Thursday 23 October 2014



Liewe Vriende
Vandag was een van daardie dae wat ek nie wou opstaan of enige iets  doen nie, dus het ek nie. En ek voel glad nie skuldig daaroor nie.  My dokter het gesê dis reg om niks te doen as jy nie daarna voel niel.  Ek het darem op Facebook rondgespeel en my e-posse gelees en geantwoord.

Vanmiddag het ek Vallei van Sluiers gekyk, ons het dit gePVR, en daarna heerlik boek gelees tot nou.
Elfi is besig om kos te maak en Renate oefen haar wiskunde.  Sy skryf more 'n toets.  Sy het darem volpunte vir vandag se Science toets gekry.  Sy was baie bly, want daar is 'n paar goed wat sy onseker oor was.
Gelukkig was my bediende vandag hier en als is skoon en in orde.  Julle het nie 'n idee hoe 4 mense en so 'n klomp diere 'n huis kan omkrap nie.
Ek het toe gisteraand vroeg vaak geraak en gaan inkruip.  Die vorige laat aand het my defnitief gevang en teen 9 uur was ek lankal in droomland.
Julle moet 'n lekker aand hê verder
Groetnis
Theresa
Ek sit hier 'n paar foto's op van nou die aand se prysuitdeling.  Hulle is nie baie goed nie, want ons het bietjie ver van die verhoog gesit.

 Prof Aldo Behrens UNAM











 PWC prys











No comments:

Post a Comment