Sunday 16 November 2014

Hallo liewe Vriende

Vandag was 'n stil, rustige dag hier by ons.  Theo het so 'n bietjie op sy rekenaar gewerk, Elfi het tydskrifte gelees, Renate het Rekeningkunde gedoen want sy skryf dit more en ek het gelees.  Gelukkig is daar minder as 'n week oor voor die vakansie begin.  Vrydag skryf Renate haar laaste vak.

Tot die honde en ander diere was rustig. Miskien omdat vandag nie so warm soos gewoonlik is nie.
Die weer hier vandag was draaglik al het ons die lugversorgers aangesit, kon ons dit bietjie afstel.

Die boek wat ek nou lees is ZOO van James Patterson.  Dit het nie vir my lekker begin nie en ek het nogal daaraan gedink om op te hou lees daaraan, maar ek glo mos daarin om die boek klaar te lees as ek eers begin het.  Ek het toe maar aangehou en na die eerste paar hoofstukke het die boek spannend geraak.  Ek trek nou al by Hoofstuk 74 (ek wonder hoeveel is daar)  Ek kan nie kyk nie want die boek is op my Kindle en gee nie bladsynommers of so iets aan nie.

Vandag het ek nie veel nuus nie, behalwe dat ek bly is dat die Bokke gister teen Engeland gewen het, al het die skeidsregter 'n paar glipse teen die Springbokke gemaak.

Julle moet 'n lekker middag verder he en geniet die aand

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment