Monday, 1 December 2014

Hallo Almla

Ek het nie gisteraand geskryf nie, want ons het te laat van die Kerssangdiens by die huis gekom.

Mensig daar was baie mense.  Die Gemeenskapskerk, die grootste kerk op ons dorp, was 6 uur al volgepak.  Die diens sou 7 uur begin, maar toe ons half 7 daar kom, was net  nog 'n paar plekker in die moederskamer leeg.  Ons kon gelukkig nog genoeg sitplekke daar kry.

Die aand was 'n belewenis en Renate het in die orkes gespeel, maar van waar ek gesit het kon ek haar nie sien nie.  Die moederskamer het net 2 vensters en mens kan nie die linkerkant of regterkant van die verhoog daarvandaan sien nie en die orkes en begeleidster het heel links gesit.  Ek het darem haar fluit se klank herken, want sy was die enigste een wat met so 'n fluit gespeel het en ook sekere stukke.  Die atmosfeer in die kerk was asemrowend alhoewel ons in die moerderkamer die meeste daarvan gemis het.  4 Gemeentes was betrokke.  Volgende keer neem ek my sit plek al 5 uur in, om seker te maak ek het 'n plek.  Al moet ek daai 2 ure wag. Die diens is afgesluit met al die deelnemers op die verhoog met kerse wat brand en die gemeente ook.  Dit was 'n gepaste einde vir 'n wonderlike diens.

Vanoggend het ons nie veel gedoen nie.  Ek was ook ni lus nie, dit het gevoel of die slaap  my wou oorval.  Seker die gevolg  van gisteraan se laat aand.  Ek is nie gewoond om so laat te gaan slaap nie en dan nog boonop 7 uur wakker te word nie, sonder dat ek weer aan die slaap geraak het nie.  Vanmiddag voel ek net dof, maar darem wakker.  Ek het darem al gelees en saam met die kinders TV gekyk.

Elfi gaan seker netnou begin kos maak en dan is Theo amper hier.  Hy werk nie so laat vandat dit vakansie is nie.  Dis of die pasiente al op vakansie begin gaan het.  Maar hy kla nie, hy het die rus ook nodig.

Ek heg vir julle 'n paar foto's aan.

Groetnis
Theresa

 Hier laai ek foto's op die blog


Renate leer Rekeningkunde
Die items wat by die Weinachtsmarkte te koop was ne hoe die mense dit geniet het


Knuspelhauschen










Karin en Klara bo en onder 'n kantprofiel van Hannelore

Saturday, 29 November 2014

Hi

Vandag het ek nie veel om te se nie.  Ons was maar hier by die huis rond het nie nie eintlik iets gedoen nie.

Renate hulle het 'n 3 uur lange oefening vir hul orkessie gehad vanmiddag en ons ander het die  rugby gekyk.  Wat 'n uiterste verleentheid. Die Bokke het al hul kanse verspeel en daarom het Wallis gewen.  Mens moet darem toegee dat beide spanne baie goed verdedig het.  Renate-hulle se orkessie speel moreaand by ons Gemeenskapskerk as deel van 'n Kerskonsert.

Hier is foto's van gister se stemming.  By van die lokale was die rye 'n kilometer of langer en nie almal het die geleentheid gehad om te stem nie.  Die tyd het uitgeloop.





Groetnis
Theresa

Friday, 28 November 2014

Hallo Almal

En toe was dit stemdag en die mense het gaan stem.  By die munisipaliteit alleen was die tou meer as 'n kilometer lank.  Ek het foto's daarvan geneem wat ek more of so sal opsit.  Ons het gelukkig nie nodig gehad om te gaan stem nie, want ons is net op 'n werkspermit in die land en net gebore Namibiers kan stem.  Maar die dorp was vir 'n slag stil - doodstil.  Dit was soos 'n spookdorp met geen winkels oop nie.

Vanmiddag het ek, Hannelore en Klara Weinachtsmarkt, Duitse Kersmark, toe gegaan. Daar is allerhande stalletjies wat verskillende goed verkoop en mens kry nogal oulike kersgeskenke daar te koop.  Ek het al my vriende se Kersgeskenke vanmiddag gekoop.  Verder is daar lekker Duitse kos. soos Bratwurst en Aartappelslaai te koop en ons het lekker geeet ook.  Ek het tot vir Theo hulle gebel om vir hulle te kom haal, dan hoef ons nie vanaand te sukkel met kos nie.  Ons het ons ou vriende wat van Pretoria teruggekom het ook daar ontmoet en ons het ure om 'n tafel, saam met ander ou vriende, gekuier terwyl ons geeet en gedrink het.  Dit was baie lekker. Ons het baie langer gebly as wat ons wou en is later huis toe.  Toe ons gaan, toe sien ons die ander maak ook aanstaltes om huis toe te gaan.

Ek is vanaand baie moeg.  Dit was 'n uitputtende middag waartydens ek my beste Duits moes uithaal.

Julle moet lekker slaap
Theresa

Thursday, 27 November 2014

Goeiemiddag

Vanoggend was die weer lekker, maar hier teeen die middag het die sand weer 'n bietjie kom amok maak,  Maar dut was nie so doodwarm nie.

Elfie het vanoggend 8 uur 'n afspraak by die tandarts gehad waarna sy sou Spar toe gaan om inkopies vir die naweek te doen.  By die tandarts het die ontvangsdame haar heeltemal geignoreer en sy is eers twintig voor 11 in, waarin sy binne 2 min gehoor het hy sal 'n kwotasie uitwerk vir 'n brug en dit aan die mediese fons voorlĂȘ.  En sy het 'n uur en 'n halfafspraak by hom gehad.  Sulke goed maak my so kwaad.  Sy is daarna Spar toe en was so 12 uur terug by die huis.

Renate was ook besig vandag met die Junior Ciry Council.  Hulle het 'n groep agtergeblewe leerders lughawe toe gevat.  Daar het hulle die beheertoring besoek en die kinders is ook in die vliegtuig geneem en hulle kon na al die apparate wat die loods gebruik .  Hulle kon baie vrae vra en het ook.

Renate was so 1 uur by die huis.  Doodmoeg na die episode, want dit was gr4 kinders en elkeen het 'n groep gekry om op te pas.  Sy het dus die hele middag op die bank geslaap.  Elfi en ek het vanmiddag gelees - Sy die Huisgenoot en ek eers my boek en toe ook die Huisgenoot.

Theo het nounet van die werk af gekom.  Heelwat vroeer as gewoonlik.  Hulle was blykbaar vanmiddag nie so besig nie.

More is 'n staatsvakansiedag want dit is stemdag.  More sal die drop weer vol rye wees want stempunte is by baie plekke opgerig.  Ons gaan blykbaar ook e-stemming gebruik, maar ek is nie so seker dat dit vinniger sal gaan nie, want ek dink van die mense gaan nie verstaan wat aangaan nie.

Julle moet 'n lekker aand verder he
Rustig slaap
Theresa

Wednesday, 26 November 2014

Hi

Vandag was weer 'n lekker dag.  Ons het vreeslik laat gaan slaap gisteraand, toe le ek en die kinders lekker in vanoggend.   Toe ons uiteindelik wakker word, het ons ontbyt geeet en TV Series gekyk.  Ons volgende episode van Grays Anatomy kom eers weer Maandagaand.  Dus ons moes iets anders vind om te kyk.

Verder het my vriendin, Karin, die een wat in Pretoria was, by my kom koffie drink en vir my boeke wat sy klaar gelees het, gebring.  Sy het nou al vir my soveel boeke gebring dat ek genoeg het vir die hele Desember vakansie en dan het ek natuurlik nog die Kindle waarop daar ook omtrent 600 boeke op is.  Dus sal ek aan leesstof nie 'n tekort he nie

Ons groot kinders kom al amper.  Hulle behoort so teen die 22ste Desember hier te wees vir 3 weke.  Ek kan nie wag om hulle te sien nie.  Ons het hulle Februarie laas gesien en ek net vir 4 ure want ek was in ICU in Swakop se hospitaal, en hulle kon een keer op 'n dag vir 2 ure kom kuier.  Hulle was toe net vir die naweek hier.

Vanmiddag het ek gelees, Renate het met haar voeltjie gespeel en TV gekyk en Elfi het vir ons 'n lekker aandete voorberei.  Theo het glad nie te laat van die spreekkamer af gekom nie.  Vir 'n slag.

Nou gaan ek Binnelanders kyk en wat ook al daarna kom, voor ek gaan slaap

Groetnis tot more
Theresa

Tuesday, 25 November 2014

Hi

Ons het vandag 'n baie lekker en besige dag gehad.  Die weer was heerlik en dit het tot gemotreen vanoggend. Die res van die dag se weer het ook lekker gebly.

Vanoggend is ek en die kinders Probst toe om die vakansie en Renate se karate prestasies te vier.  Hulle het Toasted Ham, Cheese en Tomato broodjies met tjips geeet, terwyl ek 'n hamburger bestel het.  Ons wou dit gisteroggend al gedoen het, maar toe gaan werk Renate vrywilliglik by die skool om die laboratorium skoon te maak.

Ons was skaars terug van ons ekskursie af, toe bel Hannelore dat sy my kwart voor 2 kom oplaai vir tee.  Ek was natuurlik nog vol van die hamburger, en het toe net 'n stukkie Swartwoudkoek en 'n bottel water bestel.  Daarna het ons langs die lagoon gaan ry om te kyk of daar nog flaminke is, maar hulle is amper almal weg.  Net hier en daar is een te sien.  Ons het lekker gesels en dit was naby aan 5 uur toe sy my weer by die huis afgelaai het.

Renate was intuseen by 'n Junior City Council vergadering en sy was glo 4 uur terug vandaar af.

Nou gaan ek 'n bietjie lees, TV kyk, eet en dan slaap (nie noodwendig in daardie volgorde nie)

Mag ieder en elk van julle 'n lekker aan he

Groetnis
Theresa

Monday, 24 November 2014

Hi

Hier is die foto's van Renateseprysuitdeling






 Renate ontvang haar buin Belt


 Trofee wenners
 Renate - beste senior vir 20014



 trofeewenners
Renate met haar Sensei