Monday 10 November 2014

Liewe Vriende

Die wind en sand waai al weer hier by ons. My tuinman het vanoggend die geute van die huis skoongemaak en dit was 'n aardige hoop sand wat hy daar uitgee het.Meeste mense hier in Walvis het nie eers geute by hulle huise nie - dis glo nie nodig nie,want dit reën nooit.  Wat natuurlik ook weer waar is, maar in ons 10 jaar hier het ons 2 keer groot reëns gehad en ons is maar bly oor die geute al verskaf hulle ekstra werk.

Renate het vanoggend Science geskryf en dit het glo goed gegaan. Ek is bly vir haar part.  Ek het vanoggend bietjie gedig en geskryf en op FB rondgespeel.  Elfi het kruidnierware gaan koop en ek het haar help uitpak.  Toe was dit al half 1 en tyd om Renate by die skool te gaan haal en kort daarna was Theo hier vir sy etensuur.

Vanmiddag het ek besluit om 'n boek van Dean Koontz, waaraan ek van die 1ste bladsy af nie aanklank gevind het nie,klaar te lees. Dit was 'n pyniging.  Die boek het my so min geintereseer dat ek al klaar die naam vergeet het.  Nou sal julle seker wonder hoekom ek hom aanhou lees het?  Dis net as ek 'n boek begin lees moet ek hom klaar lees.  Al neem dit my 'n jaar en 'n klomp ander boeke tussenin, maar klaar sal ek hom maak.  Vandag voel ek nogal bly dat ek dit met daardie boek reggekry het,  Nou kan heerlik voortlees aan boeke wat my interesseer.

Die res van die dag gaan ons seker nie veel doen nie.  Net rustig wees.  Behalwe Renate.  Sy leer al die hele middag en beplan reeds vir vanaand ook, aan haar Biologie wat hul Vrydag skryf

Geniet julle aand verder
Groetnis

Theresa

No comments:

Post a Comment