Sunday, 26 October 2014



Liewe Vriende

Vandag  is ek kort en kragtig. 

Ons het  vanoggend kerk toe gegaan en daarna voor die TV neergeplons  en absoluut niksgedoen behalwe tv kyk nie.  Vanaand het ons gaan Kentucky koop en nou gaan ons weer tv kyk.  Ons moet die hardeskyf van die PVR skoonkry sodat daar weer plek is om iets op te neem wat ons wil kyk.Maar so 'n getv-kykery maak mens skoon moeg.  Ek het al 'n keer of twee ingedommel.

Ek plaas hier vir julle 'n paar foto's van 'n vriend van my wat vanoggend Southern Whales op die lagoon gesien het.  Hy het een van daardie bote wat hulle toeriste mee uitneem.

Julle moet 'n lekker aand he verder en lekker slaap

Groetnis
Theresa




Saturday, 25 October 2014



Liewe Vriende
Hier is groot fout op hierdie blog webblad.  Van my blogs is weg , al is ek seker ek het dit gepost en dit was op.  Ek het self daarna gekyk en toe was dit daar.

Vanoggend het ek so op die Saterdagoggend bietjie laat gelê.  Theo en Elfi is weer winkel toe en toe hulle terugkom het hulle bestanddele vir 'n lekker groot ontbyt gekoop.  Hulle het daarmee vir ons die lekkerste brunch gemaak.  Daarna was ons maar lui.  Ek het e-posse oopgemaak en geantwoord wat ek moes terwyl die ander tv gekyk het.  Programme wat hul opgeneem het.  Die PVR is amper vol en ons sal die goed moet begin kyk om hom leër te maak.  Net Renate het heeldag Afr en Wiskoefeninge gedoen.  Sy moet nou nog 'n Engelse Essay van 1000 woorde oor sonette skryf.

My seun het vanoggend aan 'n novice toernooi by sy Karateklub deelgeneem en 'n silwer medalje gekry.  Ons is so trots op hom want hy het hierdie soort karate, Kyokushin, eers hierdie jaar begin doen.  Daar is feitlik geen reëls  nie en hulle slaan mekaar pers en blou.  Dit hang net af wie die eerste hou inkry.

Ek is bly die WP het die Curriebeker gewen alhoewel ek hier teen die einde begin twyfel het of hulle dit gaan regkry.  Die Lions het sterk teruggeveg.  Gelukkig kon hulle darem die wa deur die drif trek.

Ek hoop julle het 'n lekker aand verder

Groete
Theresa

Thursday, 23 October 2014



Liewe Vriende
Vandag was een van daardie dae wat ek nie wou opstaan of enige iets  doen nie, dus het ek nie. En ek voel glad nie skuldig daaroor nie.  My dokter het gesê dis reg om niks te doen as jy nie daarna voel niel.  Ek het darem op Facebook rondgespeel en my e-posse gelees en geantwoord.

Vanmiddag het ek Vallei van Sluiers gekyk, ons het dit gePVR, en daarna heerlik boek gelees tot nou.
Elfi is besig om kos te maak en Renate oefen haar wiskunde.  Sy skryf more 'n toets.  Sy het darem volpunte vir vandag se Science toets gekry.  Sy was baie bly, want daar is 'n paar goed wat sy onseker oor was.
Gelukkig was my bediende vandag hier en als is skoon en in orde.  Julle het nie 'n idee hoe 4 mense en so 'n klomp diere 'n huis kan omkrap nie.
Ek het toe gisteraand vroeg vaak geraak en gaan inkruip.  Die vorige laat aand het my defnitief gevang en teen 9 uur was ek lankal in droomland.
Julle moet 'n lekker aand hê verder
Groetnis
Theresa
Ek sit hier 'n paar foto's op van nou die aand se prysuitdeling.  Hulle is nie baie goed nie, want ons het bietjie ver van die verhoog gesit.

 Prof Aldo Behrens UNAM











 PWC prys











Wednesday, 22 October 2014

Liewe Vriende

Ek is vandag weer vroeg met my blog want vanaand gaan ek vroeg moeg wees na gisteraand se
Akademiese Prysuitdeling by die skool.  Ons het tot na 11 daar gewees en toe  moet ons nog iets eet en Renate se opgewondenheid aanskou. Ons het eers teen half 1 in die bed gekom en toe kon ek nie slaap nie.

Dit het baie goed afgeloop en sy het elke prys in haar studieveld in haar graad wat sy kon kry, gekry.



Trophy and certifcate from PWC for the Best Achiever in Grade 10 for Mathematics and Accounting - 93.5%
Trophy awarded for best Average in Grade 10 learner in the Science field of  study
Merit Award for
Additional Mathematics 99.0%
Afrikaans First Language 79%
Biology 87.%
Physical science 98%
Accounting 88%
Special  Award for Academics: Best average in English, Mathematics and Accounting
Half Colours for Adademics
Tropy for Grade 10 learner of the year

Nodeloos om te sê ons is baie trots op haar.  Maar sy is 'n hardwerkende kind wat haar werk ernstig opneem en dinge gedoen kry.  Sy is juis nou by 'n Junior Stadsraad vergadering.  Die eerste een na hul inhuldiging verlede week.  Dis hulle eerste vergaderings as amptelike raadslede.

Gistermiddag het sy en 'n groepie ander kinders by die huis van Bejaardes gaan sing.  Dy het huilend teruggekom oor die ou mensies so oud en hulpeloos en alleen is.  Sy het blykbaar gehuil van die begin tot sy weer hier by die huis aangekom het.  Dit het my 'n hele rukkie geneem om haar te kalmeer.
Snaaks dat die kind so ontsteld geword het oor die ou mense se lot.  Sy kry hulle vreeslik jammer.

Ek het vanoggend gelees en toe by my vriendin, Sanita, in haar winkeltjie, Kokketoor gaan kuier.  Ek was sommer lus om 'n bietjie uit te kom, toe ry ek soontoee.  Toe koop ek sommer broodjies vir middagete en koeksisters vir die ruspe in die huis (Renate).  Vanmiddag gaan ek maar 
n bietjie op die rekenaar rondspeel en weer 'n bietjie lees.  My boek is op 'n interessante deel en ek is nuuskierig oor wat verder gaan gebeur.  Dis 'n boek van Patricia Cronwell wat op my Kindle is.  Wat so lekker is van die Kindle is dat jy sy lig kan stel dat dit net reg vir jou oê is. Dit help veral vir my omdat ek oogprobleme het.  Ek geniet myne gate uit. 

As ek iewers moet heen gaan waar ek weet ek moet wag,vat ek hom saam in my handsak en lees dan daar alte heerlik voor hulle my roep.  Dit is regtig 'n lekker en handige foefie om te hê.

Ek gaan nou eers totsiens sê tot more

Lekker dag vir julle verder
Groetnis 
Theresa