Tuesday 14 October 2014

Goeienaand Almal

Vandag was 'n erge ooswinddag.  Buite het dit sommer so bruin gelyk terwyl die wind die sand rondwaai.  Dit is nou al skemer, maar daar hang nog so 'n bruin lug.

My bediende kom nie op 'n Dinsdag nie, en het ek vanoggend spandeer om 'n paar goedjies wat gedoen moet word, te doen.  Daarna het ek gelees en later saam met Elfi na die Oscar sagte gekyk. Nel was weer op sy stukke maar ek moet sê die maatskaplike werker het dit verdien.  Dit het vir my soms geklink asof sy aspris nie sy vrae antwoord nie.  Nou kyk  ons maar hoe dit more gaan.

Renate is karate toe en sal so 8 uur klaarmaak.  Daarna sal ons seker eet. Dit is hoender en groente vanaand.

My Photoshop Elements 2.0 het sommer opgehou werk.  Hy't hom sommer self van my rekenaar afgevee ook.  Ek het die oorspronklike program met die nommer en als en ek kry dit nie weer gelaai nie.  Dit gee 'n error message en iets van 'n dll file.  Ek weet glad nie wat om te doen nie, en sal my rekenaar maar moet invat as ek dit nie more regkry nie. En ek het so 'n klomp foto's wat geredigeer moet word.  Gister het dit nog gewerk, vandag niks.  Maar ek gaan nou nie verder kla nie.

Julle moet 'n lekker aand hê

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment