Saturday 1 November 2014

Hi

Ek is vandag weer vroeg met my blog, want naweekaande is die internet gewoonlik af.  Seker oor al die mense dan op die internet is.  Naweke hier by ons bly maar 'n probleem.  Op 'n Sondag gebeur dit ook.

Vandag was 'n lekker dag en ek en Elfi het toe by my vriendin, Jeaninie en haar ma gaan kuier.  Ons het tee en lekker appelkoek gekry en vreeslik lekker gesels oor alles en nog wat.  Nie een van ons het die tyd dopgehou nie, en ons het nog 'n slag tee gedrink.  Heelwat later kyk ek op my horlosie en sien dat dit al al amper half 4 is.  Ek dag ek skrik my in 'n ander bloedgroep in.  Ons het al kwart voor elf daar opgedaag en nooit opgelet wat die tyd is nie.  Toe ek aankondig dat die al half vier is kon die ander drie dit ook nie glo nie.  Maar ek besluit toe dis net die regte tyd om te ry.  Hoe sê die Engelse mense: Don't overstay your welcome.  Ons is praat-praat daar uit en het nog 'n hele ruk buite staan en gesels.

Toe ons by die huis kom was Theo natuurlik al lankal terug van die werk af en Renate kliphard aan die leeer met Wiskunde.  Elfi is gou Spar toe om 'n paar goed te gaan kry en troeteldierwinkel toe om vir Kai, Die Macaw, 'n speelding te koop.  Syne is al weer aan flardes en hang op genade aan die hok.

Theo is nou weer uitgeroep hospitaal toe en ek weet nie wanneer hy sal terug wees nie en Renate het weer gaan leer.

Jeaninie het vir my Tom Noakes se boek The real meal Revolution geleen en ek gaan sommer nou daaraan begin lees.  Ek wil ook weet van al die polemiek wat hierdie boek veroorsaak het.

Lekker middag vir julle verder

Groetnis

Theresa

No comments:

Post a Comment