Thursday 20 November 2014

Hallo Almal

Vandag was weer vreeslik warm, al het dit vanoggend vroeg gevoel of dit gaan afkoel.  Die weervoorspelling se darem ons sal more 19 grade wees en teen Saterdag 15 grade.  Ek hoop hulle is reg.  Die hitte begin ons nou onderkry.

Vandag kon ek weer nie in die tuin werk nie, want alles verlep ook wat jy plant in die hitte. Ek het maar weer vir Renate gehelp met haar Afrikaans wat sy more skryf en ons was teen so 11 uur klaar.  Toe het sy gerus en nou is sy by die karate vir haar gradering.  Sy is baie op haar senuwees, want weens die eksamen kon sy vir 3 weke nie die klasse gereeld bywoon nie, maar ek vertrou dat dit goed sal gaan.

Verder het ek gelees en voor die waaier gesit.  Niks opwindends nie.  Die middag was rustig met die 2 kinders wat gele en lees het ook.

Vanaand sal ons seker weer TV kyk en Theo sal werk aan ons Permanente verblyfregvorms.  Ons moet volgende week almal gaan vir X-strale en mediese ondersoeke.  Iets waarvoor ek min lus het, maar moet gedoen word vir die aansoek.  Ons wil juis so vinnig as moontlik die vorms inhandig, want die Raad vir permanente verblyfreg sit in Januarie of Februarie en omdat ons al 10 jaar in Namibie bly, behoort hul nie ons aansoek af te keur nie.

Julle moet 'n lekker aand he verder
Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment