Saturday 4 October 2014

Liewe vriende

My en Renate se dag het al vroeg vanoggend begin sodat sy betyds by die karate kan wees.  Ons was darem betyds en sy kon nog doen wat sy moes.

Suid-Afrika het met omtrent 100 kinders gekom en die Namibiese span het vir my dubbeld soveel gelyk.  Die kompetisie was goed en sterk.  Renate het 'n silwer medalje in die kata gekry en 'n brons in die kumite.  Sy het met haar laaste kata bietjie opgemors, maar dis nou gedane sake.  Sy sê sy was moeg want sy was die enigste een wat haar kata 'n derde keer moes doen.  Maar ons is trots op haar.  Sy het goed genoeg gevaar.

4 uur is ek na 'n vriendin wat altyd my hare doen, se verjaarsdagpartytjie toe.  Sy't so baie eetgoed en mooi goedjies gehad, mens was amper te bang om daarvan te eet.  Ons het eers lekker om die swembad gekuier en wyn gedrink en later eers ingegaan in die huis.  Ons het heerlik gesels en gelag en ek is eers laat daar weg.

Die 2 kinders is altwee uit vanaand.  Elfi ook na 'n verjaarsdagpartytjie en Renate na die afterparty van die karate.  Ek kan nie onthou wat noem hulle dit nie, dis so 'n snaakse Japanese naam. Sy sal dus later vanaand nog gehaal moet word.  Elfi kon darem gelukkig self ry.

Nou gaan ek die opname van die rubytoets op Ellispark tussen SA en die All Blacks kyk en dan heerlik slaap.

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment