Thursday 27 November 2014

Goeiemiddag

Vanoggend was die weer lekker, maar hier teeen die middag het die sand weer 'n bietjie kom amok maak,  Maar dut was nie so doodwarm nie.

Elfie het vanoggend 8 uur 'n afspraak by die tandarts gehad waarna sy sou Spar toe gaan om inkopies vir die naweek te doen.  By die tandarts het die ontvangsdame haar heeltemal geignoreer en sy is eers twintig voor 11 in, waarin sy binne 2 min gehoor het hy sal 'n kwotasie uitwerk vir 'n brug en dit aan die mediese fons voorlê.  En sy het 'n uur en 'n halfafspraak by hom gehad.  Sulke goed maak my so kwaad.  Sy is daarna Spar toe en was so 12 uur terug by die huis.

Renate was ook besig vandag met die Junior Ciry Council.  Hulle het 'n groep agtergeblewe leerders lughawe toe gevat.  Daar het hulle die beheertoring besoek en die kinders is ook in die vliegtuig geneem en hulle kon na al die apparate wat die loods gebruik .  Hulle kon baie vrae vra en het ook.

Renate was so 1 uur by die huis.  Doodmoeg na die episode, want dit was gr4 kinders en elkeen het 'n groep gekry om op te pas.  Sy het dus die hele middag op die bank geslaap.  Elfi en ek het vanmiddag gelees - Sy die Huisgenoot en ek eers my boek en toe ook die Huisgenoot.

Theo het nounet van die werk af gekom.  Heelwat vroeer as gewoonlik.  Hulle was blykbaar vanmiddag nie so besig nie.

More is 'n staatsvakansiedag want dit is stemdag.  More sal die drop weer vol rye wees want stempunte is by baie plekke opgerig.  Ons gaan blykbaar ook e-stemming gebruik, maar ek is nie so seker dat dit vinniger sal gaan nie, want ek dink van die mense gaan nie verstaan wat aangaan nie.

Julle moet 'n lekker aand verder he
Rustig slaap
Theresa

No comments:

Post a Comment