfrissend.

Hier is 'n paar foto's van die park.



 Kyk die eensame boompie bo-op die rots