Monday 3 November 2014


Liewe Vriende

Ek het gisternag weer nie 'n oog toegemaak nie.  Ek dink ek het my dag en nag omgeruil of dis die pille wat ek vir die Bi-polar disorder drink/  Ek hoop dat ek vanaand darem sal kan slaap want 2 nagte aanmekaar gaan nie vir my werk nie.

Renate het lekker wiskunde geskryf en more is dit Afrikaanse Leesbegrippe, opsommings,briewe, berigte en artikels.  Ek hoop sy skryf lekker want sy is nie so erg oor die tale nie. Haar juffrou het darem vanoggend vir haar gesê dat haar opstel die beste in die graad was.  Dis 'n groot ligpunt, want as sy more bietjie opmors het sy nog taalleer oor en daarmee is sy goed.

Ek gaan julle nie lank ophou vanaand nie.  Ek heg vir julle foto's van die Christuskirche in Windhoek op.
Dis 'n belewenis om dit te besoek.

Groetnis
Theresa













1 comment:

  1. Pragtige fotos. Dankie Jy. Ek hoop jy slaap lekker vanaand. Probeer warm melk met heuning drink voor jy gaan slaap en seg psalm 23 so uit jou kop 'n paar keer..jy sal sien...woeps waps en jy is in droomland!

    ReplyDelete