Monday 6 October 2014

Hallo

Vandag het die wind weer met so 'n klein bietjie sand gewaai, maar dit was nie te erg nie.  Buite was dit koelerig en nie so warm soos gewoonlik as dit oosweer is nie.

Renate het vanmiddag 'n hokkiewedstryd gehad.  Ek het gaan kyk.  Hulle het teen die Presidentspan van Suid-Afrika gespeel en net met 3 doele verloor - die telling was 3-0.  En daardie kinders is goed.  Hulle kom uit al die provinsies van Suid-Afrika.

Nou's ons terug by die huis en ek gaan nou-nou saam met Elfi ons sepies kyk en Renate gaan leer.
Sy het mos vir haarself die rooster opgestel waarvolgens sy moet leer voor die eksamen.

Ek sit vir julle foto's by van Saterdag se National Development Championships for Karate teen Suid-Afrika.

Lekker aand vir julle verder

Groetnis
Theresa
















No comments:

Post a Comment