Hallo liewe vriende
Dit lyk asof ek darem nou aan die gesond word is. Vandat ek laas met julle gesels het, het ek 2 bloedklonte deur my longe gehad. Die gevolg is dat ek nou Warfarin moet drink wat die klonte wat nog in die are is, oplos en ook die bloed dun maak. Vir my maak dit ook duiselig en ek slaan sommer op enige plek flou neer. En waar ek voorheen nooit koud gekry het nie, is ek nou so koulik dat ek byna gedurig met 'n trui of baadjie sit.
So staan ek een aand met bakke oorskietkos in die waskamer voor die yskas om dit daar te bêre. Ek het net die deur oopgemaak toe ek voel my kop begin draai. Voor ek kon vasgryp aan iets om my staande te hou, slaan ek reg op my regterskouer en sy op die teelvloer neer. Dit was onuithoudbaar seer en ek het gedink ek het iets gebreek. My skouer of my arm. Gelukkig is daar toe niks gebreek nie, maar toe sit ek met daardie pyn in my skouer en arm. Ek het gehuil van pyn so groot as wat ek is. Agv van die Warfarin mag ek geen spierverslappers of pynpille van enige aard drink nie en die arm mag ook nie gips of 'n stywe verband omkry nie. Ek het 'n sling gekry wat nie eintlik veel gehelp het vir die pyn nie. Ek het letterlik 'n week doodstil gesit en so min as moontlik beweeg om die pyn te verminder en letterlik aanmekaar gehuil van die pyn. Mens kan dit aan niemand beskryf nie. Na so 3 weke het die pyn draagliker geword en was dit nie meer so onuithoudbaar as ek beweeg nie. Dit is nou al amper 10 weke of meer, ek is ook nie eintlik seker nie, maar my skouer is nog steeds seer as ek beweeg of iets swaars optel. Tik is ook moeilik want ek moet my arm oplig. Die pyn gaan tot in my hande en vingers. Dit is die bicepspier wat so seer gekry het, maar die nagevolge is erg. Ek tik nog meeste van die tyd met my linkerhand en hier en daar 'n woord met my regterhand. Maar hy word te gou seer en lam. Ek kan darem al redelik met die muis op 'n plat oppervlak werk sonder dat dit te seer word. Nou edit ek maar al my ou foto's. Wou dit al lankal doen, maar dis 'n tydsame werk en nou het ek die tyd.
Renate-hulle se prefekondervraging en toesprake is hierdie week. Ek weet nie wanneer die verkiesing is nie, want die eksamen begin al oor 'n week. Ek verstaan nie hierdie skool se eksamenskrywery so in die middel van 'n termyn nie, want daar is amper 'n maand nog skool na die eksamen verby is. Ek is gewoond aan eksamen skryf aan die einde van 'n kwartaal of termyn. En hier gaan die sportoefeninge dwarsdeur die eksamen aan en selfs ligawedstryde word tydens die eksamen gespeel. In my tyd het alle sport voor die eksamen gestop en daar was nie sprake van wedstryde teen ander skole of tussen swkoolspanne nie. Hou maar styf duim vas vir Renate vir hierdie eksamen asseblief. Sy wil graag haar goeie punte van verlede termyn verbeter
Dit was die 2de Julie ons 32ste huweliksherdenking. As mens daaraan dink is dit al 'n leeftyd lank en het ons 'n hele paar sakke sout in dié tyd opgeeet. But still going strong. Ons hoop vir nog 32 jaar. Ek het vir Theo 'n koffietafekboek oor die soogdiere van Suider-Afrika en hul beskrywings persent gegee en hy het vir my Photoshop Elements 13 bestel, maar dit het ongelukkig nie betyds gekom nie. Nou het ek darem iets om na uit te sien hierdie week, want dit sal seker darem nie langer as 'n week vat om hier uit te kom nie. Ek edit nou maar stadig aan die ou foto's want ek wag vir die nuwe program Ek werk nog al die jare met Photoshop Elements 2 en gebruik Picasa saam met dit om reguit te maak en rooi oe uit te haal. Picasa doen dit vinnig en pynloos terwyl dit met Photoshop 'n hele operasie is en dit kom nie altyd so goed uit nie. Moet sê dis vir my lekker om my foto's te edit en 'n lekker stokperdjie. Die flaminke kom ook nou weer stadig terug en een van die dae kan ek weer by die lagoon gaan sit en foto's van hulle neem. Ek kamp partykeer sommer 'n hele oggend daar uit met my 600mm lens en driepoot en kry soms die mooiste foto's.
My arm raak nou seer van die getikkery en gaan ek julle eers weer groet.
Tot ons weer gesels, lekker bly
Groete
Theresa
Sunday, 5 July 2015
Sunday, 17 May 2015
hi
verskoon asb die gebrek aan hoofletters en spelfoute. Ek het geval en my regterskouer in sy kanon in geval. Die senings is geskeur en gerek en dit is vreeslik pynlik. As ek my arm beweeg, skiet daar 'n steekpyn van my skouer af tot in my vingerpunte. vrekseer. Ek het voor die yskas gestaan om iets terug daarin te sit, toe ek flou word en reg op my regterkant val. dit is vandag al 3 weke en ek kan geen veranderingvoel nie, ek dra 'n sling waarin my arm leen met elkebeweging voek ek hom, veral hier bolangs by die bo-armspiere en my skouer. die dokters se dit kan tot 8 weke vat om te herstel - nie gesond wees nie, maar so dat ek die arm makliker kan beweeg. Sal seker sodra ek my arm weer vryelik kan beweeg, moet gaan vir fisio. ek mag agv die bloedverdunningspille wat ek vir die bloedklonte trek nie gips kry nie, ook nie 'n verband wat styf sit nie en geen pynpille, spierverslappers of salwe nie. maar nou het ek klaar gekla
Renate hulle gaan hierdie week die Visrivier canyon stap en sy het nou net haar rugsak klaar gepak. ek het nie besef daar is so baie beplanning daarby betrokke nie. hul werk 'n spyskaart uit vir elke ete en die klere moet lig wees. omdat daar so baie rotse en hierdie jaar water in die rivier is, het hulle ook 'n hikingstok nodig, dit vou klein op soos 'n kaneradriepoot. dis om hul balans te behou en om die diepte van die water te toets. hulle vertyrek moreoggend metdie bus Hobas toe van waar hulle dan Dinsdag gaan afdaal na die rivier. Dit is nogal moeilik en neem so 3 na 4 ure, dan stap hulle nog 'n ent voor hulle kamp opslaan So 7 km. Die volgende 2 dae stap hul elke dag 25 km ev Vrydag is hulle 12 uur die middag by Ai-Ais waar hulle weer lekker kan stort en 'n ordentlike bord kos eet. Renate is baie klein gebou enons is bang die rugsak is dalk te swaar gepak. maar hulle gaan met 'n skoolgroep en die leier is 'n onderwyser wat dit al 20 keer gestap het. hy het belowe om hul rugsakke deur te gaan enreg te pak en ook uit te gooi watEk hoop net nie sy kty te veel blase op haar voete nie. dis pynlik en moet elke dag verbind word. die grootste deel van haar noodhulpkassie bestaan uit pleisters en medikasie vir blase.
Die skoolvakansie eindig vandag en van more af is die kinders weer in die tuig en begin al die buitemuurse bedrywighede ook weer. Dit gaan 'n besige kwartaal wees, met amper elke naweek hokkie. renate gaan juis die week na die Visrivier WINDHOEK TOE VIR 'n groot hokkietoernooi. Ek hoop dat haar voete teen daardie tyd al weer gesond en blaasvry sal wees, sodat hulle lekker kan speel.
my arm is nou moeg getik so met die een vinger saam. ek gaan dus eers groet. Ek skryf weer so gou as wat ek irys het om te vertel
Groete tot ons weer gesels
Hopelik sal dit al beter gaan met die getikkery en kan ek my ander hand oook al weer gebrtuikal is dit net om tehelp tik

Monday, 4 May 2015
Af Arm
Hallo liewe vrirde
Ek was al weer "af siek", Hierdie keer het ek flou geword en op my regterarm geval. Die arm het van bo van my skouer af seergekry tot in my hande, Die sening in my skouer is geskeur of gerek af tot in my elmboog, waar ook iets fout is. Dit voel die hele tyd of iets girts-girts maak. Die deel van die arm onder die elmboog gee sulke steekpyne tot in my gewrigte. En my hande is ook seer. Ek was nie vir x-strale nie, want Theo se daar is g'n nut in nie, Al is die skouer en elmboog gebreek of gekraak, kan daar niks aan gedoen word nie. Dit is die gevolg van die bloedverdunningspille, die Warfarin. Die sening bloei binne in agv die dun bloed en as daar 'n breuk is of iets is uit potjie, moet ek geopereer wod, en met die Warfarin, wat my bloed dun maak, sal ek my tydens 'n operasie dood bloei. Daar is wel stollings medikasie wat ek vir 'n week of 2 kan vooraf gebruik, maar dan sit ons weer van voor af met die klonte en die dikte van die bloed is nou eers, verlede week weer laat toets, vir die eerste keer vandat ek siek geword het, net reg. Nou is my arm in een van daai blou slingers en hel-uit seer, maar daar is geen ander heenkome nie vir 7 tot 8 weke nie. Ek kry pynpille maar mag ook nie anti-inflannatoriese middels gebruik nie, Dit is glo ook nie goed saam met die bloedverdunningspille nie. Ek moet my dus so stil as moontlik gedra en die pyn verduur en mag uit en aantrek as ek bad en in die sling my arm gebruik as ek eet. Ek sit-le in my gemakstoel voor die tv met my laptop op my bors en maag gebalanseer en met die linkerhand tik ek lettertjie vir lettertjie nou aan die blok. Ek is seker al 'n driekwartuur besig,Namibiese All Tean Karatespan gekies wat plaasvind sodra ons skole weer hier begin, die 17de Mei. Dit vind in Johannesburg plaas en hul oefen elke aand 2 weke in Swakop, so 30 km ver, Daar is 3 kinders van Walvis en ons neem elke 3 dae beurte om te ry.
My hand is nou lam getik en daarom gaan ek nou koebaai se. Ek wil nog van die Visrivier stap vertel, maar sal more. Die groot dilemma is dat Renate moet kies, want dit en die karate oorvleuel. O ja, ek sien hier is nie regtig plek vir julle om kommentaar te lewer of terug te skryf nie. Hier is my e-pos as jy dalk graag sou wou: theresa@afol.com.na Skryf gerus vir my ook. Ek sal dit baie waardeer as ek van julle ook ietsie kan hoor
Lekker dag verder
Groete
Theresa
theresa@afol.com.na

Thursday, 16 April 2015
Liewe Vriende
Ons het 'n baie besige paar weke agter die rug.
Eers het ons heerlik langnaweek gehou - van Goeie Vrydag tot Paasmaandag. Ons as gesin, het die tyd gebruik om saam in die duine te gaan ry en weer 'n slag te soek en te kyk na al die klein diertjies in die woestyn. Mens het permitte nodig om daar te ry, maar ons was verstom om toergroepe met honderde toeriste raak te loop waar die toeriste die ekosisteem van die woestyn verniel. Hulle het selfs van die duine uitgeklim, al is daar spesifieke areas gemerk waar mens wel kan duine klim. Dit lyk vir my asof die toeriste nie omgee hoeveel hulle van die land kan vernietig nie. Wat my verstand te bowe gaan is dat die toerleiers almal Namibiërs is. Kan hulle dan nie die mense beter inlig en keer as hul wil uitklim op plekke waar dit verbode is nie. Ons het Saterdag en Sondag vir 'n slag weer die omgewing verken deur die hele Duinegordel van Walvisbaai af tot in Swakopmund en terug Walvis toe te ry. Vrydag en Maandag was ons maar net rustig en het gerus.
Verlede Dinsdag, na die langnaweek, het ons skool, Walvisbaai Privaat Hoerskool, 'n Woestynfees aangebied. Die 1ste spanne van Hokkie en al die ander rugbyspanne en netbalspanne was betrokke. Daar is omtrent gesport dwarsdeur tot Saterdagmiddag. Ons 1ste Hokkie Dogtersspan het 2 wedstryde gewen en 2 gelykop gespeel. Een van dié waar hulle gelykop gespeel het, was nogal 'n Suid-Afrikaanse skool, Alberton Hoërskool. Ons het goed vergelyk met hulle en die wedstryd het met 1 elk geëindig. Die ander drie wedstryde wat hul gespeel het was teen plaaslike spanne van hier en Swakopmund. Een was gelykop en die ander twee 4-0 en 11-0. Dit was ook die eerste keer die seisoen dat die dogters kans gekry het om as 'n span saam te speel. Die seunshokkie het ook goed gevaar.
Hier was verskeie skole uit die Republiek wat teen Namibiese skole kom rugby en netbal speel het. Met party het dit goed gegaan en met ander minder goed. Maar alles gesien, dink ek nie ons Namibiërs hoef ver terug te staan vir die Suid-Afrikaanse skole nie. Nie in netbal nie en ook nie by die rugby nie. Saterdagmiddag toe alles afsluit, was almal vodde. Die kinders wat deelgeneem het, die toeskouers en al die ouers wat by die verskillende stalletjies en kosstalletjies moes werk. Daarna dink ek nie het enige iemand veel gedoen, behalwe om die rugby op TV te kyk en 'n vleisie te braai nie, en ek het al voor dit aan die slaap geraak. Ek het natuurlik weeroorboord gegaan met foto's neem en het die hele week daaraan gewerk en edit.
Hierdie week het die kinders hul eksamenvraestelle begin terugkry en daardeur gewerk. Ons weet nog nie wanneer die rapporte beskikbaar sal wees nie. Die skool sluit more om 10 uur. Dalk kry hulle dit dan. Ons is nogal nuuskierig oor Renate se rapportpunt, want dit klink of dit baie goed gegaan het. Sy het bv vir haar 1ste Biologie Hoër vraestel 100% gekry. Die onderwyser het glo gesê dat toe hy aan die einde van die vraestel kom, hy moes teruggaan om 'n fout of foute te gaan soek. Hy kon egter niks kry nie. Hy was verstom dat die kind vir 'n Hoër vraestel volpunte kry, want dit gebeur nie maklik nie. In sy 28 jaar van skoolhou was dit die eerste keer wat dit gebeur. Saam met haar kwartaalpunt van 100% en die prakties en 2de vraestel waar sy saam 6 punte verloor het, is haar Rapportpunt nou 98%. Vir Science Hoër is haar rapportpunt 92%. Sy het ook in Afrikaans en Engels, albei eerste taal Hoër opgekom, maar daardie punte, sowel as die Wiskunde en Accounting het sy nog nie die totale punt nie. Ons voel baie trots.
Ek gaan nou eers weer groet tot 'n volgende keer
Mooi bly

Tuesday, 31 March 2015
Hallo julle almal
Die afgelope naweek was 'n besige paar dae vir ons.
Saterdagoggend het ons al dou voor dag (5 uur) opgestaan om vir Renate Karate toe te vat in Swakopmund. Dis eintlik nie so ver nie, 35 km, maar mens moet altyd die digte mis op die pad in gedagte hou. Dit neem in die mis tot 'n uur of langer om die afstand te ry. As dit mooi weer is, net 'n halfuur. Maar jy kan nooit vooraf voorspel nie. Die weer was toe mooi en ons was lank voor half 8 daar. Gelukkig kon ons toe darem heel voor sitplekke kry in die nuwe sportkompleks. Dit het goed gegaan met haar. Dit was die Swakopmund Shotokan Open Champioenships. Sy het die goue medalje gewen in die kumute afdeling en brons by die Kata. Ons het seker so 1 uur daar weggekom en het toe gaan pizzas koop om te eet. Teen half 3 was ons by die huis en het ons maar net rondgesit, behalwe Renate wat nog vir eksamen moes leer en ek wat my 666 foto's wou aflaai op die rekenaar en hulle edit. Sjoe, dit was harde werk en ek was eers Sondagaand klaar en kon ek dit op facebook pos
Saterdagnag het ons bietjie reen gehad waaroor ek baie bly was. Toe hoef ons nie die grote tuin Maandag nat maak nie. Sal dit maar weer more moet doen.
Sondag het lekker rustig aangebreek. Ons was die heel dag rustig hier by die huis rond en Theo en Elfi het met hulle Macaws gespeel en gesels. Theo is ook nie eenkeer deur 'n siek pasient uitgeroep nie. Vyf uur kry hy toe 'n oproep van ons Sekuriteitsmaatskappy. Daar is by sy spreekkamer ingebreek. Hulle haal elke keer die venster uit sy spreekkamertjie se raam omdat dit agter is. Dit is die 4de keer wat dit die jaar gebeur. Nog nooit voorheen is iets gesteel nie. Hulle soek laptops en kameras en sulke goed wat hul weer maklik kan verkwansel. Die keer egter het hulle die plek omtrent leeggedra. Die 3 desktop rekenaars is weg, 'n digitale fotoraam, calculaters en allerhande ander goed. Dit moes al Saterdagnag na die reen gebeur het, want oral was modderspore en die merke van 'n voertuig in die modder buite die venster wat hul uitgehaal het en netjies teen 'n muur staangemaak is. Die alarm was aan, maar die sekuriteitsmaatskappy se hul het geen sein ontvang dat die alarm afgegaan het nie. Ons vermoed dis 'n inside job, want dit lyk of die inbreker presies geweet het waar al die ogies is. Die hospitaalwag wat rondtes doen, het die uit venster gesien en die sekuriteit gebel Sondagmiddag. Theo moes lank daar wag vir sekuriteit en die polisie om op te daag en ook om vas te stel wat alles weg is. Mens kom mos altyd na die tyd agter wat nog weg is. Gelukkig het ons darem versekering, maar ek is bang hulle begin weier om uit te betaal omdat dit so gereeld gebeur.Theo moes toe nog 'n nagwag ook huur om die oop spreekkamer deur die nag op te pas.
Gister het hulle darem die venster kom terugsit en het ons kwotasies vir die gesteelde goed begin aanvra. Ons moet ook 'n kwotasie kry vir die Mediese program waarop die hele stelsel, rekeninge en pasient inligting, loop en dis nogal 'n duur storie So om en by N$20 000 en dalk nog meer, want die ouens wat dit moet kom instaleer en die netwerke weer opstel, vra ook 'n aardige bedraggie. Ons sukkel egter so om kwotasies in die hande te kry. Dit lyk asof niemand hier iets wil verkoop en geld maak nie. En dis van die uiterste belang dat ons die rekenaars en program so vinnig as moontlik weer aan die gang kry. Dalk as Theo vanaand by die huis kom, het hy al beter nuus.
Renate hou more op met eksamen skryf. Nogal is Wiskunde haar laaaste vak. Gister het sy Engels geskryf. Vandag sit sy al amper sonder ophou voor die boeke om seker te maak sy gaan deur al die Wiskunde. Gelukkig is Wiskunde haar beste vak en kry sy gewoonlik volpunte daarvoor. Ek sal tog bly wees as die eksamen verby is, want dit was 'n besige tyd. Die eksamen het in die middel van die 1ste termyn geval en het alle buitemuurse aktiwiteite soos normaal voortgegaan. Dit was nie vir my reg nie. Hulle het selfs 'n groot sporttoernooi in die middel van die eksamen in Windhoek gehad waarvoor hulle 5 dae weg was. 5 dae waarin daar nie studeer kon word nie. Toe reen dit boonop en Renate wat vir die 1ste span hokkie daar was en 10 wedstryde moes speel. AGV die reen het die hokkiebaan verspoel en kon hulle net die eerste dag se 2 wedstryde speel. Sy kon liewer by die huis gebly het en geleer het. Daar is ook aan hulle studietyd daar belowe, wat natuurlik nie gerealiseer het nie. Sy moes dus dubbeld so hard werk toe sy teruggekom het.
Theo het nou net tuis gekom en Elfi is besig met aandete. Ek gaan julle dus eers groet.
Ons praat gou weer

Friday, 27 March 2015
Hi liewe Vriende
Vandag was maar stillerig, net met die gewone huiswerk wat gedoen moes word. Vreeslik eentonig. Ek het darem 'n paar foto's van juwele geneem om te oefen vir 'n photoshoot wat ek volgende week vir 'n vriendin moet doen, wat nuwe juwele vir haar winkel ingekry het. Ek het dit sommer klaar geredigeer ook. EK het nou 'n baie beter idee van watter stellings en lense ek moet gebruik. Die makrolens werk die beste. Ek het ook nie slegte resultate met my 300mm lens gekry nie.
Ek en Renate het hierdie jaar albei vir die ATKV pluimpies ingeskryf en wonder bo wonder kry ons verlede week briewe dat ons al2 toekennings ontvang op Donderdag, 26 Maart. Dit was egter nie vir ons moontlik om dit by te woon nie, want Renate het vandag Biologie geskryf. Nogal 'n lywige vak en baie moeilike werk. Maar,se die reels, as jy nie daar is om jou prys te ontvang nie, verbeur jy dit en staan dit oor tot die volgende jaar. Tensy jy egter iemand nomineer om dit namens jou in ontvangs kan neem. Ons het nogal gesukkel om iemand te kry om die gala-aand by te woon, maar gelukkig het ek hierdie wakker vriendin wat 'n neef het wat in Windhoek bly en wie se vrou ook 'n toekenning ontvang. Sy het dit sommer gou-gou met hulle gereel om ook ons toekennings te ontvang. Dis ook uitgesaai op die NBC se Afrikaanse Radiostasie en ons het bankvas voor die radio gesit en luister. Ek het dit ook opgeneem. Ons het elkeen 'n deelnemerssertfikaat ontvang, wat ek nie dink te sleg is vir 'n eerste poging nie en as mens in gedagte hou dat Renate maar in gr 11 is en teen volwassenes moes deelneem. Ook nie almal wat deelneem kry so 'n sertifikaat nie. Ons is dus redelik in ons skik.
More is dit die Shotokan Kus Karate Kampioenskappe in Swakop en ons moet al half 8 daar wees. Dit beteken ons moet al half 6 opstaan as ons wil speling laat vir die mis wat dalk ons rit kan vertraag. In goeie weer ry mens net 'n halfuur, maar soggens is die mis so dik dat dit jou soms 'n uur of langer neem om die skamele 35km af te le.. Ek vertrou dat sy goed sal doen. Sy het 'n bruin gordel, maar neem in die Swart gordel afdeling deel. Al wen sy ook niks, is die ondervinding alleen al die moeite werd. Sy val net-net in die senior kategorie en dis waarom dit gebeur. Hulle gaan slegs volgens ouderdom en gewig, en die meeste kinders het teen daardie tyd al swart gordels. Sy het vir 2 jaar opgehou met karate. Dis hoekom sy nou bietjie agter is. Sy het egter in 1 jaar gevorder van blou na bruin en het ook by die World Cup in Italie verlede jaar 2 silwer medaljes gekry.
Ek moet nou amper vir Renate gaan haal by die skool waar hul Biologie prakties geskryf het vanmiddag. Ek groet dus tot more.
Lekker middag en aand vir julle
Theresa
+

Thursday, 26 March 2015
Hallo Almal
Ek was vir 'n lang ruk weg weens siekte, maar dit gaan deesdae met my soveel beter dat ek weer kans sien om met die blog aan te gaan.
Febuarie , 'n jaar gelede het ek skielik vreeslik siek geword. Ek is in die hospitaal in Swakop opgeneem onder 'n internis, wat elke 3 maande vir 'n week daar kom werk. Die diagnose was uiteindelik 'n erge superkiem wat ek in my niere opgedoen het, en wat met ekstra sterk antibiotika behandel moes word. Ek is eers in ICU opgeneem vir 3 dae want ek was bewusteloos. Daarna vir 3 dae in High care waarna ek toe na 'n gewone skaal geskuif is, waar ek nog 10 dae moes bly, terwyl die antibiotika per drup voltyds aan my toegedien is. Ek was daarna so swak, ek moes van voor af met behulp van 'n fisioterapeut begin loop en kon nog steeds nie verder as omtrent 10 tree stap sonder om om te val toe ek ontslaan is nie. Ek moes by die huis verder kom oefen en herstel.Verder het ek ander funksies verloor, soos bv my hand-oog-koordinasie. Ek kon glad nie skryf nie, nie eers my handtekening nie, en toe ek weer wou begin klavierspeel waarvoor ek baie lief is, kon ek dit ook nie meer doen nie. Die gebrek aan hand-oog-koordinasie het natuurlik ook gesorg dat ek nie weer so goed kon stap nie. Ek wou gedurig omval, want my balans was ook aangetas. So het die stappery darem al hoe beter geraak en kon ek darem al stap sonder om elke paar tree te wil omval. Dit het ook my vrtmoe om te bestuur aangetas, en het ek 'n paar maal by parkeerplekke in ander motors vasgery.
So het 'n jaar verby gegaan, sonder dat ek ooit kon se dat ek honderd persent gevoel het. Ek was kort-kort siekerig, al was dit net 'n verkoue of maagaandoening en dan die alewige nierpypontstekings waarvoor geen antibiotika later meer gewerk het nie. Al het ons elke keer laat toets watter kiem dit dis wat my niere aanval. Dit is so dat as jy te lank en veel antibiotika drink, dat geeneen meer werk nie. Ek dink dis wat my gebeur het.
Febrarie hierdie jaar raak ek waaragtig weer siek. Hierdie keer eers met nierontsteking en daarna heeltemal iets anders. Ek kry onhuidhoudbare borskaspyne, maar die EKG wys geen hartprobleme of hartaanvalle nie. Maar die pyn raak al erger. Dis sulke skietpyne wat voel of dit reg deur jou hart gaan. Ek le by by die huis met 'n drip en kateder in, maar na 2 dae besluit my man dis weer tyd om hospitaal toe te gaan. Gelukkig is 'n ander internis by Swakop se hospitaal aan diens en hy is heel bekwaam. Na ek opgeneem is, laat hy onmiddelik weer 'n EKG vir my hart doen en neem borskasplate. Op die plate wys daar toe 2 duidelike gaatjies waardeur bloedklonte gegaan het. Dis toe al die tyd wat met my fout was. Ek is dadelik op bloedverdunningspille, Warfarin, gesit om my bloed dunner te maak. Op daardie stadium was ek al so swak dat ek skaars die entjie van die bed tot by die badkamer kan loop sonder om heeltemal uitasem en uitgeput te wees. Ek kon ook nie maklik terug in die bed kom nie. Die dokter het streng instruksies gegee dat ek glad nie uit die bed mag beweeg nie, maar dat die verpleegpersoneel vir my bedpanne bring indien nodig. Nie dat een van hulle die moeite gedoen het om na hom te luister of die instruksies op die kaart te lees nie. Ek moes maar elke keer aansukkel badkamer toe met hierdie hengske pyn wat my amper laat flou raak. Toe ek dit aan hom noem, en hy die verpleegsusters daaroor aanvat, het hulle dit doodeenvoudig ontken. Ek is seker ek het langer in die hospitaal moes bly oor sy instruksies nie nagekom is nie. Intussen het die pille begin werk en die bloed dunner gemaak, met die gevolg dat ek permanent erge borspyne gehad het. Dit voel of 'n trop wilde perde op jou borskas rondtrippel. Seker soos die dunner bloed deur die are begin beweeg. Ek het regtig gedink ek gaan dood en al wat die verpleegsters doen is lag. Aan elke pasient word 'n healthcare helper toegewys om jou te help bad ens. Myne het onmiddelik vir my gese dat sy rugprobleme het en my dus geensins kon help nie. So het ek 6 dae in die hospitaal gele sonder dat ek eenkeer gewas is, my hare geborsel is of my gesig afgevee is. Sy het haar nie aan my gesteur nie en was bloot geirriteerd as ek die klokkie lui. Om by die susters te kla, het ook niks gehelp nie, want hulle glo jou eenvoudig nie en sy het gese dat dit ek was wat nie wou was of skoon nagklere aantrek nie, aangesien dit my so uitput. Die pyne het darem begin minder raak en nog x-straalplate het gewys dat daat nie nog klonte deur my longe is nie. Die internis het my na 6 dae ontslaan, omdat my man 'n dokter is en self my bloed kon laat trek en ontleed totdat dit op die gewenste vlakke was, Ek was so bly toe hulle my in die rolstoel daar uitgestoot het, want ek het tot toe nog nie gedink dat ek sou bly leef nie. Ek het toe al reeds met moeite vir my man en kinders koebaai-briewe geskryf. Ek wens niemand die behandeling toe wat ek in daardie hospitaal gehad het nie. 'n Siek mens verdien darem beter as dit. Jou hele Menswaardigheid word aangetas, so erg dat jy self nie meer wil lewe nie. Ek moes ook soms tot 11 uur die nag wag voor ek my medikasie gekry het en party kere het hul doodeenvoudig nooit eers daarmee opgedaag nie. Ek het dus ook nie my medikasie op die voorgeskrewe wyse ontvang nie.
Tuis het dit soveel beter met my begin gaan. Die eerste oggend het my huishoudster 'n lekker bak warm water en seep gebring en my behoorlik gewas en skoon nagklere aangetrek, Net dit het my al weer lusser vir die lewe gehad. Die borskaspyne was nog erg, maar darem baie minder erg as in die begin. Ek is gepamperlang, my medisyne gegee, gewas, toilet toe gehelp en terug en dit het my nog steeds 'n week of langer gevat voor ek weer soos 'n mens begin voel het en my menswaardigheid herstel het. Dis nou 6 weke later en ek voel 'n nuwe mens. Ek wil se ek voel beter as wat ek in jare gevoel het. My handoog-koordinasie is baie, baie beter en ek loop ook beter. Ek voel nie soos die afgelope jaar of ek die hele tyd wil omval nie. Ek stap nou al redelike ente sonder om uitasem te raak, eet beter en voel sommer ook baie beter. Ek is nog vir 3 weke afgeboek waarin ek glad nie mag bestuur nie. Ek kry floutes van die bloed wat te dun raak en dit moet nog heeltemal stabiliseer. Die vlakke wissel nog baie. Dis net om die presiese persentasie medikasie te kry om dit stabiel te hou. Ek het 'n hele paar keer al van die floutes neergeslaan. Gelukkig is die ergste besering nog net toe ek my hele linkerduim en hand lelik verstuit het soos dit teen die rand van die bad gekap het. Hier en daar het ek 'n bloukol, maar dis nie erg nie. Hulle kon glad nie agterkom van waar die bloedklonte gekom het nie, en my man is van mening dat die vorige internis my oorgedoseer het met pille en dat dit die klonte veroorsaak het. Meer as die helfte van my pille is verander en ek drink minder as 'n kwart van die hoeveelheid wat ek voorheen gebruik het. Ek is ook weer meer helder van verstand en voel nie die hele tyd soos 'n zombie nie. En daarvoor is ek besonder dankbaar
Verder gaan die lewe aan. Renate skryf eksamen en oefen hokkie vir 'n groot toernooi wat die skool oor 2 weke aanbied. Hulle het ook Karate Kuskampioenskappe in Swakopmund hierdie naweek waaraan sy ook gaan deelneem. Hierdie slag sal dit nie so maklik wees om te wen nie want hulle het die bruin en swart belt divisies saamgegooi. Sy moet dus met haar bruin belt teen swart belte deelneem. Maar ek vertrou dit sal goed gaan. Dis in elk geval goeie kompetisie vir haar en doen sy baie ervaring op.
Ek en my vriendin het vanoggend lekker Scrabble gespeel. Dit hou mens se brein aktief en aan die gang. Ons speel in Engels wat nie een van ons se moedertale is nie. Sy is Duits en ek Duits en Afrikaans. Dit maak dit nog meer uitdagend en ek leer elke slag 'n paar nuwe Engelse woorde. My kinders speel dit ook graag, maar in Afrikaans.
Later vanmiddag gaan ek vir my een vriendin foto's van juwele neem wat sy in haar winkel gaan verkoop en op haar webblad wil plaas. Ek dink ek sal my makrolens moet gebruik en die lig sal net reg moet wees. Te helder lig laat die juwele te blink op die foto's uitkom en dan lyk dit nie mooi nie. Mens moet met sagte skakerings probeer werk. Ek hoop ek kry dit reg want dis nogal moeilik.
Ek dink ek het genoeg geskryf vir die dag en gaan nou eers vir julle totsiens se. Ek sal probeer om van nou af weer elke dag 'n ietsie te skryf.
Mooi loop

Subscribe to:
Posts (Atom)