Saturday 22 November 2014

Hallo vriende

Ek het gister nie geskryf nie, want daar was nie veel om te vertel nie, behalwe dat die skool gesluit het vir 'n lekker lang vakansie en dat almal in ons huis bly is dis vakansie.  Die hele huis het in vakansie-mode verander

Renate het met haar voeltjie gespeel, diie TV kon harder gestel  word en die kinders het reeds soos wolwe begin eet.  Ek moet se, die vakansie kon nie later begin het nie, dan was ons almal nou mal.  Renate is klaar baie meer ontspanne.  Sy het nog net 'n musiekkonsert oor vir die kerk waarby sy blokfluit moet speel en sy moet daardie stukke oefen.  Maar sy is redelik goed met die blokfluit, dus neem dit haar nie einltik lank om hulle te ken nie.  Moreaand het hulle hul eerste oefening van almal saam.

Vandag het ons ook nie veel gedoen nie.  Theo en Elfi was winkel toe om 'n paar goed vir die naweek te kry en toe hulle terugkom het hulle net voor die TV onspan.  Renate ook.  Ek het gelees en so nou en dan TV gekyk.  Ek lees nou 'n regte boek en nie met die Kindle nie, en ek moet se ek het so gewoond geraak aan die kindle dat ek sukkel om die boek met gewone daglig te lees.  Ek moet die lig in die vertrek aansit om te kan lees, waar ek met die Kindle dit nie hoef te doen nie, want sy leesoppervlakte is reeds verlig.

Ons het vanmiddag se rugby, Die Springbokke teen Italie gekyk, en was nie besonder beindruk nie.  Ek het gedink die Bokke sou baie beter speel as wat hulle het.  Italie was net ongelukkig dat hulle nie ook doele gekry het nie.

Nou gaan ek saam met die familie TV kyk.  Ons het klaar geeet. Eiers en brood met wors. Niemand was lus vir iets anders in hierdie hitte nie.  Dit was toe nie die 15 grade wat hul voorspel het nie.

Julle moet 'n lekker aand he

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment