Monday 17 November 2014

Hallo

Vandag het nogal 'n besige dag uitgedraai.

Ek moes vroegerig lughawe toe gaan om 'n vriendin van my af te haal.  Sy het van die Kaap af gevlieg, nadat sy met die MSC Opera op 'n vierdag reis was vanaf Durban tot in Kaapstad.  Dit klink hemels. Sy en 'n vriendin het dit saam gedoen. Ek wil dit ook nog eendag doen. Dit kan mos soos  tweede honeymoon wees.  Mens moet seker net oppas dat jy nie te oud raak voor jy dit doen nie, anders sal mens dit nie so baie geniet nie.  En dit moet vir 'n spesiale geleentheid wees soos 'n goue  of silwer bruilof wees.  Ons is nou al 33 jaar getroud, nou wonder ek wat noem mens die 35ste jaar.  Om vir 40 te wag is te lank vir my,

Toe ons by haar huis kom, het ons nog heerlik tee gedrink en gesels.  Sy is so opgewonde oor alles en sy se sy het elke oomlik van dit geniet.  Sy wou vir my iets wys en daar kry ons nie haar tas oop nie.  Sy het die sleutelslot se kombinasie vergeet.  Miskien onthou sy dit gou, maar anders sal sy maar die slot moet afsaag.  Ek vergeet ook so my kombinasies en pinnommers.  Nou maak ek hulle almal dieselfde.  My kaaarte het een nommer en alles op die internet het ook dieselfde naam en password. Want as ek dit nie neerskryf nie, weet ek, ek gaan dit nie onthou nie.

Renate het darem vandag gese dat sy nie te sleg Accounting geskryf het  nie.  Alles wat moes ballanseer het.  Ek is nou bly dis agter die rug.  Nou bly net Afrikaanse Taalleer oor vir Vrydag. Maar dis 'n hengse hoop werk om te leer en vir 'n kind wat in Engels skoolgaan en meestal Engelse maats het, is dit nogal moeillik.  Sy praat amper net Afrikaans by die huis.  Maar ons sal hierdeur ook kom.

Vanoggend was dit 'n mooi dag, maar toe ek van Hannelore se huis af terugry na ons huis toe, toe waai die sand weer van die duine se kant af.  Ai, ek wens dit wil nou ophou, want ek wil plant en solank die wind waai,  is dit nie die moeite werd nie.

Julle moet 'n lekker aand he

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment