Tuesday 21 October 2014

Hallo Almal

En daar die die Oscar-sage op 'n einde en ek dink hy het heel goed daarvan afgekom.  5 jaar vir slagbare manslag waarvoor hy seker net 10 maande gaan sit, is nie te sleg nie.  Ek dink Regter Masipa was baie regverdig, want Oscar het al genoeg straf weg, hy het alles waarvoor hy gelewe het, verloor, boonop die vrou wat hy liefgehad het. Ek dink die regter het dit ook in aanmerking geneem.

Hier by ons is dit stil en rustig.  My bediende kom mos nie op 'n Dinsdag nie, dus net ek en Elfi hier.  Renate-hulle het by die Huis van Bejaardes gaan Kersliedere sing en sal seker oor so uur terug wees.
Seker om weer te leer vir Donderdag se toets.  Ek is nou nie meer seker wat dit is nie.

Half sewe vanaand is dit akademiese Prysuitdeling en dis gewoonlik 'n lang affêre.  Ons sal nie voor 11 uur klaar wees nie, want hulle het dit met die Kultuur prysuitdeling gekombineer.  Ons hou dus 2 prysuitdelings op 1 aand,  Ons moet nogal R20 rand 'n kaartjie betaal om te gaan.  Bid jou aan.  Dis die eerste keer wat ek van so iets hoor.  Maar nou ja, ons R20e is betaal en ons sal daar wees.

Ek gaan nou 'n bietjie tv kyk en bietjie later regmaak vir vanaand.  Renate moet ook eers by die singery gehaal word.

Mag julle dag verder goed verloop en mooi wees

Groetnis
Theresa

No comments:

Post a Comment